VERASSING / KREMASIE - 'N BEOORDELING - Ds GP van der Merwe - gawiewilna@xsinet.co.za


1. Inleiding

Op die oog af wil dit lyk asof al hoe meer Suid-Afrikaners hulleself laat veras.Alhoewel daar deur die jare genoeg redes was om hierdie praktyk te weier, blyk daar deesdae genoeg redes te wees waarom dit aanvaarbaar is. Die uitgangspunt van hierdie beoordeling is meer gerig op die redes waarom hierdie praktyk tog nie afgewys hoef te word nie.


1. Kritiese vrae

Baie vrae word gevra of dit 'n Bybelse praktyk is, of dit sonde is om dit te laat doen en of ek my saligheid op die spel plaas as ek sou verkies dat dit met my liggaamlike oorskot moet gebeur. Dit is belangrik om hieroor duidelikheid te verkry en gaan ons dit vorentoe aanspreek.

3. Wat leer die Geskiedenis

Ons weet dat in die Bybel die volk Israel van grafkelders en vlak grafte gebruik gemaak het om hul dooies te begrawe (Gen 49:29; 1 Kon 2:34 ens). Tog lees ons van Saul se liggaam wat verbrand is (1 Sam 30:12) maar dit is gedoen om praktiese redes omdat daar gevrees is dat die vyand sy lyk sou skend. By die Romeine was verassing egter algemeen en die Grieke het dit ook gedoen om die gees uit die "tronk" van die liggaam te bevry.

Daar is ook ander praktyke om van die oorskot van 'n ontslapene ontslae te raak deur sekere volke nl om die liggaam op 'n bootjie te plaas saam met 'n aantal aardse besittings en dit dan in 'n rivier te laat afdryf, of om die liggaam deur wilde diere te laat opvreet.

'n Algemene manier om hekse en ketters te straf in die middeleeue was om hulle te verbrand. Ook
christene is op brandstapels verbrand.

Die eerste krematorium wat gebou is as voorloper van die hedendaagse verassing, is in 1873 in Milaan, Italie gebou. In 1876 is een in die VSA gebou

Aanvanklik het die kerk verassing verbied, maar dit later al meer ooglopend toegelaat. Die NG Kerk huldig tans 'n neutrale standpunt hieroor en het 'n spesifieke liturgie vir 'n verassingsdiens goedgekeur. 

1. Redes wat aangevoer word om verassing as praktyk aanvaarbaar te maak

4.1 Gesondheidsmotief

Dit was wet om tydens die Swart Dood (1350nc) lyke te verbrand en nie te begrawe nie. Die gesondheidsrisiko was te groot. Tydens hierdie epidemie het verassing as praktyk 'n vastrapplek gekry in die Westerse wreld.


4.2 Ekonomiese motief

Dit is so dat verassing goedkoper is as 'n gewone begrafnis, met 'n duur kis, 'n duur begrafnis en 'n duur grafsteen met latere instandhouding. Ook word grond vir begraafplase skaarser en duurder.

4.3 Verwaarlosings motief

Begraafplase word al hoe meer verwaarloos en vind grafskendings plaas

4.4 Gevaar motief

Privaatbesoeke aan begraafplase word agv die misdaadsituasie al hoe meer gevaarlik en onveilig.

4.5 Afstand en toeganklikheids motief

Begraafplase is dikwels (veral in die stede) ver van residensile gebiede en net sekere ure per dag oop vir besoek.

4.6 Sielkundige motief

Persone meen dat die sielkundige letsels wat by 'n oop graf opgedoen word heeltemal onnodig is en 'n verassingsdiens (roudiens) genoegsaam is.

4.7 Sosiale motief

Mense is van mening dat 'n begraafplaas nie meer die sentimentele waarde het wat dit vroer gehad het nie. Dit verval en het nie waarde nie. Die terugkeer na 'n rustige atmosfeer van 'n graf het verval. (In sommige gebiede kan dit selfs gevaarlik wees, wanneer dit die skuilplek van kriminele geword het).

4.8 Praktiese motief

Die ruimte vir begraafplase word al hoe meer beperk. Die beweging van 'n begrafnisstoet in besige stadsverkeer is uit pas met die moderne tyd. Daar is persone wat verhuis en selfs emigreer en die stoflike oorskot in 'n kissie met hulle saam neem. 'n Graf hou hulle dus nie aan 'n heimat gebonde nie.

5. BESWARE TEEN VERASSING

5.1 Die heidense agtergrond of oorsprong daarvan

Dit kan nie ontken word dat dit aanvanklik 'n heidense oorsprong gehad het nie, maar om jou te laat veras is nie noodwendig 'n sonde nie. Kersfees het ook 'n heidense oorsprong (verering van die songod) maar die christene vier dit vandag ten spyte daarvan dat daar geen bewyse is dat op 25 Des die geboorte van Christus plaasgevind het nie. 'n Ander inhoud word dus daaraan gegee.


