Laat ek jou van Jan-Thomas vertel:

Kom ek begin met n komiese verhaaltjie: Jan-Thomas was seker so drie jaar oud toe ons by ons huidige huis ingetrek het. Ons het net na die trekkery n paar druiwestokkies van vroutjie se boetie gekry. Die Saterdagmiddag het ek en Jan-Thomas gate gegrou en die nodige voorbereidings gedoen en die stokkies geplant en natgemaak. Nou het maande van groei daarvan voorgel. Sy Oupa en Ouma het ook op ons dorp gebly en hy was baie lief om vir hulle te gaan kuier. Na die boomplantdag het hy gevra om vir hulle te gaan kuier. Ek het hom daarheen geneem en met die terugry het ek besef dat ons eintlik n fout met die druiwe gemaak het, want by ons vorige huis het ons n le erf gehad wat nie verkoop was nie en op daardie erf het druiwe gestaan wat ongeveer agt jaar oud was en dit sou beter wees om hulle te plant as die stokkies. Ek het hulle gaan uithaal en die stokkies met die groot stokke vervang. Later die aand het ek hom by Ouma-hulle gaan haal, maar dit was na donker. Ek en hy het die gewoonte gehad om vroeg in die oggend op te staan en op ons landgoed [soos ons dit genoem het] te gaan rondloop. Ons het die Sondagoggend weer vroeg opgestaan en gaan rondstap. Ons erf grens aan die Blesbokspruit en ons het eers daarheen geloop en later by die pas aangeplante druiwe gekom. Ek sien hom nog duidelik toe ons by die druiwe aankom het. Hy het met die handjies in die sye gestaan, op sy voorkop was een groot vraagteken en toe kom die opmerking: Heng Pa, maar hierdie goed het darem gegroei n.

Hy is op 25 Maart 1975 gebore. Ek het altyd ges dat dit maklik is om sy geboortedatum te onthou, want 25 x 3 = 75. Toe hy 5 jaar oud was het iemand vir my vertel dat n ou n rekenaar kan bou van n kit af. Op daardie stadium het ek nie eers geweet wat n rekenaar is nie. Omdat ek baie in elektronika belang gestel het, het ek die kit gekoop en die ding gebou. Hy het nie n hardeskyf gehad nie, maar dit wat as hardeskyf gedien het, was 1k groot. In vandag se terme was dit onbenullig klein. Ek en hy het hierdie PC van ons gedaan gespeel. So klein as wat hy was het hy hierdie speelding van Pa baie gou bemeester, want ek glo dat programmering in sy gene was. Toe hy bietjie groter was het hy klein programmetjies vir die ding begin skryf. Hy was nog in die skool toe ons ons eerste 486 gekoop het. Ons het dit die dag gekoop en daardie aand kon hy al baie op die rekenaar doen. En dit terwyl ek nog nie n idee van die ding se werking gehad het nie. 

Sonder om te spog kan ek s dat hy bogemiddeld intelligent was. Hy het nooit op skool geleer nie, nooit goeie punte gekry nie, maar nooit gedruip nie. Hy het sy vakke op algemene kennis deurgekom. Na matriek het hy vir n jaar in die dag net mooi niks gedoen nie, maar snags geleef. Dit het ons baie ontstel, maar ons kon nie veel daaraan doen nie. Toe gaan hy na die Technikon [om ons tevrede te stel] maar dop van sy vakke, behalwe pool speel. Dit het hy by die Technikon tydig en ontydig gedoen. Hy kon met balle op n snoekertafel goed aanvang wat as onmoontlik beskou is. Hy los die Technikon en gaan werk vir drie jaar by n Pizzaplek. Ek sal nooit weet hoekom hy so lank daar gewerk het nie, want ek het nog altyd gevoel dat hy daar sy tyd gemors het. Hy besluit om deeltyds programmering te swot. Hy het, terwyl hy dit gestudeer het, nooit toets geskryf nie, want die ouens waar hy geswot het, het ges dat dit tydmors is om hom te laat toets skryf, want hy sal vir alles 100% kry. 

