VERLOF VAN BEDIENDES:
Jy kan gaan kyk by www.labour.gov.za. Daar gaan jy 'n voorbeeld kry (in Afrikaans!), maar dit is nie genoeg nie. Jy moet eintlik na die Sectorial Determination Seven ook gaan kyk (nie net die Summary nie).
Daar word bv. genoem dat 'n huiswerker 3 weke verlof moet kry vir 'n siklus van 12 maande gewerk. Drie weke beteken eintlik nie drie weke nie. Dit beteken eintlik 15 werksdae. En 15 werksdae beteken eintlik nie net 15 werksdae nie, want Kersfees en Nuwejaar is nie werksdae nie. Dit moet sy dan ekstra kry as jy haar oor die Kerstyd verlof gee.
Vir deeltydse werkers (soos bv. 3 dae per week), word dit bereken teen 1 dag vakansie vir elke 17 dae gewerk. My huiswerker moet volgens wet 8 dae verlof kry, maar omdat ek haar oor die Kerstyd verlof wil gee, werk dit eintlik op amper 'n maand uit, met al die vakansiedae. Sy kry dus meer verlof as ek en jy.