SMSblad.

Indien jy vir iemand 'n SMS moet stuur, hier is BAIE om van te kies. Net eers twee opmerkings: 

1] Ons gee in ons geselsbrief die eerste reël van 'n SMS en nooi lesers dan uit om 'n SMS daarmee te maak, daarom sal jy merk dat sommige SMSe almal met dieselfde sin begin.

2] Ons plaas nuwe SMSe wat ontvang word, aan die begin van hierdie blad, sodat jy nie deur almal hoef te gaan, om te sien watter nuut is nie, dis nou indien jy elke dag vir hierdie blad kom kuier.


                                                        +++++++++++++


Baas Piet vra: Philemon, jy doen alles altyd stadig. Jy loop stadig, jy werk stadig, is daar iets wat jy vinnig kan doen? Yevo baas, ekka word vinag moeg!

Liewe Jesis stier U engelkies om my maaikie op te pas. Gee vir ha 'n soenkie van u liefde en was ha harkie silweskoon. Sy moet net self agter ha ole was. Amen

Jy's my koei se moo. My burger van spur. My kitty se fur. Die gas in my coke. Die smile in 'n joke. Die golfbaan se 18de gaaikie &. 1 bleddie oulike maaikie!

Jy is my koekies by my tee, die sout in my sop, die stroop in my koeksister en die coke in my dop. Jy is onmisbaar vir my.

Lesers moes 'n SMS maak wat begin het met: My liewe nig Fransie ..........

My Liewe Nig Fransie is altyd in 'n transie, sy vat soms 'n kansie want sy hou van 'n Dansie.

My liewe nig Fransie, ek is wel op 'n distansie, maar selfs dit laat verloor nie my liefde se glansie!

My liewe nig Fransie ek vat gou 'n blaaskansie net om jou te laat weet dat hierdie nig jou nou sal vergeet

My liewe nig Fransie, Gee my nog net een kansie, Kom ons doen weer ons lekker ou dansie!!Jy weet

My liewe nig Fransie, ek gryp hierdie kansie om jou te vertel ek kan nie "bel".

7vm eet ek nie, ek dink aan jou. 1 uur eet ek nie, ek dink aan jou. Saans eet ek nie, ek dink aan jou.  Snags kan ek nie slaap nie want ek is vrek honger!

Mag die feetjies jou trane afvee as jy hartseer is en die engeltjies met jou wees as jy gaan slaap en mag die duiwel op jou kop mors as jy my ooit vergeet.

'n Sel is 'n vorm van kommunikasie, 'n soen van gevoel, 'n foto van herinneringe. Om my as vriend te hê is 'n vorm van goeie smaak!
 
Tak hak tiekerie twak vat vat wiekerie wat nat nat spiekerie spat spat ja ja jiekerie jak klop klop kierie dak .... o hoe hou ek jou besig met twak.
 
'n Verskietende ster het op aarde geval en my gevra wat wil ek hê; 'n miljoen rand of 'n ware vriend. Ek moes die miljoen rand vat want ek het jou alreeds!
 
Jy is aantreklik, fantasties, intelligent, vriendelik, oulik, bedagsaam en mooi. Inteendeel jy begin elke dag al hoe meer soos ek raak.

Vandag se SMS moes begin met - Haai jou lekker ou ding .........

Haai jou lekker ou ding, jy maak my hart (tjie) sommer sing!

Haai jou lekker ou ding, jy maak my hart sing en ook bokspring, want jy bly my eie ou lekker ding.

Haai jou lekker ou ding, oor jou wil ek net heeldag sing omdat jy vir my soveel vreugde bring!

Haai jou lekker ou ding, jy laat my asem jaag en my hartkamers se vensters tingeling.

Haai jou lekker ou ding, jy laat my hart sommer "bolamakiesie" bokspring.

Magi bykies vendag vi jo jining ge as jy ga eet* magi engilkies jo kielie as jo harkie ser is* en magi foolkies vi jo jeeldag likies sing tiwyl jy werk...!

