Ons
Wenkeblad
Hierdie
wenke
is ontvang van lesers
van ons gereelde geselsbrief
"Begin jou dag 'n slag met 'n lag".
Baie dankie aan Emily Kruger wat
behulpsaam was met die opstel hiervan!
Om in te skryf om
die geselsbrief gereeld te ontvang,
stuur net jou E-pos adres aan D@nie.co.za.
Aambeie | Aanbrandsels | Aartappels | Arthritis | Asma / Benoude Bors | Balpuntpen Ink | Bloeddruk | Blomkool | Borskanker | Braaibrood | Braaipan | Bysteek | Dakke | Deep Fat Fryer – Skoonmaak | Dieet | Elektrisiteit | Foto-vergroting | Galstene | Glansvrugte | Goggas | Gom | Grondboontjiebotter – gebruike | Hakskene | Handdoeke | Handskoene | Hare | Hoesgoed | Honde | Huweliksherdenkinglys | Idees vir Kombuistee | Jeuk | Kakkerlakke | Katte | Kerrie | Klavierlesse | Klere - gevlek | Kondensmelk | Koorsblare | Koper | Kosverwarmers | Kougom | Kreukels | Kunsblomme | Leer ("Ladder") | Linnegoed | Lugverfrissers | Maagsweer | Matte en materiaal meubels - kolle | Melk | Miere | Minigeza | Molle | Motbolle | Muf - in klere | Muskiete | Muurteëls | Naellak verwyder | Naels | Neus - bloei | Olie - op plaveisel | Oliebottels - skoonmaak | Pasteie | Plafonne | Plakkers (Stickers) | Potty training | Pynappel | Rakke - taai rakke of ander | Rekenaarwenk | Reuke | Roesvlekke | Room | Sement vir gebreekte glase | Sinkplate | Sinus | Skoene - wat druk | Skottelgoedseep | Skottelgoedwas | Skroewe - geroes | Slakke | Sooibrand | Sooibrand – tamatie-en-uiemoes | Sop | Sousbottel | Soutpotjie | Speed Queen | Spek | Spuitmiddel - veilig vir die Tuin | Stank - in yskas | Stofsuier | Suurmelk | Tamatie- en uiemoes | Tamatiesop | Tamatiesous | Teëls | Teer – op motors | Teerkolle | Teevlekke | Tennisskoene | Termiete | Toilet - gevlek | Tupperware | Uie - Gesmoorde | Urinereuke - honde en katte | Varings | Vensters - skoonmaak | Verf | Vernis | Vetkolle | Vinke - om vinke weg te hou van palms af | Vis | Vismotte en motbolle | Vleis - gebrand | Vlekke op matte | Vlekvryestaal | Vlermuise | Vlieë | Vlooie | Voorruit – vetterig | Vratjies | Vrugtekoek | Wag | Warmfles | Watte | Wintershande en voete | Wonde | Wyn - oorskiet | Yskasreuke
Die volgende wenke van Huibrecht ontvang nadat daar 'n navraag in ons hulpnavrae was. Ek staan nie in vir enige van die wenke nie [Danie]
Aambeie…
6 pakkies
rhubarberpoeier
6 pakkies salpeter
1 pakkie epsomsout
2 bottels water.
Kook alles saam tot 1 bottel oorbly. Drink 1 dessertlepel vol.
Aambeie…
As jy kwaai ly aan aambeie wat baie pyn en brand dan moet jy 1 lepel roumelk of roubies neem en 80 druppels harlemensies daarop drup en dit drink en so bietjie gaan lê. As jy daarby hardlywig is dan moet jy saans as jy gaan slaap 1 dessertlepel bitter cascara drink. Indien nodig drink die volgende dag 7 druppels daarvan voor elke ete.
Aambeie…
Eet baie rosyntjies - dit is goed vir iemand wat aan aambeie ly.
Aambeie…
Vars botter en di geel van di yer deurmakaar gebraai in 'n pan en deur 'n doek gedruk, om mé te smeer.
Aambeie…
Kattekruie op brandewyn getrek en saans 'n sopi drink is hylsaam goed fer inwendige ambei, feral as dit di maag kwel, haarlemmeroli is ook goed fer di lewer.
Aambeie…
Maak 'n salf van 'n koekie blousel en 'n botteltjie vaseline en smeer aan.
Aambeie…
Maal 'n stukkie harpuis… die soort wat hulle gebruik om viool mee te speel en alyn saam. Sodra dit fyn is en goed gemeng is dan sit jy so 'n mespunt vol op jou tong en sluk weg met water. Doen dit 2 keer per week en die aambeie sal verdwyn.
Aambeie…
Meng 1
blikkie stroop
1 teelepel blomswawel en
1 pakkie kremetart baie goed saam.
Meng baie goed en eet 3 maal per dag 1 eetlepelvol.
Aambeie…
Meng:
2 eetlepels rabarber
2 eetlepels suiker
2 eetlepel engelse sout
1 botteltjie groenamara en voeg by
1 bottel brandewyn.
Drink 3 maal per dag 1 eetlepelvol.
Aambeie…
Meng
deurmekaar:
1 blikkie versoete kondensemelk
1 botteltjie harlemensies en
1 botteltjie balsemsulfuris.
Maak seker dat dit baie goed gemeng is. Gebruik 1 teelepelvol op jou nugtermaag en dan weer 1 teelepelvol saans voor bedtyd.
Aambeie…
Nadat jy gebad of gestort het, droog heel eerste jou hande goed af sodat dit so droog moontlik is. Droog daarna die res van jou lyf af. Die aambeie verdwyn vinnig en nadat dit verdwyn het moet jy hierdie ritueel aanhou doen - veral as jy nogal baie sukkel met aambeie.
Probeer om dit 'n gewoonte te maak om jouself so af te droog. As hierdie ritueel gelowig gevolg word sal jy nooit weer probleme met aambeie hê nie.
Aambeie…
Neem:
1 bottel klapperolie, nie te groot nie
2 Vitalis poeiers en
2 Solaris poeiers
Meng baie goed, maak die klapperolie effens warm sodat dit makliker meng. Drink
elke aand 1 teelepelvol.
Aambeie…
Neem:
1 bottel suiwer gliserien en
1 bottel olyfolie
Meng baie goed en drink elke aand 1 dessertlepelvol.
Aambeie…
Neem groenamara blare en sit in glas of erdekastrol en gooi 1 bottel kookwater daaroor. Laat goed trek tot donkergroen en suig dan deur en gooi die water in 'n bottel en voeg 1 klein botteltjie lewensessens by en skud die bottel goed om te meng. Drink elke more op jou nugtermaag 'n goeie mondvol. Dit is 'n lakseermiddel maar as dit te kwaai werk moet jy net die dosis verklein.
Aambeie…
Neem so 1 of 2 maal per dag 'n mespunt salpeter in 1 eetlepel melk.
Aambeie…
Sit 10 druppels swawelbalsem in melk en drink 3 keer per dag - dit werk gou en dan is die aambeie iets van die verlede.
Aambeie…
Sit kattekruid in brandewyn en laat goed trek. Drink elke aand 'n kelkievol.
Aambeie…
Soggens as jy was maak seker dat jy eers jou hande en dan jou gesig afdroog.
Aambeie…
Trek 1 eetlepel koljander in kookwater en drink soos tee 3 maal per dag na etes 'n kelkievol.