Op hierdie stadium moet ek net n opmerking maak oor sy musiektalent. Hy het orrel gespeel en ek kon nooit besluit waar die vingertjies die vinnigste gegaan het nie, op die rekenaar se sleutelbord of wanneer hy agter die orrel ingeskuif het nie. Toe gebeur iets waarvoor ek die onnie seker nooit regtig sal vergewe nie, al leer die Bybel ons dat ons moet vergewe. Die dag in die skool het die onderwyser vir hom gevra om die middag te kom rugby oefen iets waarvoor hy beslis nie aangel was nie. Hy s aan die onnie dat hy nie kan nie, want hy moet die middag na die orrelles gaan, waarop die onderwyser s dat dit net sissies is wat orrel speel. Net daar het Jan-Thomas besluit dat orrelspeel vir sissies is en hy wat Jan-Thomas is, is NIE n sissie nie. Al ons mooipraat en dreig en wat-ook-al kon hom sover kry om weer orrel of enige ander instrument te bespeel nie. Ek dink nie onderwysers besef aldag watter invloed hulle op kinders het nie. 

Ek glo dat in elke mens se lewe gebeur daar die een of ander tyd 'n wonderwerk. So was dit ook met hom. Hy en maat bly in 'n woonstel op die eerste vloer. Die woonstel het 'n balkon en op die balkon staan di besondere dag 'n braaier wat hulle soms gebruik. Hulle besluit op om vleis te braai. Hy het net kouse aan, klim oor die muurtjie, wat die woonstel en die balkon skei, sy voet gly en hy val van die balkon af. Hy tref die harde, geteerde sypaadtjie met die kop eerste. Minute na hy geval het, skakel 'n vriend my en s dat ek gou moet kom en vertel wat gebeur het. Met my aankoms kry ek hom so uit soos 'n kers. Die o is aan die omdop. Die lyf maak sulke snaakse ruk bewegings. Ons wil nie aan hom raak nie, bang dat ons nog meer skade kan aanrig. Ek het in daardie 15 minute wat ons vir die ambulans gewag het, so 'n klompie jaar ouer geword. Hier l jou kind. Jy weet nie of sy rug gebreek is nie. Jy weet nie hoe lank hy nog gaan leef nie. Jy weet nie of hy ooit weer sal kan loop nie. Moet hy dalk die res van sy lewe in 'n rystoel deurbring???? Ek stoei met honderd en tien ander vrae. Om 'n lang storie kort te maak, behalwe harsingsskudding en 'n kopseer wat skrik vir niks, kom hy niks oor nie. Ek sal tot die dag van my dood glo, dat toe hy begin val, het twee engeltjies elkeen 'n voet beetgekry en gerem dat dit 'n naarheid was. 'n Ander engel het op die sypaadjie gaan l, sodat die engel tussen hom en die sypaadtjie was en dat die val so versag is.

Dit daar gelaat. Hy doen aansoek om n pos as programmeerder by Eskom en kry dit. Ek dink hy was in die twintigste hemel met hierdie werk van hom. Hy het ure oortyd gewerk, sonder enige vergoeding. As ek gevra het of hulle hom betaal vir die tyd wat hy gewerk het, was sy antwoord dat hy nie gewerk nie, hy het sy stokperdjie beoefen. Ek wonder altyd waar hy sou eindig as programmeerder as die Liewe Here hom nie kom haal het nie. Ek dink hy sou die top van die hoogste pos kon beklee. Hy het nie lank by Eskom gewerk nie en is toe na 'n ander instansie waar hy net programeering gedoen het. Die salaris wat hy verdien het, sal enige ou hom beny.

Toe kom die 6de dag van Januarie 2001. Hy was die oggend by ons, want sy meisie het die oggend gewerk. Ek wou dat hy my help op die rekenaar, maar sy antwoord was dat ons liewers moes kuier. Ons het na sy dood, met gesprekke van sy vriende, tot die oortuiging gekom dat hy op n manier, al was dit totaal onbewustelik, tog op n manier geweet het dis die einde, want hy het die dag dinge gedoen wat hy normaalweg nie sou doen nie. Hy en sy meisie het byvoorbeeld die Vrydagaand videos uitgeneem en toe sy dit wil begin kyk, het hy ook ges dat hulle liewers moet kuier as om na die videos te kyk. 

Die rampspoedige Saterdagaand was hulle klompie vriende bymekaar. Hulle het altyd gepraat van die speelgroepie. Hy was klein van postuur, maar hy was altyd die ou wat besluit het wat hulle moet doen. Terloops, die speelgroepie het uitmekaar gespat na sy dood. Terwyl hulle die aand bymekaar was, was daar ook iemand wat nie aan die groep behoort het nie. Hy was daar met n motorfiets. Die ou het van die lede van die speelgroepie vir n spin gevat en Jan-Thomas het gedurende die aand die opmerking gemaak dat hy regtig nie lus is om saam met die ou te gaan ry nie. Ons kan nie onthou dat hy ooit op n motorfiets gery het nie, nee, sy groot belangstelling was waterski. Indien jy hom n groot plesier wou verskaf moes jy hom uitnooi om te gaan waterski. Ek wonder hoeveel ure het ek en hy saam op die water gewees met ons boot. Dan was hy aan die stuur en dan weer ek. 