Ek stuur hierdie SMS vir jou sel, wens alles is wel, niks om jou oor te kwel, ,jy bly my beste maat ou pel

God was gister by jou, vandag sal Hy vir jou sorg en moet nie bekommerd wees oor more nie, want Hy is alreeds daar

Jy is die soet in my suiker, die son in my duister. Maar ook die sout in my sop en die skop in my dop. Jy is my Blou Bul meisie en jy dryf my van my wysie

Ek stuur hierdie SMS vir jou sel want ek kan dit nie langer hou; ek moet jou vertel ek is baie lief vir jou, al sien jy my net as 'n pel.

Jy issie veters imy tekkie, di kleur vamy reenboog, die asem vamy longe, die streepe vamy tannepasta, die leeu oppie vierhoutjieboks, jy is my alles...

Vandag wil ek vir jou een rooi roos uithou dat jy moet weet ek sal jou nooit vergeet!

sms jy my dan sms ek jou gou net om te se ek hou van jou

soek jy die sleutel om op 'n lekke hoog te gaan... druk net die # (hash key)

*ster in my nag $geld in my sak ^hoogtepunt v my lewe +middelpunt v my hart @jou is ek gelukkig!

Jou plakker se; in die hemel gemaak, 100% engel, slegs handwas, hanteer versigtig- breekbaar, koue-yster moenie vlerkies brand nie, unieke eenmalige uitgawe!

Ek stuur hierdie SMS vir jou sel ...................

Ek stuur hierdie sms vir jou sel, Sodat jy my kan bel Ek mis jou my pêl  Dis ‘n langafstand en hel!.

Ek stuur hierdie sms vir jou sel want jy moet my bel!

Ek stuur hierdie SMS vir jou sel, want dit is te duur om te bel. Ek wil net sê jy is vir altyd my pêl al bly jy ook in Hotazhel.

Ek stuur hierdie SMS vir jou sel, want dis nou onmoontlik om te bel. Ek wil jou net vertel: Jy's my hart se pel.

Ek stuur hierdie SMS vir jou sel want dit is goekooper as om te bel.

Ek stuur hierdie SMS vir jou sel Jy weet ek gaan deur hel Vir jou sal ek altyd lief hê sonder SMS'e is dit maar pê!

Ek stuur hierdie sms vir jou sel, jy is my pel. Ons kan lag dat dit gons, as ek kon sou ek jou laat brons. Natuurlik het ons dieselfde van , want jy is my man.

Ek stuur hierdie SMS vir jou sel, Ek het nie eintlik geld om te bel. Ek wil jou maar net laat weet, Jy is my beste Pel!

Ek vra God n bietjie water, Hy gee my n fontein! Ek vra God n stukkie brood,Hy gee my n bakkery! Ek vra God vir n vriend,Hy geem my Jou!

Soen my die wang,ander wang,dankie lekker slaap.

Jy's my Blackdog hondjie, my straathoek smous, my Katolieke Pous, my tuin instrument, my chloorelement, my huisgenoot blaadjie, en vir altyd my maatjie!

 

Jy is soos die sous oor my pap ......................

Jy is soos die sous oor my pap, nie so onvervangbaar nie, maar so dik.

Jy is soos die sous oor my pap, ek kan nie daarsonder nie.

Jy is soos die sous oor my pap, net so slap.

Jy is soos die sous oor my pap. Die druif in my wyn. Die sand op die stand. My blom in die son. Sonder jou is ek verlore want, ons is vir mekaar beskore.

Jy is soos die sous oor my pap. Jy is die skuim op my bier. Soos 'n lemoen sonder sap. So is ek sonder jou, my dier.

Jy is soos die sous oor my pap - ek en jy - 'n lekker brousel!

Jy's soos die sous oor my pap, die huppel in my stap, die vrugte in my sap en die punchline in my grap. Ja, dis waarlik jy wat elke dag my hart laat klap.

Jy is soos die sous oor my pap. Die huppel in my stap, sonder jou kan ek nie bestaan nie.

"dIE fIEKIE vAN GiLiK, LiEfDe & RyKdOm SaL kOm eN aMaL oPpiE kOp TiK WaT dIT nOriG hEt......eK hOoP sY sLaT jOu LaAiTs OuT!!"

Daar is: 101 Dalmations, 24 uur in 'n dag, 15 rugbyspelers, 12 dissipels, 9 planete, 7 wonders van die werels, 3 muskiteers, ma net 1 (sus, broer, vriend, ens) soos jy!!

jy's die striki op my das, die spring in my mitras, jy's die NOKIA op my foon, die cutex op my toon, jy's die golfbaan se gaaiki, jy's een stunning maaiki!