Aambeie…
Trek rabarberbas in kookwater en dan kan jy 2 of 3 maal per dag daarvan drink.
Aambeie…
Trek tiemie soos tee en drink soggens en saans 'n wynkelkievol. Maak seker dat jy baie groente eet en gaan stap elke dag vir so 'n half-uur.
Aambeie…
Vat 4 pakkies
engelse sout
1 pakkie kremetart
1 botteltjie rooi poeier en
2 eetlepels suiker
Meng goed deurmekaar. Sit 'n houer met skroefdeksel and maak dig toe. Sit elke
oggend op jou nugtermaag 'n mespuntvol op jou tong en sluk weg met water.
Aambeie…
Vir aambeie moet mens diep in die brandewynbottel, waarby 'n knertsie kattekruid gevoeg is, kyk - of jy kan 'n bietjie aansmeer as jy wil.
Aambeie…
Voeg 5 druppels skoonteer op 1 eetlepel melk en drink dit elke aand met slapenstyd.
Jy sal dit dalk nie glo nie, maar my broer het vleis aambeie gehad. Hy kon soms nie sit nie. Ouma het 'n windbuks patroontjie in 'n knoffelhuisie gedruk en hy het dit afgesluk met water. Na 2 weke se behandeling was en is die aambeie weg. Ek weet nie of dit vir bloeiende aambeie sal help nie.
Aambeie…
Kry kamfer-blokkie by die apteek (baie goedkoop - so 50c vir 4 blokkies). Krummel dit in bietjie Vaseline (hoe meer jy ingooi , hoe sterker is dit natuurlik). Smeer aan en na paar dae is alles weg - kamfer krimp dit. Hy meng bietjie in 'n film-negatief botteltjie
Aambeie…
Wat werk is:
Jy sluk elke dag 'n heel huisie knoffel - maak hom skoon en sluk hom net so. Dit
is 'n ou boereraat maar dit werk!
Dan kry jy by die apteek "SPA" pilletjies (sulke groenetjies) wat die reuk (stink) wegvat. Dit vat in elk geval enige reuk weg - as mens oordadig sweet help dit sommer vir dit ook. Party mense sukkel met winde - dit help sommer vir dit ook - maak it reukloos (sommer so by the way)
Aambeie…
My ma het die raat jare terug vir een van my kollegas gegee en hy het getuig - DIT WERK!
My ma het erge uitwendig en inwendige aambeie gehad en die dokter wou opereer, toe kry sy die raad by 'n Ou Tannie en weg is die aambeie! Neem 'n stukkie van 'n vars knoffel-huisie, doop dit in 'n bietjie vaseline en druk dit in die anus in. Knyp dit vir so 'n paar minute vas en verwyder.
Dit klink erg, maar dit WERK!
Aambeie…
My ma het ook las van aambeie gehad, en die volgende produk met groot welslae gebruik. Jy koop dit by die apteek, dit is van die Natura maak (homeopatiese druppels), die goed se naam is Haemarrho no 2, jy drup 10 druppels 2 - 3 keer per dag op jou tong, en kry vinnige verligitng.
Aambeie…
Gehoor as jy gewone zambuk salf aansit,verdwyn binne dae en nooit weer terug zambuk salf kos R4.00 'n groot blikkie
Aambeie…
My man het n kroniese probleem met ambeie. Operasies help nie en hy het uitwendig en inwendig aambeie. Probeer om nie hardlywig te raak nie - drink elke oggend (voor koffie) n glas skoon water.
Meng 1 X blikkie kondensmelk met 1 botteltjie Turlington en drink 1 eetlepel op nugter maag - dis vir inwendig. Vat watte met skoon turlington en hou dit vir 1 minuut op uitwendige aambei - dit brand, maar jy sien letterlik hoe trek dit terug. Ek praat uit baie ondervinding
Aambeie…
Ek het dieselfde probleem gehad, en het net "Preperation H" gebruik. Dit werk baie goed. Die ander moderne goed op die mark werk nie, glo my, want ek het dit als al probeer. Ek het ambeie gekry as gevolg van 'n spastiese dikderm. Nou het ek ook 'n natuurlike tablet gekry (my dogtertjie noem dit sandpilletjies), Aloe Vera se Fibre Bitters - wat ek elke oggend twee drink. Dit maak net my derm bietjie sagter (nee dis nie 'n lakseer middel nie), en my maag gaan so een keer 'n dag. Nou sukkel ek gladnie meer met ambeie nie.
Aambeie…
Hierdie is ´n raat wat ek ´n paar jare oor die Radio gehoor het. Dit was oor tuinbou ABC aangebied deur Johann Wentzel in Namibia. Die raat was om elke oggend ´n stukkie (dis nou 'n plant) "Skoon Moeder se tong" af te breuk en te kou dis nie gevaarlik en is effektief.
Aambeie…
Koop 2
potjies Zambuk salf. Merk hulle net, asseblief!
Die een potjie gebruik jy om die salf direk aan die aambeie te smeer.
Die ander een eet jy, so 'n mespuntjie soggens en saans.
Aambeie…
Gooi half pakkie naeltjies in bottle water wat net begin kook laat staan om te trek drink kelkie wanneer nodig.
Aambeie…
Smeer 'n kleinbietjie wit Colgate tandepasta aan, dit brand in die begin 'n klein bietjie, en toe het sy bietjie vaseline bygesit. Dit is na 3 dae heel weg. dit moet die plain wit tandepasta wees, nie met die blou en rooi strepe by nie
Aambeie…
1 Blokkie
Blousel (wat die ou mense vir wasgoed gebruik het)
1 2lt. bottle
Los die blousel in twee liters water op.
Drink eerste ding in oggend 'n halwe glasie
Drink laaste ding in die aand 'n halwe glasie
Drink tot bottle leeg is. Aambeie verdwyn vir 'n jaar na agtien maande.
Dit help ook vir 'n maagsweer.
Jy kan kamferblokkies gemeng met Vaseline en liquid paraffien gebruik vir die aambeie. Dit werk wonderlik.
Sprinkel sout en kaneel oor aanbrandsels op die stoof om die reuk te verwyder. Die kombuis sal gevul word met 'n aangename geur.Kapokaartappels is lig en sag as ‘n knippie bakpoeier bygevoeg word.
‘n Gerasperde ui gee ‘n besonderse smaak aan kapokaartappels.
‘n Bietjie melkpoeier maak die aartappels ook mooi donsig.
Voeg ‘n bietjie gerasperde suurlemoenskil by aartappelslaai vir ‘n pikante smaak. Giet slaaisous oor terwyl die aartappels nog lou is en dit trek in die aartappels in.
~ Terug na begin
3 eetlepels celery zaden per 1 liter water. Zachtjes koken (simmer) gedurende 25 minuten. Druk zaadjes heel goed door een stukje stof (material zoals cheesecloth). Voeg daar aan toe: 1 eetlepel epsom salts als het gekoeld is.
Gebruik 1 eetlepel 3 x per dag gedurende 3 maanden. Daarna 1 eetlepel iedere dag.
En nog een remedie:
1 teaspoon of apple cider vinegar plus 1 theelepel honing in een glas HOT water iedere morgen. Dit laatste recept stond op een Naturopaat's pagina in een tijdschrift. Het schijnt zelfs te helpen voor gout.