Terug na die aand van sy dood. Terwyl hulle gesit en eet het, het hy skielik opgestaan en ges dat hy ook wil gaan vir n spin. Die ander het hom gevra hoekom hy wil gaan, omdat hy net minute tevore ges het dat hy nie belangstel nie. Hy het geantwoord dat hy sommer lus is om te gaan. Hulle is op die motorfiets en het uit die dorp gery met n pad wat hulle weer terug in die dorp sou neem. Op die pad is n redelike lang stuk reguit pad, dan n effens draai en dan is jy by die indraai na die dorp. Van waar hulle begin ry het tot by die ongelukstoneel is sekerlik nie verder as drie kilos nie. Op die stukkie reguit pad het die ou van die motorfiets voet in die hoek gesit. Iets het verkeerd geloop, want by die effense draai het hulle teen die staalreling vasgejaag. Die motorfiets se spoedmeter het op 210 kilos vasgeslaan. Hy was op slag dood, daaraan twyfel ons vir geen oomblik nie. Ons het later die afstand gaan meet en hy het omtrent 13 meter deur die lug getrek voor hy die grond getref het. Ons is oortuig dat hy dood was voor hy die grond getref het, maar ons is verder oortuig dat Jesus sy siel gevang het voor die liggaam die grond. Die ander ou het met n paar skrapies opgestaan en geloop. 

Die nooddiensmanne was so by 9.30 nm by ons. Toe ek die voordeur vir hulle oopmaak het ek dadelik geweet dat daar groot fout is met een van ons kinders. Ek sal hierdie gebeure nie vir my grootste vyand toewens nie. Na die dood het ons letterlik honderde E-posse ontvang en ons huis het gelyk soos n blommewinkel. Die baie E-posse, omdat ek die groot adreslys het en die baie blomme, omdat hy vir drie jaar by die Pizzaplek gewerk het en die hele dorp hom geken het. Ek het dit nie gesien nie, maar van die begrafnisgangers het later ges dat hulle groot jongmans gesien het wat tydens die begrafnis gesit en huil het. 

Na die begrafnis het n paar kostelike dinge gebeur, waarvan ek net een wil vertel. Ek en vroutjie gaan loop elke oggend so n paar bokke om. n Paar weke na sy dood, (14 Februarie) stop daar n kar by ons en die ou in die kar s dat hy ons gou wil kom sien, want ons moet asseblief vir hom om 2 nm. n guns doen. Hy ry toe verder en ons loop en wonder watter guns doen jy vir n ander ou [wat ons nie eers geken het nie] en wat met 2 nm. te doen het.  n Rukkie later toe is hy by ons huis en s dat hy en sy geskeide vrou weer die middag om 2 nm. gaan trou en of ons nie asseblief as getuies sal kom teken nie. Ons s toe dat ons dit sal doen, maar hoekom ons, want ons ken mekaar nie eers nie. Toe vertel hy dat Jan-Thomas vir hulle hy en sy geskeide vrou -  die dag van Jan-Thomas se dood in die dorp raakgeloop het en vir hulle ges dat hulle weer moet trou want hulle hoort by mekaar. Op grond daarvan het hulle weer getrou. Die paartjie het n jaar of wat na die tweede troue, naby ons in n huis ingetrek en hulle is ewe gelukkig getroud. 

Ek wil tog nog n staaltjie vertel: Ongeveer n maand na sy dood was die speelgroepie weer bymekaar. Dis was laat in die aand [ongeveer 11nm] toe een van die lede voorgestel het, dat hulle vir Jan-Thomas moet gaan kuier. Hulle is in n paar voertuie na die begraafplaas en het rondom die graf gaan sit. Een van die karre het n lekker klankstel gehad en hulle het CDs gespeel en saam gesing. Soos ons die jongklomp ken, was die klankstel nie op die laagste volume gestel nie. Na hulle n rukkie so gesing het, het een van hulle n bottel wyn uit sy voertuig gaan haal, dit oopgemaak en almal het n slukkie saam met Jan-Thomas gedrink. Terwyl ek hierdie stukkie getik het, het die hartseer oorgeneem en kon ek nie meer die sleutelbord sien nie, want die trane het geloop. Aan die einde van sy begrafnisbrief het ons die volgende paragraaf geplaas:

Laastens wil ons vir Henry v Rensburg wat die motorfiets bestuur het,  s dat
ons hom nie verkwalik nie. Jesus het op Saterdagaand 6.1.2001 naby Retiefstraat tussen die gras, met Jan-Thomas n afspraak gehad om hom te kom haal en geen persoon op planeet aarde kon daardie afspraak kanselleer nie.

