ONS WENKEBLAD

Die wenke op hierdie blad is tans so bietjie deurmekaar. Nie in alfabetiese volgorde nie. Ons sal gedurende die eerskomende naweek, bietjie orde skep.

WENKE:

AFHAAL VAN VERNIS:
Gebruik "ZEB" om ou vernis en aangepakte vuilheid van ou houtmeubels af te haal. Spuit aan en die vuilis borrel letterlik af. Vee dan dadelik af met lap en skoon water. Dit beskadig nie die hout nie en dring diep in al die groefies en krakies in.

LASTIGE VLIEë:
Vir lastige vlieë, gooi gewone asyn wat mens in kos gooi in klein bakkies of deksels en plaas dit op onooglike plekke bv bo-op yskas ens. Die suur reuk jaag die vlieë weg, al nadeel is dat dit vinnig verdamp (na 3 dae) maar bly nog steeds goedkoper as enige gifstowwe. 

TEER op motors:
Haal af met Margarien of Paraffien

TERMIETE:
100 ml water
200 ml suiker
50 ml Borax
Maak een mengsel hiervan. Kleine beetjes gieten waar de mieren zijn. Zij dragen het naar hun nesten. Zie je ze er om heen staan, dat is goed. Het neemt een paar weken voordat je ziet dat het werkt. MAAR HET WERKT!! RIA

VLERMUISE:
As jy 'n skerp lig in die dak installeer en aanskakel nadat hulle uitgevlieg het , sal die lig hulle pla as hulle wil terug invlieg.

Naftaleen bolletjies (vismot gif) verdryf die vlermuise. Die belangrikste is om die gate waar hulle inkom toe te maak as hulle uit die dak is.

VRATTE:
Lastige vratte? Wend 2 maal daagliks gewone terpentyn aan en laat droogword. Dit brand nie en na ± 2-3 weke is die fratte weg.

Lenon se Witdulsies werk ook soos 'n bom.

HAAL GOM VAN TEELS AF:
Ek het raad om ou taai gom van teëls af te haal. Ek het alles probeer, parrafien, thinners, terpentyn, spiritis, "acetone", niks wou werk nie. Behalwe goeie ou Domestos. Die jel soort en 'n pottedraad. Met 'n bietjies geskuur kom die ou gom eindelik af.

VETTERIGE VOORRUIT:
Was die ruit met Coke, Dit moet coke wees. Coke bevat Fosforsuur. Dit suur breek die vet af. Was dan die ruit na die soos gewoonlik.

VRATJIES

Die eerste een is vir vratjies. Neem 'n botteltjie Turlington. Hou die bek van die botteltjie oor die vratjie sodat hy mooi seël. Dop die botteltjie om sodat die Turlington oor die vratjie lê. Hou hom so 30 sekondes en dop die botteltjie weer terug. Doen dit soggens en saans vir omtrent so vier na vyf dae. Die vratjie sal so na 'n week-en-'n-half afval. Die raad werk regtig want ek het twee vratjies gehad wat op die manier verwyder is toe ek nog op laerskool was.

['n Ander raat wat baie beslis help vir vratjies is om Lennons se bruindulsies op die vrat te smeer. Doen dit 'n paar keer en hy's weg vir altyd. Die enigste probleem is dat die bruindulsies deesdae in Suid-Afrika, baie skaars is. Weet ons Hollandse vriende of dit nog daar by julle beskikbaar is]

KOORSBLARE

Een van die dames het eendag raad gevra vir die lastige ou koorsblare. Ek het haar toe vertel van die tannie wat my eendag in die winkel gekry het, en baie versigtig kom vra het wat ek daarvoor gebruik. Ek het regtig sleg gelyk, dit weet ek anders sou sy dit nie gedoen het nie. Dis nou regte egte boereraat. Niks anders as vanilla essens nie. Glo my, ek kry byna nooit meer koorsblare nie. Ek hou permanent 'n botteltjie in my kantoor. Sodra ek voel die plekkie begin jeuk dan smeer ek sommer aan. Ek gebruik 'n oorpluisie en wend so elke halfuur daarvan aan. Dit droog die koorsblaar op. Glo my, ek het al die duurste goed gebruik, maar hierdie is die beste.