Ek weet nie eintlik of dit 'n "boereraat" is nie, maar ek kan uit ondervinding praat en dit mag dalk baie ander mense help in 'n noodsituasie. As iemand 'n toe of benoude bors het (bv iemand wat aan asma ly) en jy het nie een of ander asmapompie byderhand nie, verrig 'n koppie baie sterk swart koffie feitlik onmiddellik wondere. As ek bedoel sterk, bedoel ek so 3 opgehoopte teelepels koffiepoeier. Jy kan wel suiker ingooi as jy wil. Die kaffein in die koffie maak jou lugweë feitlik onmiddellik oop.
~ Terug na begin
Om ink van 'n balpuntpen uit klere te haal: Drup Lennons Witdulsies op die merk en was soos gewoonlik
Trek 'n takkie wynruit in kookwater vir 5 minute en drink die tee vir hoë bloeddruk. Moet egter nie gebruik as jy dalk allergies is vir die plant nie, en ook nie te gereeld nie. Dit bring die bloeddruk baie vinng af.
Indien jy wel die raat nodig het, probeer dan liewers om die tee te maak met roosmaryn blare. Dit stabiliseer die bloeddruk, (hoog of laag).
Gooi 'n bietjie suurlemoensap by die water waarin blomkool gekook word om die kool mooi wat te hou.
~ Terug na begin
'n Vriendin van my Skoonma het borskanker gehad en ook maar die normale ding gedoen en vir behandeling gegaan en dit het net weer teruggekom. Sy het toe ernstig begin bid en vir die Here gevra om haar gesond te maak. Een nag het sy 'n helder droom ontvang vir 'n drankie wat sy moet maak en drink bestaande uit een suurlemoen wat jy met pit en al in 'n voedselverwerker gooi saam met een eetlepel olyfolie, drink die helfte daarvan saam met louwarm water en die res later in die dag. Die tannie se kanker was binne 14 dae se gebruik uit haar gestel uit en is sy gesond. Dit blyk dat die alkaliese suur in die suurlemoen giftige selle uit jou sisteem verwyder en die olyfolie ook 'n genesing bied. Ek beaam dat ek nie weet of dit vir almal werk nie, maar kan 'n mens te minste net probeer. Jy sal geen nuwe-effekte hê nie (dalk net 'n skoner sisteem). Weet nie hoekom ek dit plaas nie, dalk was dit 'n rede vir iemand wat dalk hulp nou nodig het. (Heino)
Braaibrood op die rooster is geneig om op te krul en die vulsel val dan uit. Bind net oorkruis vas met 'n stukkie gare en die brood sal sy vulsel hou. Die gare sal nie brand nie.
Sprinkel ‘n bietjie sout in die pan om gespat te voorkom. Plaas ‘n vergiettes onderstebo oor die pan sodat stoom kan ontsnap maar vet nie uitspat.
Vir bysteek maak 'n koeksodapasta en plaas dit op dit steekplek. Dit trek die gif uit.
~ Terug na begin
Verf 'n geriffelde dak met 'n besem te ... dit werk baie vinnig en is baie goedkoop ... kan sommer besem na die tyd weggooi ... en dit help dat jou rug nie moeg word nie!!
Ek het die naweek my Ek het die naweek my "deep fat fryer" skoongemaak. Jy weet die olie kan nogal taai raak in die ding. Uit radeloosheid het ek 'n spuitkannetjie Bio-Tex (vir wasgoed) nader getrek en begin gebruik. Veral op die metaal filters wat jy moet skrop en skuur en nie die olie binne uitkry nie. Dit werk fantasties. Sommer gou was die hele spul skoon en weer reg vir die volgende keer.
Eet 1 cream cracker (of soorgelyk) elke uur vandat jy opstaan totdat jy gaan slaap. Eet verder soos gewoonlik (as jy kan! jy gaan nooit honger wees nie!). oefen as jy wil. verloor 2+ kg per week lag lag (die moeilikste deel van die goedkoop dieet is om te onthou om jou cream cracker/provita te eet!).
~ Terug na begin
Maak elke Saterdag jou stofsuier se sak skoon - dit bespaar elektrisiteit.
Canon of enige soorgelyke color copies op papier. Grootte tot op A3.
~ Terug na begin
Doop die skêr eers in meel en glansvrugte sal baie makliker in stukke gesny kan word.
~ Terug na begin
Vir enige ongewenste goggas in die koskaste, beddens of waar ookal, spuit met FENDONA, te kry by die gifafdeling in supermarkte. Hierdie spuitstof is besonder mens- en dier-vriendelik - die kaste kan gespuit word en die kastrolle kan dadelik teruggepak word. 'n Matras kan vir goggas gespuit word, (indien effe nat, net laat droog word) dadelik oorgetrek word en die kinders kan dadelik daarop slaap.
Ek het raad om ou taai gom van teëls af te haal. Ek het alles probeer, parrafien, thinners, terpentyn, spiritis, "acetone", niks wou werk nie. Behalwe goeie ou Domestos. Die jel soort en 'n pottedraad. Met 'n bietjies geskuur kom die ou gom eindelik af.
~ Terug na begin
Gebars
Gebarste ledemate: Hier volg uitstekende raad vir wintershande, voete, gebarste hakskene, en selfs vir ekseem:
Meng die volgende goed saam en smeer mildelik aan die aangetaste dele:
2 x 500 gram potjies Aqeuousroom
50 ml Gliserien
1 klein potjie wit Vaseline (reukloos)
100 g Johnson's babapoeier
~ Terug na begin
Handdoeke wat hard uit die was kom - veral in brak water. Was jou handdoeke in warm water met seep en gooi ongeveer 'n handvol sout by (Los die sout op in die water). Moet nie versagter gebruik nie. Spoel die seep goed uit. Spoel weer maar gooi so 2-3 eetlepels ammoniak of wit asyn in die laaste uitspoelwater.
Om handskoene skoon te hou: Voor nuwe handskoene gebruik word, smeer die binneste goed met kryt. Dit sal help dat die handskoene nie vuil word van die sweet nie.
- My skoonpa kry gereeld chemoterapie en by die groep mense het my skoonma goeie raad gekry vir hare wat uitval, sommige van die kankerlyers het alreeds baie baat daarby gevind. Meng 'n botteltjie Bergamotessens van Lennons met jou bottel sjampoo, skud dit goed en was jou hare elke dag daarmee, dié middel laat glo hare groei en sterker word en baie kankerlyers gebruik nie meer hulle pruike nie. Dit neem seker tyd maar vir baie mense het dit vinnig gehelp. Ek hoop dit sal andere ook kan help.
- Die wenk kom van my haarkapster af wie se een kliënt kanker gehad het en al haar hare tydens bestraling verloor het. 'n Rukkie later kom die dame met 'n hele bos hare terug om gesny te word, en natuurlik moes die haarkapster uitvind hoe sy dit gedoen het.
Meng 1 x 100 ml Bayrum (2 x glasbuisies = R7.50) met 1 x Placenta (+- R3.50 elk) in 'n spuitbottel.
Spuit aan na elke was en los dit aan.- Sommige van kankerlyers het alreeds baie baat by hierdie raat gevind. Meng 'n botteltjie Bergamotessens van Lennons met jou bottel sjampoo, skud dit goed en was jou hare elke dag daarmee, dié middel laat glo hare groei en sterker word en baie kankerlyers gebruik nie meer hulle pruike nie. Dit neem seker tyd maar vir baie mense het dit vinnig gehelp. Ek hoop dit sal andere ook kan help.