5.2 Hekse en Ketters is verbrand.

(Sien hier ook tekste in Bybel waar mense verbrand moes word soos Lev 21 : 9 'n priester se dogter wat hoereer, Jos 7:15 Akan wat gesteel het, ens) Dit het egter geen verband met die hedendaagse praktyk van verassing nie. 

5.3 Die Ou Testament is negatief hieroor

Tekste soos 2 Kon 17:17, Deut 18:10 ens wys op die feit van mense wat verbrand word as offers aan gode en het niks te doen met verassing nie. Hierdie mense was ook lewendig toe hulle verbrand is.

5.4 Gelowiges en ook Christus is begrawe volgens die Bybel

Die feit dat hulle begrawe is, beteken nie dat mense vandag ook begrawe moet word nie. As dit so moes wees dan moet ons ook bly by die reel dat die liggame eers gebalsem en in doeke toegedraai moet word. 

5.5 Die verband tussen begrawe en die opstanding uit die dood word misken 

Dit is fundamentalisties om so met die Skrif om te gaan. Die opstandingsliggaam is radikaal anders en vereis nie 'n begrafnis nie. 1 Thess 4 :16 wys ook net na opstanding uit die dood wat sal plaasvind en nie spesifiek na 'n graf of plek nie.

5.6 Eerbied vir die dooies ontbreek (skending van die liggaam)

Die eerbied hoef nie afwesig te wees met verassing nie. Die liggaam word in die graf ook geskend. Met verassing is dit net 'n baie vinniger proses.

5.7 Die een is 'n natuurlike en ander 'n onnatuurlike proses

Die feit is dat albei prosesse presies dieselfde resultaat het. Met die een gaan dit net vinniger as met die ander.

5.8 Bybel s dat jy uit stof is en tot stof sal terugkeer.

Die woorde "as" en "stof" word as wisselterme in Hebreeus gebruik en is ten diepste dieselfde ding, vgl Gen 18:27 en Job 30:19.

5.9 Die liggaam is 'n tempel van die Heilige Gees

As 1 Kor 6 dit s, dan verwys dit na seksuele wanpraktyke wat nie deur die mens se liggaam gedoen moet word nie. As 'n mens gesterf het is die liggaam bestem om tot niet te gaan en maak die proses nie regtig saak nie

1. Slotopmerkings

6.1 Ons moet ook eerlik wees deur te erken dat baie mense se lyke nooit gevind is nie, en dat ander verbrand het sonder dat hulle dit self so wou h Ongelukke en die sterf van mense op brandstapels ter wille van hulle geloof, is voorbeelde hiervan. God sal die liggaam en gees weer op sy tyd op sy manier met mekaar verbind. Geen menslike praktyk kan dit ongedaan maak nie.

6.2 Verassing is verkeerd as dit sou gaan om die volgende redes:

6.2.1 As jy mediese bewyse (vergiftiging) wil vernietig (misdaad).

6.2.2 As dit gaan om bygeloof bv soos die Grieke geglo het om die siel los te laat uit die "tronk".

6.2.3 As 'n mens geoffer word.

6.3 Indien iemand te sterwe kom, moet daar teen twee uiterstes gewaak word:

6.3.1 Die vergoddeliking van die dooie wat veronderstel is om weer stof te word. Deur die as in 'n kissie saam te dra is dan net so erg as die bou van 'n piramide met gebalsemde lyke daarin.

6.3.2 Die veragting van stoflike oorskot. Onnadenkende begrafnis of die begeerte om die liggaam deur verassing uit die weg te ruim kom neer op disrespek vir die mens.

Omdat ons deur die jare dooies in 'n twee meter graf begrawe het, is dit nie te s dat dit die enigste aanvaarbare praktyk is nie. Omdat verassing deur die jare aan negatiewe dinge gekoppel is, is dit ook nie te s dat dit vir die Christen verkeerd hoef te wees nie.

Mense mag nie ander veroordeel as hulle anders as jy dink oor hierdie praktyke nie. Dit geld vir mense wat voorstaanders en teenstaanders van verassing is.

Die heel belangrikste is dat as jy sterf jy moet weet dat jy aan Christus behoort en dan maak die wyse van begrafnis nie saak nie.

Wenk: Maak dit vroegtydig bekend aan u familie, wat u wens is of u begrawe of verras moet word. Dit kan baie onenigheid uitskakel.

<><><>

Terug na die hoofblad. Klik HIER