SOOIBRAND:

Meng 'n botteltjie Turlington op 1 blikkie kondensmelk en vat elke oggend op jou nugtermaag 'n teelepel vol. Dis vrek sleg, maar hy reken dit vat jou maagseer skoon weg. Ek doen dit nou en vind dat die dae wat ek dit doen ek geen sooibrand kry nie en die dae wat ek dit oorslaan vrek ek van sooibrand. So dit lyk my of daar waarheid in steek.

ROESVLEKKE:

Al wat werk, uit eie ondervinding (Suzette) is Wynsteensuur.  ‘n Bietjie saam met water op die vlek en vryf.

BLOEDDRUK:

Trek 'n takkie wynruit in kookwater vir 5 minute en drink die tee vir hoë bloeddruk. Moet egter nie gebruik as jy dalk allergies is vir die plant nie, en ook nie te gereeld nie. Dit bring die bloeddruk baie vinng af.

Indien jy wel die raat nodig het, probeer dan liewers om die tee te maak met roosmaryn blare. Dit stabiliseer die bloeddruk, (hoog of laag).

MAAGSWEER:

Sluk 'n mespunt Samboksalf elke oggend vir tien dae lank. Die maagsweer sal dan gesond wees. Hierdie raat werk soos 'n bom. Die salf is slegs plantolies, en sal jou niks anders as gesond maak nie. Indien jy 'n probleem het met jou gewete, kan jy ou kapsules neem en leegmaak van die inhoud, en dan vul met die salf en dit so sluk. Dit laat geen slegte smaak na nie.

NEUSBLOEI:

Blousel (ou mense het dit gebruik vir hulle wasgoed). Rasper die blokkie en vat 'n mespunt en snuif dit in die neusgat op wat bloei. My Dr. het dit vir my gegee vir my seuntjie want hy het al pille gedrink en alles gedoen, maar sy neus begin sommer net te bloei. Ek rasper sommer die hele blokkie en hou dit in 'n botteltjie in die medisynekas. Dit werk regtig. Daar gaan 'n lang tyd verby voordat sy neus weer bloei.

BENOUDE BORS / ASMA:

Ek weet nie eintlik of dit 'n "boereraat" is nie, maar ek kan uit ondervinding praat en dit mag dalk baie ander mense help in 'n noodsituasie. As iemand 'n toe of benoude bors het (bv iemand wat aan asma ly) en jy het nie een of ander asmapompie byderhand nie, verrig 'n koppie baie sterk swart koffie feitlik onmiddellik wondere. As ek bedoel sterk, bedoel ek so 3 opgehoopte teelepels koffiepoeier. Jy kan wel suiker ingooi as jy wil. Die kaffein in die koffie maak jou lugweë feitlik onmiddellik oop.

BYSTEEK:

Vir bysteek maak 'n koeksodapasta en plaas dit op dit steekplek. Dit trek die gif uit.

VLOOIE OP HONDE:

Ons het regtig baie geld spandeer aan middels om die vlooie op die honde dood te kry. Alles op die mark probeer maar sonder sukses. Hierdie eenvoudige raat het egter die probleem opgelos: Was die honde met Sunlightseep in water waarin 2 proppies Dettol opgelos is. Spoel ook af met Dettolwater.

HOESGOED:

Wanneer jy weer hoesstroop benodig, gaan vra by die apteek vir DPH (diphenhidramine). Dit is 'n generiese komponent van duur hoesstroop en werk uitstekend, maar is spotgoedkoop.

SWART MIERE:

Ek merk dat heelwat lesers kla oor swart miertjies in en om die huis. Ek het die volgende raat gekry en moet erken dat dit werklik werk

Maak die volgende mengsel aan:

100ml water
200ml suiker
50ml Borax (kry by apteek)

Sit bietjies van die mengsel uit waar miertjies voorkom, sodat hulle dit kan nes toe dra. As mens sien hulle staan sulke kringe om die stroop, is dit 'n goeie teken dat hulle dit geniet.