~ Terug na begin
Wanneer jy weer hoesstroop benodig, gaan vra by die apteek vir DPH (diphenhidramine). Dit is 'n generiese komponent van duur hoesstroop en werk uitstekend, maar is spotgoedkoop.
As daar honde is wat gedurende die dag hulle besigheid kom doen op jou grasperk, strooi BABAPOEIER op die gras en hulle sal nooit weer dit doen nie. Werk ook as jy gaan kamp. Strooi die poeier om jou tent en hou dan so die honde en ander diere weg van jou tent. Hulle kan nie die reuk verdra nie. Nies en proes verskriklik.
~ Terug na begin
No Traditioneel
Modern
1 Papier of Plastiek
Horlosie
2 Katoen
Porselein
3 Leer
Kristal of glas
4 Vrugte of Blomme
Elektriese Toerusting
5 Hout
Silwerware
6 Yster
Yster
7 Koper of Wol
Skryfbehoeftes
8 Brons
Brons of Erdeware
9 Erdeware
Kant / Satyn
10 Alluminium
Leer
11 Staal
Juweliersware
12 Satyn
Pêrels
13 Kant
Materiale
14 Ivoor
Goue Juweliersware
15 Kristal
Armhorlosie
20 Porselein Platinum
25 Silwer
Silwer
30 Pêrels Diamante
35 Koraal Jade
40 Robyn
Robyn
45 Saffier Saffier
50 Goud
Goud
55 Smarag Smarag
60 Diamant Diamante
~ Terug na begin
'n Kombuistee word gehou vir 'n bruid wat nog geen "instrumente" in die kombuis het nie. 'n Pantry Party word gehou as dit kos/skoonmaakmiddels is wat gekoop word en 'n Pamper Party is as daar slegs vir die bruid lekkerruik goedjies/badgoed / destressing & relaxing goedjies gekoop word.
As al die gaste daar is, en terwyl ons vir die bruid wag, gaan ek 'n rolletjie toilet papier omstuur, en vir elkeen se om 'n stukkie papier af te skeur (net so lank as wat hulle wil). Hulle moet dan tel hoeveel blokkies papier hulle in hulle string afgeskeur het. Se nou maar jy het 5 blokkies in jou string, dan moet jy vir almal 5 dinge van jouself vertel (bv. hoe ken jy die bruid / bruidegom, is jy self getroud, wat is die geheim van 'n goeie huwelik ens.), dit is net om die ys so 'n bietjie te breek.
As die bruid arriveer, gooi almal haar met streamers...
Ek het vir haar 'n "SPOIL BASKET" wat ek vir haar sal gee as sy klaar al haar geskenkies oop gemaak het . Daarin sit ek dinge soos lekker ruik sepies, sjampoo, handeroom, skeer room, sjampanje, mooi handdoeke, fancy onderklere, sjokolade, lekker botteltjies konfyt, cappacino sakkies, ag sommer net goedjies om die tweetjies te bederf.
Ek het vir die gaste gevra om elkeen vir my so 2 of 3 gunsteling/maklike resepte te stuur wat ek dan in boekievorm gaan bind vir die bruid. Ek het so bietjie ander inligting ook wat ek sommer in die boekie gaan sit, bv Wedding Traditions (dit is 'n lys van "wat waar vandaan kom"). Ook die lys van huwelikherdenkings - watter geskenk die bruid kry op watter jaar. En sommer ook 'n paar wenke.
Op die dag v/d kombuistee gaan ek (terwyl ons vir die bruid wag) vir die gaste vra om elkeen 'n sin of 2 neer te skryf van wat hul resep/raad vir 'n suksesvolle huwelik is. Dit kan ernstig of komies wees. Die bruid moet dan later raai wie het watter raad gegee.
Ook ietsie om die gaste (wat gewoonlik nie almal mekaar ken nie) se litte bietjie los te maak, gaan ons 'n speletjie speel. Ek het al 'n paar geskenkies gekoop, bv kombuiswaslappies/ pakkies tamatiepaste/ pakkies slaaisous wat aangemaak word ens. Sommer goedkoop geskenkies. Ek bind 'n pakkie slaaisous by 'n waslappie vir 'n geskenkie. Hierdie geskenkies kan dan deur die gaste gewen word.
Voor die bruid arriveer of sommer so tussen-in die party. Ek gaan sommer bv. se die een wat eerste 'n selfoon/ lipstiffie/ sleutels/ Id boek/ motorlisensie/ naelvyl of wat ook al uit haar handsak kan haal, wen 'n prys. Of die een wat eerste kaalvoet staan of die een wat eerste kekkel!
Kry verligting van muskiet- en ander insekbyte deur seep aan te smeer. Dit help gou-gou.
~ Terug na begin
Hou ongewenste katte uit die tuin deur peper te sprinkel op die plekke waar jy hulle spore vind.
As kerrie te sterk gemaak is, voeg 'n bietjie suurlemoensap by.
Die CNA verkoop tydskrifte The Pianist wat 'n CD met bladmusiek insluit. Van beginners tot gevorderd.
~ Terug na begin
Hoe om die geel kleur uit klere wat lank gelê het te kry?
~ Terug na begin
Ek wil graag weet hoe lank mens gewone kondensmelk in die stoompot / drukkoker (weet dis gevaarlik) kook om die lekker karamelkondensmelk te kry wat jy op die stoof in 'n gewone kastrol vir 3 of 4 ure moet kook.
Ek het ondervinding van 'n kondensmelk blik wat ontplof het in die stoompot maar net omdat ek en die vrou vergeet het van die blik in die pot en die water opgeraak het Ons kook gewoonlik tussen 35 tot 40 minute aan die blik om karamel te maak.
Dis nie so erg om die kondensmelk te kook nie. Ek doen dit baie en dit is baie gouer. Plaas jou blikkie in die stoompot en vul dit net bo oor die blikkie met water. Plaas op die stoof en laat die 2de ringetjie uitkom en verlaag jou hitte dat hy daar bly. Hou dit daar vir 30 min. Sit die plaat af en laat die stoompot self afkoel.
1 tot 2 blikkies in die stoompot vat so 20 na 30 MIN na die pot opgegaan het.
Ek sit twee blikkies op 'n slag in en dan kook ek dit vir 40 minute vandat hy begin stoom. 20 minute van hy op druk kom. Onthou asb om al die papier af te haal van die blikkie, anders kan dit die uitlaatgaatjie van die pot verstop en dan kan die drukkoker ontplof Andersinds is dit maar net soos enige iets anders in 'n drukkoker kook.
Ek dink 1 uur behoort voldoende te wees, want die drukking in toe stoompot is hoog en water kook vinniger, maar wees maar versigtig, die blikkie kan dalk ontplof en dan het jy 'n taai gemors, weereens asb, as jy nie seker is nie, doen eerder die verstandige ding en gaan koop die blikkie karamel kondensmelk, die opsie dink ek is die veiligste.
~ Terug na begin
Een van die dames het eendag raad gevra vir die lastige ou koorsblare. Ek het haar toe vertel van die tannie wat my eendag in die winkel gekry het, en baie versigtig kom vra het wat ek daarvoor gebruik. Ek het regtig sleg gelyk, dit weet ek anders sou sy dit nie gedoen het nie. Dis nou regte egte boereraat. Niks anders as vanilla essens nie. Glo my, ek kry byna nooit meer koorsblare nie. Ek hou permanent 'n botteltjie in my kantoor. Sodra ek voel die plekkie begin jeuk dan smeer ek sommer aan. Ek gebruik 'n oorpluisie en wend so elke halfuur daarvan aan. Dit droog die koorsblaar op. Glo my, ek het al die duurste goed gebruik, maar hierdie is die beste.