Groente-vrugte versie: jy is Sy oog-appel, jou kersie brand vir Hom. Jy is Sy uie. Hy is jou pappa-ja. Moet jou nie komkommer nie. Sing jou lichie vir die HEER. Dit voel nettie reg

'EenMaal 'n JaAR KOm diE FieKie van gilik en liefDe en tik almal oppie kop wat dit norig het. Ek hoop sy slat jo laaits out in 2000 in three!'

Eenmaal 'n jaar kom die fiekie van gilik en liefde en tik almal oppie kop wat dit norag het, ek hoop sy slat jou laaits out.

Ek sal jou nie viryl vir allie tjoklits innie wereld nie, nie vir allie gelt of allie perils nie. Want in my hart onner my baaikie, is jy my maaikie!

Gebed van 'n vrou: Vader gee my asseblief geduld om my man te hanteer. Net nie die krag nie anders maak ek hom dood!

Liewe Hiesis, dankie vi roomhys, dankie vi kos en dankie vi my selvoon solat ek virrie beste Matjie innie werelt kan sms. Hamen!

Ek weet nie hoe om dit te sê nie en ek wil jou nie seermaak nie. Ek wil ook nie dat jy dit van iemand anders hoor nie, maar "DIE DRANK PRYS IS OP!!!"

En ek hoop ek hoop ek hoop om enetjie terug te kan kry. En ek wil ek wil ek wil gou weer my nommer vir jou gee

Gekersde senuwees en 'n voorjarige nuwespoed! Ons dronk 'n heildrank op julle en shtuur veste bense!

Gesoek: 'n Betroubare vriend. Hoef nie sterk, mooi, slim of ryk tewees nie. Moet hard kan drink & so af en toe 'n paar taai klappe kan vat. Toe wat se jy?

GOD se oor is vandag oor jou, SY hand is onder jou, SY GEES en VREDE is binne jou, SY LIEFDE en ENGELE is rondom jou - wie aan jou raak, raak aan SY oogappel.

Liewe JESUS dat bo - ek dink U moet weet U't 'n engel hi onner op aarde vergeet! Ma moeni wori, sys veilig by mek - eksal ha oppas - totdat U ons kom kry

Liewe JESUS Dankie vi roomyus, dankie vir kos en dankie vi my selfoon sodat ek vir my maatjies kan sms. AMEN

Vandag gee ek jou 'n bos vars GENADE toegedraai met VREDE en gestrik met lint van VREUGDE, JESUS SAL DIT AFLEWER! Hou dit in lewende water in 'n hart vol liefde.

Hulle het die fabriek ontdek waar vroue gemaak word ---Fatties & Mounies!

Hy sê JA en gee jou wat jy wil hê. Hy sê NEE en gee jou iets beter. Hy sê WAG en gee jou die beste op sy tyd.

Indien ek jou nie sms nie beteken dit nie dat ek jou vergeet het nie, ek gee jou net tyd om my te mis!.

Ek sal jou nie viryl vir allie tjoklits innie wêreld nie, nie vir allie gelt of allie pêrils nie. Want in my hart onder my baatjie, is jy .... my maaikie!

Sonder humor is die lewe droog. Sonder wilskrag is die lewe hard. Sonder liefde is die lewe hopeloos. Maar sonder vriende soos jy is die lewe onmoontlik.

As om oulik te wees tyd was, was jy 'n leeftyd, maar as dit 'n kriminele oortreding was om my beste vriend te wees, sou jy lewenslank tronkstraf moes kry.

Jou vriendskap laat my dink aan die 3 Beertjies.Nie dat jy 'n pels het of na vis ruik nie maar jy is soos Baba Beertjie se pap.........net reg.

Jy is my sonskyn, my bottel rooiwyn, my sigaret stompie, my asmapompie, my boksie matches, my nikotien patches, ek's altyd aan jou sy - sal jy my maatjie bly.

Jy's di spiced gold in my kas en di seep waarmee ek was, jy's di handdoek om my lyf en di moves wanneer ek rave, jy's di Camels in my baadjie en 'n spif maatjie.