Sorg dat stroop altyd beskikbaar is. Mens sien nie onmiddellik resultate nie, maar na 'n drie tot vier weke begin jy agterkom daar is nie meer miere nie. Hulle dra die stroop nes toe, voer die ander miere en koningin daarmee en die hele nes vrek uit.

Dit is 'n uiters omgewingsvriendelike lokmiddel, geen gevaar vir kinders nie, maar dodelik vir miere.

1-  Kamakazi krummels (moet nie met die hand strooi nie anders is dit nie
effektief nie) Strooi ten minste een keer 'n week vir  ses weke aanmekaar.

2 - Termedine (dit is glo dieselfde as wat die mense van "Pest control" gebruik
maar is baie duur - iets soos R800 vir 5 liter en daar is voorgestel dat jy met
jou bure moet praat om dit saam te koop.  Dit word glo aangemaak 1 op 40)

3 - 411-kunsmis.  Dit is glo baie giftig en jy moet veral oppas vir jou honde of
diere maar is glo verskriklik effektief.  Die persoon wat die raad gegee het sê
dat hy sy grasperk in twee dae verloor het agv termiete en iemand het die raad
vir hom gegee en tot nou toe het hy geen termiete gehad nie en hy sê dit is al 3
jaar later.  Dit klink of hy in elk geval in die begin van die somer sy gras
daarmee gooi.

4 - Dan vir die klein miertjies in die huis het ek die volgende gekry:  Hierdie
kryt wat jy by die vlooimark kry.  Ek weet dit werk maar dit is net 'n tydelike
oplossing tensy jy dit gereeld gebruik.

5 - Iemand sê ook dat jy moet VIM strooi of babapoeier maar moenie dit afvee as
jy skoonmaak nie.

6 - Maak "Die Ant" met water aan en spuit dit al teen die "scurtings" van jou
huis.

BLOEIENDE SNYWONDE:

Met ons kerkbasaar verlede jaar was ons besig om beeste af te slag toe ek my vinger 'n diep sny toedien en hy vreeslik aan't bloeie gaan. Selfs `n pleistertjie kon dit nie stop nie.'n ou oom sê toe ek moet peper daarop gooi, sommer so `n dik hoop van dit. Ek wou eers nie want ek was vrekbang dit sal brand. Uit desperaatheid doen ek dit toe maar en die resultaat: Bloeding stop onmiddellik en geen gebrand nie.

KOLLE OP MATTE EN MATERIAAL MEUBELS

4 eetlepels brandspiritus
4 eetlepels wit asyn
4 eetlepels "Scrubb's Cloudy Ammonia" [by afdelingswinkels te koop}
1 liter warm water.

Spuit met sproeikannetjie op die kol en borsel deeglik.  Gestoffeerde meubels - spuit die kussings en borsel. Jy sal nie jou oë kan glo nie.

LYNETTE SE VRATJIEWENK:

Neem 'n stukkie suurlemoenskil wat die vratjie net-net toemaak, en laat dit week in swart asyn vir 24 uur, haal dan die stukkie uit en plaas die wit kant van die skil op die vratjie en bind dit toe vir 48 uur. Glo my na 'n rukkie klop die vrat asof hy wil inkom êrens, maar dit gaan ook oor. Sodra jy na 2 dae die storie afhaal, sal die vrat van die binnekant af swart word en afval. Ek het vingerafdrukke waar my vrat nog op my middelvinger was, en nou is daar nie eers 'n merkie wat wys daar was iets nie.