~ Terug na begin
Gooi 'n pakkie wynsteensuur en Sunlight-skottelgoedseep in 'n emmer met warm water. Week die koper daarin vir 'n paar uur. Haal uit en vryf droog. Die oplossing dring in al die hoekies en gleufies in en laat die koper pragtig nuut lyk!
Koperware kan pragtige blink gemaak word as dit nou en dan met sout en asyn afgevryf word.
Hou kos vir 'n groot onthaal warm op asbesverwarmers.Verwyder die pote en plaas die verwarmers horisontaal op bakstene.
~ Terug na begin
'n Wenk vir die verwydering van kougom uit jou kinders se klere - en natuurlik ook soms jou klere, is om die taai kol te smeer met grondboonbotter. Die olierigheid en so werk te mooi saam om die taaiheid uit te kry. So 'n klein bietjie vryf en alles is uit.
Verwyder kreukels uit 'n plastiese tafeldoek, deur 'n dik, klam handdoek daaroor te gooi en met 'n warm yster te stryk.
Om kunsblomme skoon te maak moet dit in 'n papiersak saam met sout gegooi en baie goed geskud word. Die sout neem al die stof en vuiligheid op en die blomme lyk sommer gou weer vars.
~ Terug na begin
Sit die pote van 'n leer in twee skoene met rubbersole, dit sal verhoed dat die leer gly.
Om linnegoed wit te maak. Sny 'n dik skyf van 'n skoongemaakte suurlemoen. Sit dit saam met die linne in 'n pot as dit gekook word. Die suurlemoen neem al die vlekke uit die linne uit en maak dit mooi wit.
Ek het hierdie wenk gekry en dit is nogal heel goed, veral as die lugverfrissers gedaan is.
Meng 'n eetlepel van jou gunsteling versagmiddel met water in 'n spuitbottel en siedaar! 'n uitstekende lugverfrisser.
~ Terug na begin
Sluk 'n mespunt Samboksalf elke oggend vir tien dae lank. Die maagsweer sal dan gesond wees. Hierdie raat werk soos 'n bom. Die salf is slegs plantolies, en sal jou niks anders as gesond maak nie. Indien jy 'n probleem het met jou gewete, kan jy ou kapsules neem en leegmaak van die inhoud, en dan vul met die salf en dit so sluk. Dit laat geen slegte smaak na nie.
Matte en materiaal meubels - kolle
4 eetlepels brandspiritus
4 eetlepels wit asyn
4 eetlepels "Scrubb's Cloudy Ammonia" [by afdelingswinkels te koop}
1 liter warm water.
Spuit met sproeikannetjie op die kol en borsel deeglik. Gestoffeerde meubels - spuit die kussings en borsel. Jy sal nie jou oë kan glo nie.
Melk sal nie oorkook nie as 'n albaster in die melkkastrol geplaas word.
~ Terug na begin
Ek merk dat heelwat lesers kla oor swart miertjies in en om die huis. Ek het die volgende raat gekry en moet erken dat dit werklik werk
100ml water
200ml suiker
50ml Borax (kry by apteek)Sit bietjies van die mengsel uit waar miertjies voorkom, sodat hulle dit kan nes toe dra. As mens sien hulle staan sulke kringe om die stroop, is dit 'n goeie teken dat hulle dit geniet.
Sorg dat stroop altyd beskikbaar is. Mens sien nie onmiddellik resultate nie, maar na 'n drie tot vier weke begin jy agterkom daar is nie meer miere nie. Hulle dra die stroop nes toe, voer die ander miere en koningin daarmee en die hele nes vrek uit.
Dit is 'n uiters omgewingsvriendelike lokmiddel, geen gevaar vir kinders nie, maar dodelik vir miere.
~ Terug na begin
Wilna Strydom soek agente vir verkope en verspreiding van MINIGEZA. Hierdie eg Suid-Afrkaanse produk verander die lewens van miljoene. Maak tot R90 wins per eenheid. Verkoop 3 per dag en maak R9000 in 'n maand! Sluit aan vir so min as R60. Jou eerste verkope dek al klaar jou uitgawe! Besoek webwerf by www.onsdorp.net of kontak geza@onsdorp.net. Sel nommer is 082 423 4086 Die winter is hier en ALMAL benodig warm water! (2 - 9)
Glo dit of nie, hondebolle help! Ja, die slagysters op die grasperk kan ook nuttig wees. Gooi hulle oral in die gate/tonnels en die molle wyk na die bure toe!!! Ons het al vir baie mense hierdie raat gegee en almal het van welslae getuig. As jy nie honde het nie, wel een van die bure sal kan help.
Goeie ou raad: Onthou julle die motbolle in die seisoenklere se wegpakplek en die komberse. Vergeet daarvan, want die reuk kry jy buitendien nooit uit. Rasper Sunlight Wasgoedseep (die groen blokke) in die kas/sak waar jy dit bêre - niks meer stanke en hou alle ongediertes daar uit!
So gepraat van Motbolle: Gooi van die goed op jou huis se plafon en geen muis of rot sal dit naby die plafon waag nie. Ons verpes muise en rotte en muise en rotte verpes die reuk van Motbolle. Danie.
~ Terug na begin
~ Terug na begin
Muurteels wat die 'grout' lelik geword het. Verf die 'grout' met gekose kleur Akriliese verf. Jy mag maar die teel ook raak verf. Laat staan vir 15-20 min en was die verf van die teëls af met warm water. Nuwe muur- of vloerteëls kan so geverf word en dit sal vir jare mooi bly.
~ Terug na begin
Uit 'n duvet cover
1. Witdulsies
2. Acetone (Naellakverwyderaar)
Naellak - wat taai geword het
Gooi 'n paar druppels Amiel Asetaat daarby en skud goed. Dit beskadig nie
jou naels nie.
~ Terug na begin
Het iemand raad om naels sterk te maak? Ek sukkel my lewe lank al met naels wat so dun is soos deesdae se eierdoppe.
~ Terug na begin
Blousel (ou mense het dit gebruik vir hulle wasgoed). Rasper die blokkie en vat 'n mespunt en snuif dit in die neusgat op wat bloei. My Dr. het dit vir my gegee vir my seuntjie want hy het al pille gedrink en alles gedoen, maar sy neus begin sommer net te bloei. Ek rasper sommer die hele blokkie en hou dit in 'n botteltjie in die medisynekas. Dit werk regtig. Daar gaan 'n lang tyd verby voordat sy neus weer bloei.
~ Terug na begin
Indien daar olie op die plaveisel of motorhuisvloer gedrup het, kan dit skoongemaak word deur gewone sement op die olie te gooi. Die sement sal die olie absorbeer en kan na 'n dag of wat met 'n besem weggevee word.
Oliebottels kan maklik skoongemaak word deur 'n bietjie koffiemoer in die bottels te gooi en goed te skud. Was daarna uit met skoon water.
Wanneer jy volgende keer 'n eier moet klits om oor pasteie te smeer: GEBRUIK EERDER MAYONNAISE. Dit werk net so goed, jy gebruik net wat nodig is, dit Bevat ook eiers en spaar jy weer 'n eier.
Vir kwaai waterlekke wat die plafonne bruin vlek: Verf wit padverf daarop. Die bruin vlekke sal nie weer deurslaan nie.