Jy's di striki op my das, di spring in my mitras. Jy's die NOKIA op my foon, di Cutex op my toon. Jy's di golfbaan se gaaikie, jy's 'n stunning maaikie! Dink aan jou!

jy's die strikki op my das,die spring in my mitras, jy's die gesiggie op my foon,die arbei vir die room, jy's die golfbaan se gaaiki, jy's 1 lekker maaiki!

Jy's dis striki op my das, di spring in my mitras, jy's die NOKIA op my foon, di Cutex op my toon, jy's my WONDERBRA, en 'n baie stunning ma !

Jy's my glimlagspier my linkernier, my soetpatat my kar se rat, die huppel in my stap die suiker op my pap, my sel se sein en jou vriendskap is my goudmyn!!!

Mag dit vir jou 'n hop-skop, vinger-klop, hart-pop, asemrowende, skril skreeuende, punt-innie-wind, bevange, sonskyn giggel geel fantastiese week wees!

Mag dit vir jou 'n hop-skop vingerklop, hart-pop asemrowende, skril skreeuende punt-innie-wind, bevange, sonskyn giggel geel fantastiese dag wees!.

Magi 4vligis vanaand vi jo lig as jy ga pipi*mag di engelkies wegkryperkie op jo bed speel*en mag Jesus jo heeland in sy groot sterk arms hou tirwyl jy slaap.

MAGI 4VLIGIS VANAND VI JO LIG AS JY GA PIPI MAG DI ENGELKIES 

Magi 4vligis vanand vi jo lig as jy gan pipi, magi engilkies wegkryperkie op jo bet speel en mag JESUS jo jeelant in Sy groot sterk arims hou tirwyl jy slaap!

'N GOEIE VRIEND IS SOOS 'N PEREL: WORD IN DIEP WATERS UITGEDUIK. HAK PLEKKIES WORD MET LIEFDE VERWYDER, DAN SPOG JY BY VRIENDE EN IS BANG HY WORD GESTEEL.

Ooooo jy is oulik en so dierbaar vir my! Sonder jou smse issit sleg… Stuur 'n sms en ek stuur vir jou twee

Vader gee my wysheid om my man te verstaan, liefde om hom te vergewe, geduld vir sy moods, maar asb. nie krag nie want dan slaan ek hom dood.

VANDAG GEE EK JOU 'N BOS VARS GENADE. TOEGEDRAAI MET VREDE & GESTRIK MET LINT VAN VREUGDE! JESUS SAL DIT AFLEWER. HOU DIT IN LEWENDE WATER & GEE VOLOP LIEFDE!

VANDAG GEE EK JOU ñ BOS VARS GENADE TOEGEDRAAI MET VREDE EN GESTRIK MET LINT VAN VREUGDE. JESUS SAL DIT AFLEWER!LEKKER VERJAAR! 

Wanneer is 'n man die gelukkigste? As sy dogter op die voorblad van Cosmo is, sy seun op Topsport, sy skelm op Loslyf en sy vrou op "missing persons"!

Eenmaal 'n jaar kom die fiekie van gilik en liefde om, en tik almal oppie kop wat dit norig het .... ek hoop sy slat jou sommer laaits out!

WEGKRUIPERKIE OP JO BED SPEEL EN MAG JESUS JO HEELAND IN SY GROOT STERK ARMS HOU TERWYL JY SLAAP.

Wil jy kommerloos vakansie hou. Vertoon ou landsvlag en vierkleur voor jou huis vir twee weke voor jy op vakansie gaan. Gaan dan. SAPS, Skerpioene en SI sal jou huis dophou tot jy terugkom. (Ek dink hy is bietjie lank, maar 'n ou kan seker aan hom skaaf - Danie)

Ek pluk vandag arms vol blomme, strik dit met 'n lint skoenlappers en stuur dit in die bekkies van swaeltjies om jou dag met kleur, liefde & vreugde te vul!

Die lewe is jou verfdoek, geloof jou kwas, God se Woord jou inspirasie, en jy my liewe gebedsmaat, is Sy meesterstuk.

+++++++++++++++++

NB. Indien jy 'n SMS het wat nie in ons lys is nie, stuur dit asseblief aan my by D@nie.co.za.  Ons soek net Afrikaanse SMSe.