ROU WONDE:

My seun het sowat 4 weke gelede geval en hom ernstig beseer. Gesigwonde - redelike diep afgeskuurde vel en harsingskudding. Die dokter het antibiotiese salf voorgeskryf en na 1 dag se gebruik het hy gestaak met die aansit en oorgeslaan na ons bekende Zambuk (sambok) salf. 5 dae na die ongeluk moes hy weer gaan vir plate en die dokter was verstom om net die rooi merke op sy gesig te sien. Die dokter wou nie glo dat die gewone samboksalf die wonde so gou kon genees nie. Hy het aangedring om die buis met antibiotiese salf te sien en daarna het hy gesê dat dit verstommend is want die voorgeskrewe salf sou nie die wonde so vinnig genees het nie. Ek wil net vir die lesers sê dat die rate en ou middels nie afgeskryf moet word nie, somtyds is dit nog steeds beter as die nuwe middels.

LIGSTREPE:

Skep natuurlike ligstrepe in blonde hare: vul 'n sproeibottel met twee derde koppie wodka en een derde koppie suurlemoensap. Sproei aan klam hare, gaan uit en spoel eers die aand af

SOOIBRAND

 

Op die nuwe Afrikaanse TV-kanaal - Kyknet, is daar 'n program wat genoem word Ja-NeeMedies. Op dié program het die dokter wat dit aanbied verskeie kere gesê dat 'n ou baie water [8 glase per dag] moet drink. Volgens hom help dit vir baie dinge.

TAAI RAKKE OF ANDER:

1.      Ek weet LDC van Golden Products is werklik goed en dis gesond vir jou hande.

2.      Gebruik gewone parrafien om die gom af te kry.

3.      Die gom wat op die papier is, sal heel moontlik die verf op die kas beskadig en dit sal oorgeverf moet word. Om die papier af te haal, kan jy gewone kookolie oorsmeer en laat staan vir 'n dag of twee. Dit sal die papier laat loskom sodat jy dit kan afkrap, maar kan ook die verf beskadig.

4.      Ek dink dat jy die rakke gewoonweg met Handy Andy of Sunlight Liquid moet skrop om die papier te verwyder. Om die taai af te kry, en dit werk regtig, vryf die taai kolle met Brasso en dit gaan af soos jy nie kan glo nie!! Dis amper te goed om waar te wees, maar dit werk soos 'n bom. Selfs die taai gom op 'n roomysblik se deksel word een, twee, drie verwyder.

5.      Uit ondervinding weet ek dat dit help om Doom insekdoder op die gom te spuit. Dit neem die taai weg en jy kan dan die voorwerp afwas. Dit werk self vir botteltjies met papier op. Jy spuit dit net op die papier en alles kom los sonder dat dit taai bly.

6.      Trek die papier af. Koop vir jou van die vloeibare meubelpolitoer. Smeer op, los 'n rukkie. Jy gaan nog 'n bietjie elbow gries nodig he om dit heeltemal af te kry, maar dit is makliker.

7.      Neem jou haardoroër - blaas die kleefpapier warm tot dit maklik aftrek. Haal die laaste gomme met gewone badseep en warm water en bietjie "elbow-grease" af !!

8.      Ek het met dieselfde probleem gesit en diê wenk van een van my vriende gekry.  Koop genoeg blikke 'Pledge-meubel politoe' spuit redelik baie oor die area en laat vir 'n ruk. Die papier het ek dan met een van die muur messie (wat jy gebruik vir gate in die muur toe smeer) af geskrap, Op kwaai plekke sal jy dit seker so twe tot drie keer moet herhaal.  Jy kan ook spitirus probeer, maar ek dink die reuk gaan jou dalk aantas!!

OM VINKE WEG TE HOU VAN PALMS AF:

Die raad wat ek gehoor is om aluin kristalle op te los en dit op die blare te spuit. My swaer doen dit en sy palms is pragtig.

Om kerswas van materiaal te verwyder Plaas 'n stuk koerantpapier bo-oor die materiaal en stryk met 'n lou yster. Die was sal dan in die papier in trek en die materiaal sal weer skoon wees.

Indien jy 'n wenk het om hierdie Wenkeblad oulik te maak, skryf asseblief so gou moontlik vir my by - d@nie.co.za. Tik in die "Subject" ruimte net WENKE, dan maak dit dit vir my net makliker.