Plafonne wat klein merkies of vlekke op het, kan weer nuut lyk as dit met wit skoenpolitoer behandel word.
~ Terug na begin
Ek het baie goeie raad vir klein seuntjies wat nog hulle broekies vuil maak. My seuntjie was so 2½ jaar oud toe doen hy dit nog. Maar hy't al baie goed verstaan. Het hom vooraf gewaarsku as hy weer sy broekie vuil maak gaan hy dit self uitwas. Toe dit weer gebeur, het ek hom gehelp om die bol in die toilet te gooi, water in die wasbak te tap en die seep vir hom aangegee, sodat hy self die broekie kan uitwas. Teen die tyd het die mannetjie al gehuil, want hy was darem regtig nie lus vir die storie nie, maar hy moes dit maar net doen. Ek het dit later oor gewas toe hy nie by was nie, maar ek verseker jou, dit het gewerk soos 'n bom. Hy't nooit eers weer 'n ongeluk gehad nie. Miskien kan dit iemand anders ook help.
Rasper 'n pynappel deur dit met skil en al in die lengte in kwarte te sny. Rasper so tot teen die skil.
~ Terug na begin
Ek weet nie of dit algemeen bekend is nie, maar ek het eers onlangs uitgevind dat as jy op 'n webwerf is en jy wil een van die skakels oopmaak in 'n nuwe bladsy, dan kan jy net "shift" inhou terwyl jy daarop kliek. Dit is dieselfde soos om met die muis te "regs kliek" en dan die "open in a new browser" opsie te kies. [Koekoes]
~ Terug na begin
Aanbrandsels: Sprinkel sout en kaneel oor aanbrandsels op die stoof om die reuk te verwyder. Die kombuis sal gevul word met 'n aangename geur.
In Yskas:
Al wat werk, uit eie ondervinding (Suzette) is Wynsteensuur. ‘n Bietjie saam met water op die vlek en vryf.
Voeg 'n half teelepel suurlemoensap by room om dit baie gouer mooi styf te klop.
~ Terug na begin
Dit is nie algemeen bekend dat gewone aluin in 'n ysterlepel gesmelt, 'n baie sterk sement is om glase, porselein, ens. mee te las nie. Voorwerpe daarmee heelgemaak, kan gewas word, sonder dat dit sal losgaan.
Om vars gegalvaniseerde sink of geute te verf, was dit eers
met blouviterjoel of kopersulfaatoplossing.. (verkrygbaar by apteke en baie
goedkoop ook) dit maak die sink swart ... was goed af met water ... en verf
wanneer baie warm en baie droog ... die kwas moet amper vaskleef so warm moet
die sink wees ... dan het jy geen onderlaag nodig en dit dop voorrwaar nie af
nie ...
Dis een van die beste wenke wat ek nog ooit teegekom het en het dit gereeld as
verfkontrakteur gebruik.
~ Terug na begin
~ Terug na begin
Gebruik die plastiek tipe tweeliter koeldrankbottels. Gooi twee bottels koue water (dus 4 liter water) in 'n kastrol. (Groot genoeg om sowat 11 liter vloeistof te kan neem) Plaas die kastrol op 'n stoofplaat wat op die hoogste hittegraad aangeskakel is.
Terwyl die water stadig warm word gooi die volgende in die kastrol:
Roer alles goed deur. Wanneer die water amper kookpunt bereik, haal die mengsel van die stoofplaat af en laat dit heeltemal afkoel. Gooi daarna oor in bottels vir verdere gebruik.
Dit lewer sowat 11 liter skottelgoedseep.
~ Terug na begin
'n Wenk vir almal wat so lui is soos ek om laatnag skottelgoed te was. Spuit 'n oplossing skottelgoedseep en water op die stoof, potte en ander skottelgoed. (Laat die eetgerei in 'n roomysbak met water week). Die volgende oggend vee jy net die stoofoppervlak af, en potte en ander skottelgoed is sag en reg vir die was.
Maak 'n dun yster rooiwarm en hou dit op die kop van die skroef. Gebruik dan dadellk die skroewedraaier.
Hou slakke van plante weg deur eierdoppe rondom die plante te strooi. Vaseline wat rondom potte gesmeer is, hou ook slakke weg van potplante.
~ Terug na begin
Sooibrand – tamatie-en-uiemoes
As tamatie- en uiemoes gemaak word vir braaivleis of ander geregte, gooi 'n kwart koppie melk op die end by en roer goed. Dit voorkom sooibrand by die mans.
~ Terug na begin
Om die vet van sop af te skei, gooi die sop deur 'n doek wat goed natgemaak is in koue water.
Draai 'n pypskoonmaker om 'n sousbottel se nek. Dit sal verhinder dat die sous teen die bottel afloop en die tafeldoek vlek.
Gooi 'n droë ertjie in 'n peperpot om te voorkom dat die peper saamkleef.
Naomi het die volgende wenke gekry nadat sy 'n navraag in ons hulpnavrae geplaas het. Sy skryf:
Ek het vreeslik baie terugvoer gekry oor my navraag oor my Speed Queen wat wit merke op my klere laat, nie minder as 21 nie. Die meeste mense wou ook weet wat se antwoorde ek kry. Jammer ek kon nie persoonlik antwoord nie. Hoop hierdie is genoeg antwoord.
Eerstens, my eie ervaring. Ek het die tolvrye nommer op die BioClassic karton geskakel en heerlik met Elize gesels. Eienaardig genoeg, sy het my toe ook gemail, min wetend dat ons 'n week terug gesels het!!
Die BioClassic karton beveel aan dat jy jou masjien "uit kook". Die het ek toe halfhartig gedoen met gewone warm water, sonder enige resultate, daarom dat ek haar gebel het. Sy sê toe ewe dierbaar, daar is 'n rede waarom hulle op die boksie sê : maak met emmers tot BO vol!! Ek het toe maar emmers vol baie warm water, en 'n ketel of 2 ook ingegooi, letterlik tot bo. Daar het bietjie water uitgespat maar dit was die minste. Lyk my daar is 'n randjie wat nooit water kry nie en daarin pak vullis saam. Ek het hom 2 keer gekook, met 8 lepeltjies Bioclassic op sy langste wastyd. Ongelukkig het ek dit net verlede week gedoen, so ek het nog net 1 keer intussen wasgoed gewas en al daardie swart goed was sonder kolle.
Elize verseker my ons sal my masjien skoon kry, al moet ons hom ook 8 keer kook. Dis 'n langsame proses, maar sover lyk dit of dit werk.
Die algemene konsensus was dat daai ding in die middel (pulsator), 'n groot sondebok is waarin die Stasoft aanpak, maar lyk my die meeste mense weet dat 'n mens hom kan uithaal en mooi skoon skrop. 'n Goeie idee is om die Stasoft nie in die middel te gooi nie maar direk in die water wanneer jy by die uitspoelsiklus is, maar dit kos goeie tydsberekening - en onthou!!
Hier is die ander rate wat ek gekry het.
Antoinette uit die Boland:
Gaan kry 'n houertjie caustic soda, die goed wat ons in die drein gooi.
Tap die warmste moontlike water in jou wasmasjien. Heel vol. Los omtrent die helfte van die caustic soda in kookwater op en gooi in wasmasjien .Laat die water koud word. Gebruik 'n groot emmer of houer en los daarin nog 'n bietjie caustic soda op en plaas die wurm en sy goeters daarin. Sodat alle vulles kan sag word om makliker af te kom.