Ek is oortuig dat indien ons vandag vir hom die keuse sou kon gee of hy weer aarde toe wil terugkom, sy antwoord n definitiewe NEE sou wees.

Na sy dood het ons deur ons geselsbrief 'n Bybelfonds in sy naam begin. Ons het die mooi bedrag van R13500 ingesamel. Ons is oortuig dat daar in ons land mense rondloop wat kinders van Jesus geword het, omdat hulle die Versoeningsboodskap gekry het in een van die Bybels wat ons in Jan-Thomas se naam kon koop en versprei. So het sy dood vir ander die LEWE verduidelik. As sy dood vir ander die LEWE beteken het, dan was sy dood die moeite werd.

 

  

 

VERVOLG:

 

Kort na sy dood het ons 'n speurder in die dorp raakgeloop. Die persoon praat toe met ons oor 'n moontlike hofsaak oor strafbaremanslag. Ons het ges dat ons verkies dat daar nie so 'n hofsaak  sou wees nie, want GEEN hofsaak sou hom kon terug bring nie. Op 26.7.2002 kry ons 'n brief van die staat waarin ons meegedeel word dat daar op 15 Augustus 2002 wel 'n hofsaak sal plaasvind. Ons kon dit bywoon, of indien ons sou verkies, dit nie bywoon nie. Ek het vir my huismense ges dat elkeen self moet besluit oor die bywoning daarvan. Sy sussie het daarteen besluit en ons het haar besluit gerespekteer. Ek en vroutjie het dit bygewoon. Dis was nie baie lekker nie, maar ek sou my nie vergewe het as ek nie daar was nie, want ek het gevoel dat wat hom aangaan ook vir my, as Pa, aangaan.  Terwyl ons gewag het vir die sak om voor te kom, het ek, vroutjie en Henry saam op 'n bank gesit en wag. Ons het lekker met hom gesels en grappies gemaak, MAAR hom ook moed ingepraat vir die saak, want ons kon sien dat hy baie op sy senuwees was. Die saak is aangehoor en uitgestel na 15 Oktober 2002.

Laat ek jou vertel van Henry:

Ons het vir Henry verskeie kere in die dorp raakgeloop, want hulle bly net so 6 kilo's van ons af. Wanneer ons hom gesien het, dan het ons altyd met hom gesels en na sy welstand verneem. Hy bly by sy Pa in 'n buitekamer. [Sy Ma is oorlede]. Die jongklomp hou mos daarvan om vry en onafhanklik te wees, dus is die buitekamer vir hom 'n fees. Dis Maandagnag die 2de September 2002. Amper 19 maande na hulle die ongeluk gehad het. Daar is 'n klop aan sy kamervenster. Hy staan op en maak die venster oop, maar kyk in die loop van 'n .22 rewolwer vas. Op daardie oomblik wil een van sy huismense water in die kombuis gaan drink en skakel die lig in die kombuis aan. Met dat die lig aangeskakel word, trek die moordenaar die sneller en Henry sterf op slag. Die persoon wat die water gaan haal het hoor die dowwe klapgeluid en gaan roep Henry se Pa om te kom kyk wat buite aangaan. Hy kry sy seun se lyk in die kamer. Die vermoede bestaan dat die moordenaar geskrik het toe die lig aangeskakel is. Daar is niks gesteel nie, dus moet verder aangeneem word dat die persoon daarop uit was om hom te skiet. Hierdie gebeure was nie net vir sy familie traumaties nie, maar het by ons weer ou wonde oopgeruk. Ons betuig hiermee ons innige simpatie met sy huismense!

+++++++++++++

 

Ons sal vir Jan-Thomas mis, maar ons gun hom die heerlikheid van die Hemel en dank die Liewe Here vir die tyd wat Hy hom vir ons geleen het.

 

Danie, Ria en Risa.

<><><>

Terug na die hoofblad. Klik HIER