Ek het altyd sterinappi gebruik, maar nou's ek lankal uit doeke en kleintjies uit!
Oppas vir kaalhande in die caustic soda water. Maak 'n mens se hande baie droog en skurf.
As die wurm (soos sy die pulsator noem) skoon is en die water koud , borsel die deel van die drom, wat onder die wurm is, ook goed skoon. Plaas die wurm, sonder die boonste goeters , terug en laat die wasmasjien deur was. Spoel uit. Nou kom die groot job. Jy kan nog warmwater gebruik om mee uit te spoel of koue. Die vuilgoed is nou los. Nou moet jy spoel en spoel tot daar nie meer sulke grys velletjies uitkom nie. Onthou ook om die uitttappyp se bek skoon te maak.Krap sommer met iets daar in .
André
Skakel die krag af. Reg onder die beheer paneel is net twee skroewe wat die paneel vashou. Draai hulle uit. Nou kan jy die hele paneel agteroor slaan uit jou pad uit. Jy sal twee veerbelaaide metaal straps sien wat links en regs die voorpaneel vashou. Knip hierdie vere uit deur 'n sterk skroewedraaier te gebruik. Nou kan jy die hele voorste paneel optel en wegvat. Nou kan jy die drom sien. Die drom word toegehou deur die plastiek sirkel wat ook net vasklip. Verwyder die ring. Dit is baie maklik. Tussen die staal drom en die plastiek buite balie is waar al die swart gemors is. Jy behoort nou maklik daar in te kom. Jy kan ook die middelste regop pilaar in die balie los-skroef en dan die drom uit-tel. Dit help baie. Hierdie is die eenvoudigste manier. Jy kan kook water ingooi soveel jy wil. Dit help nie regtig nie. Enige ander bytmiddels is ook maak nutteloos. Die vuil uitkrap en uitwas met die hand is die enigste manier. GLO MY MAAR.
Ben
Ons het ook 'n Speed Queen en het dieselfde probleem gehad met die kolle op swart klere, nadat ons talle verskillende was poeiers probeer het was bioclassic vir 'n lank tydperk die beste. Ons het intussen 'n ander waspoeier ondek wat ongelukkig nie in die winkels beskikbaar is nie net deur 'n verspeidings netwerk. Die waspoeier laat die minste kolle agter. Soos ek verstaan gebruik die vervaardigers van die was poeiers mielie meel of papier paste as 'n basis en dit is wat die kolle veroorsaak, wel vervaardigers van die nuwe poeier gebruik sout as 'n basis wat ook dan die kolle heeltemal verminder omdat sout beter oplos en ook help met die skoonmaak proses.
Udo
Wat vir my gehelp het was om die "Pulsator" uit te haal sodat die drom nie meer die plastiese binnestuk in het nie.
Haal hom heeltemal uitmekaar en maak skoon. Doen dit elke maand, afhangende van hoeveel jy was.
Was dan die masjien met skoon water en 'n bottel asyn uit. As die siklus halfpad is, stop, laat staan vir 15-20 min met asynwater daarin. Voltooi dan siklus.
Was nog eenkeer met skoon water uit.
Sonet
Ek en 'n kollega het presies dieselfde probleem as jy. Ek het gevind as ek nie die dure stasoft koop nie, maar sommer die house brand of iets dergliks wat nie so dik is nie, is die kolle baie min. Ek gooi ook eers 'n bietjie kookwater in daai middelste dingetjie en dan van die stasoft. Bewaar jou egter as jy die sakkies stasoft koop wat nog aangemaak moet word, dan's dit net kolle. Ek wil nog die stasoft vir donker kleure probeer, maar is bietjie skrikkerig, want dis mos ook dik.
Susan
Was jy so 1 x in 3 maande jou masjien uit met "Sun" (Skotelgoedmasjien se poeier)? Was ook gereeld die waterfilters.
Ek, die wit kolle en die SpeedQueen, hoofstuk 2
Soos belowe, hier is nog terugvoer oor bogenoemde probleem. Jammer vir die langdradige storie, maar dis nie iets wat 'n mens in 'n paar woorde kan sê nie.
So lê André Smith se verduideliking oor hoe om die masjien skoon te maak, vanuit die terugvoer wat ek gekry het, op die kas en wag dat ons genoeg moed kan bymekaar skraap om dit uit te voer. Op die Erfenisdag sien manlief toe die kolle op sy dogter se klere toe ons die wasgoed van die draad af haal en besluit net daar, tot hier toe en nie verder nie.
Gewapen met Andre se instruksies pak ons toe die taak aan. Eerstens alle eer aan Andre, alles wat hy sê is waar en werk net so, met 'n klein aanpassing hier en daar. Ook dat die taak so om en by 2 ure vat!!
In elk geval, toe ons nou als uitgehaal het en by die bodem van die masjien uitkom, was dit omtrent vir jou 'n ding. Ek is eintlik te skaam om te vertel wat ek hier gekry het, omdat ek bang is mense sal dink ek is 'n slegte huisvrou, maar vertel ek dit nie, sal die storie nie die regte impak hê nie. So, moet nie te sleg van my dink nie. Ter my eie verdediging wil ek net sê dat dit die eerste keer in 9 jaar is wat ek dit doen!
Onder in die masjien was daar sulke dik aanpaksels dat ek dit met skraaper moes afkrap. My man het die drom na buite geneem en moes dieselfde daarmee doen. Met 'n skraaper en Goldie locks, het ons omtrent geskrop en geskuur. Ons het alles toe weer mooi teruggesit en aanmekaar gelas, en nou glo ek hy is so goed soos nuut.
As jy eers sien wat se gemors daar binne-in is, sal jy eintlik dink daai kolle is nie te erg nie!! Ek glo 'n mens moet hom nou maar elke 6 maande uitkook soos op die BioClassic pakkie gesê word, en dan miskien 1 maal 'n jaar hierdie taak aanpak en hom skoon skuur.
Ek sit weer André se instruksies by vir die wat dit dalk verloor het en sê weer, ek dink ook dis al wat gaan werk.
Aan André, baie baie dankie. Aan Eg Afrikaans, dankie vir die forum om sulke goeie raad te kan kry. [Groete, Monica]
André se raad
Skakel die krag af. Reg onder die beheer paneel is net twee skroewe (myne het 3) wat die paneel vashou. Draai hulle uit. Nou kan jy die hele paneel agteroor slaan uit jou pad uit.
Jy sal twee veerbelaaide metaal straps sien wat links en regs die voorpaneel vashou. Knip hierdie vere uit deur 'n sterk skroewedraaier te gebruik.
Nou kan jy die hele voorste paneel optel en wegvat.
Nou kan jy die drom sien. Die drom word toegehou deur die plastiek sirkel wat ook net vasklip. Verwyder die ring. Dit is baie maklik.
Tussen die staal drom en die plastiek buite balie is waar al die swart gemors is. Jy behoort nou maklik daar in te kom.
Jy kan ook die middelste regop pilaar in die balie los-skroef en dan die drom uit-tel. Dit help baie. Hierdie is die eenvoudigste manier.
Jy kan kook water ingooi soveel jy wil. Dit help nie regtig nie. Enige ander bytmiddels is ook maak nutteloos. Die vuil uitkrap en uitwas met die hand is die enigste manier. GLO MY MAAR.
Spek sal nie omkrul as dit in kookwater gedoop word voordat dit gebraai word nie.
~ Terug na begin
Spuitmiddel - veilig vir die Tuin
Hierdie spuitmiddel sal insekte verjaag sonder om hulle dood te maak en is baie veilig in die tuin.
Neem 20 Liter warm water
Voeg een eetlepel koeksoda by
Voeg twee eetlepels Jeyes Fluid by
Vlok een vyfde van 'n steen blouseep in mengsel in
Roer goed tot al die bestanddele opgelos is
Maak elke Saterdag jou stofsuier se sak skoon - dit bespaar elektrisiteit.
Moet nooit suurmelk weggooi nie. Dis uitstekend in gebak en maak deeg ligter as vars melk.
~ Terug na begin
As tamatie- en uiemoes gemaak word vir braaivleis of ander geregte, gooi 'n kwart koppie melk op die end by en roer goed. Dit voorkom sooibrand by die mans.
'n Knippie kerriepoeier by tamatiesop verbeter die smaak.
Gebruik 2 kg Tamaties waarvan die kern en pitte verwyder is,
2 koppies suiker, ¼ koppie appelasyn, ½ teelepel sout. Versap die
bestandele saam en kook by 'n lae hitte vir ongeveer 1½ uur. Roer gereeld.
Gooi deur 'n sif om stukkies te verwyder Voeg 1verpoeierde Vitamien C tablet by
om die kleur te behou. Vries of lê die tamatiesous in vir latere gebruik
Rissiepoeier of paprika kan voor die kook proses bygevoeg word vir smaak.
~ Terug na begin
Om teëls in die kombuis of badkamer mooi te laat blink, gooi 'n bietjie paraffien by die water waarmee hulle afgewas word.
Haal af met Margarien of Paraffien
~ Terug na begin
Teerkolle op klere kan verwyder word deur bloekomolie op die kolle te smeer en dit daarna met warm water te was.
Smeer gelyke dele van gliserien en geel van 'n eier aan goed wat teevlekke op het. Laat dit daaraan droog word. Was dit dan met helder koue water. Dit sal die vlekke uithaal.
Deur tennisskoene se witsel met melk i.p.v. water aan te smeer, verhoed dat die witsel sal afgee
100 ml water
200 ml suiker
50 ml Borax
Maak een mengsel hiervan. Kleine beetjes gieten waar de mieren zijn. Zij dragen
het naar hun nesten. Zie je ze er om heen staan, dat is goed. Het neemt een paar
weken voordat je ziet dat het werkt. MAAR HET WERKT!! RIA
~ Terug na begin
Om 'n gevlekte toilet skoon te maak is swembadsuur net die ding.
~ Terug na begin
Gooi 'n bietjie asyn of suiker by uie wat gesmoor word. Dit sal 'n lieflike ligbruin kleur en 'n aangename geur aan die uie verleen.
Gebruik soos matsjampoe in jou matwasser en verdun voor gebruik. [Hermien]
~ Terug na begin
Meng 1 t brandspiritus en 1 k water baie goed. Gooi oor die varings en kyk hoe mooi groei hulle.
~ Terug na begin
Gebruik "ZEB" om ou vernis en aangepakte vuilheid van ou houtmeubels af te haal. Spuit aan en die vuilis borrel letterlik af. Vee dan dadelik af met lap en skoon water. Dit beskadig nie die hout nie en dring diep in al die groefies en krakies in.
Om vetkolle te verwyder van klere, spuit gewone Doom op die kol en vryf die kol en spoel uit.
~ Terug na begin
Vinke - om vinke weg te hou van palms af
Die raad wat ek gehoor is om aluin kristalle op te los en dit op die blare te spuit. My swaer doen dit en sy palms is pragtig.
Om kerswas van materiaal te verwyder Plaas 'n stuk koerantpapier bo-oor die materiaal en stryk met 'n lou yster. Die was sal dan in die papier in trek en die materiaal sal weer skoon wees.
Gooi bietjie asyn by olie waarin vis gebraai word. Die vis absorbeer minder olie.
Goeie ou raad: Onthou julle die motbolle in die seisoenklere se wegpakplek en die komberse. Vergeet daarvan, want die reuk kry jy buitendien nooit uit. Rasper Sunlight Wasgoedseep (die groen blokke) in die kas/sak waar jy dit bêre - niks meer stanke en hou alle ongediertes daar uit!
So gepraat van Motbolle: Gooi van die goed op jou huis se plafon en geen muis of rot sal dit naby die plafon waag nie. Ons verpes muise en rotte en muise en rotte verpes die reuk van Motbolle.
~ Terug na begin
Gooi vars melk oor gebrande vleis om die brandsmaak te verminder.
Sodawater of wit asyn haal gewoonlik hardnekkig vlekke soos rooiwyn en bloed uit matte uit.
Om messegoed van vlekvryestaal skoon te kry, maak die opwasbak in jou kombuis halfvol water, voeg 'n halwe koppie huishoudelike bleikmeiddel daarin en week die messegoed 'n halfuur lank. Spoel deeglik af en vryf droog.
As jy 'n skerp lig in die dak installeer en aanskakel nadat hulle uitgevlieg het, sal die lig hulle pla as hulle wil terug invlieg.
Naftaleen bolletjies (vismot-gif) verdryf die vlermuise. Die belangrikste is om die gate waar hulle inkom toe te maak as hulle uit die dak is.
~ Terug na begin
Vir lastige vlieë, gooi gewone asyn wat mens in kos gooi in klein bakkies of deksels en plaas dit op onooglike plekke bv bo-op yskas ens. Die suur reuk jaag die vlieë weg, al nadeel is dat dit vinnig verdamp (na 3 dae) maar bly nog steeds goedkoper as enige gifstowwe.
Was die ruit met Coke, Dit moet coke wees. Coke bevat Fosforsuur. Dit suur breek die vet af. Was dan die ruit na die soos gewoonlik.
~ Terug na begin
~ Terug na begin
As jy 'n ryk vrugtekoek maak, voeg 'n koppie warm, sterk koffie in plaas van melk by om die kleur van die koek te verdonker en die geur te verbeter.
Koos en Rachel uit Houston het hierdie tong-in-die-kies gestuur:
Gooi sout op en wag,
Gooi soda op en wag,
Gooi 'n mengsel van vloeibare seep en peroxide op en
wag,
Gooi melk op en wag,
Laaste gooi 'n klein bietjie wit wyn op en wag.
Drink die res van bottel wit wyn wat oor is en wag, totdat dit nie meer saak maak nie.
~ Terug na begin
Wanneer warm vloeistof in 'n fles gegooi word, plaas 'n mes onder in die fles om te voorkom dat dit bars.
Om watte te vermeerder, rol die watte af (dit word normaalweg in 'n rol verkoop), en sit stuk vir stuk in 'n 100grade Celsuis oond vir plus minus 'n halfuur. Die watte sal 2 - 3 maal sy grootte uitpof, en siedaar, maak baie van min!
~ Terug na begin
(Harde knoppies wat dan pynlik is)
~ Terug na begin
Moenie die bietjie wyn wat oorbly weggooi nie. Vries dit in blokkies en gebruik in disse en souse.
Neem 'n halwe suurlemoen en skep van die binneste deel uit met 'n lepel. Daar moet bietjie suurlemoen agterbly. Vul met sout en plaas in 'n bakkie agter in die vrieshokkie/yskas.
~ Terug na begin