Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers 
van ons gereelde geselsbrief - Begin jou dag 'n slag met 'n lag.

Baie dankie aan Emily Kruger wat help met die resepte!

Om in te skryf om die geselsbrief gereeld te ontvang, 
stuur net jou E-pos adres aan D@nie.co.za.

Gaan na Resepte Index

INHOUDSOPGAWE
Kliek eenkeer op die naam van die resep en die resep sal verskyn:

Aarbei-Kaastert | Anchor Kitsgis Beskuit | Appelkoos Kaaskoekies | Aspersie Quiche | Biltong Potjie | Blikkiessop | Braaivleis Mielietert | Bruinpoeding | Bruinrysslaai | Butternutsop | Cremora Tert | Ertjieslaai | Gebakte Kool | Gebakte Piesangs | Gebakte Stokvis Siciliaans | Griekse Pons | Groentegereg | Groenteskottel | Hoender A La Maroela | Hoender Marengo | Hoenderlewer Peri-Peri | Hoenderlewerpatee | Hollandse Vetkoeke | Joghurt-Tert/Poeding | Jogurttert | Kaaskoek Tipe–Tert | Kaas-Patee | Kamma Kreef Voorgereg | Karringmelk Poeding | Kerspons | Kinderkulslaai | Kits Tuna-Tert | Klapperys | Klei vir Kinders | Knarsbeskuit | Knoffelbotter | Knoffel-Kaasbroodjie | Koejawelpoeding | Krakerige Kaasslaai | Kaassmeer | Maklike Souttert | Mayonnaise | Mieliegereg | Min Moeite Pasta | Mosterdsous | Muesli | Murgpampoentjies | Neute Lekkers | Nutty Wonders | Outydse Konfytkoekies | Pampoenkoekies | Pannekoek | Patats | Pepperminttert | Pretoriahoender | Pynappel/Suurlemoen Tert | Pynappelbier | Sampioen-en-Feta Sop | Sjokolade/Mellow Crispies | Sjokoladeblokkies | Sjokoladekoek | Sjokoladekoekresep | Skaapafval | Slaai | Slaai/Nagereg | Smulstafies | Soet Kondensmelk | Soetpatats | Soet-Suur Gemengde Groenteslaai | Soetsuur-Doopsous | Souskluitjies | Suurlemoentert | Tamatie-en-Wortelsop | Tortilla | Uiesopbroodjie | Varkkotelette | Vinnige Gemmerbier | Vinnige Tuna Tert | Vis-En-Groenbonegereg | Visreseppie | Visvoorgereg | Vrugtedrank | Warm Aartappelslaai | Warm Knoffelsop | Worsie En Kaas Rol


AARBEI-KAASTERT

1 pakkie Tennis Beskuitjies (fyngerol en met 100g margarien of botter gemeng).
Druk vas in tertbak en mikrogolf vir 1 minuut en 30 sekondes op hoog. Laat afkoel.

1 blikkie kondensmelk
60 ml suurlemoensap (ek proe maar na so 40 ml of dit nog nie reg is nie, want soms is die suurlemoene bietjie te suur na my smaak)
250 ml vars room
1 bakkie plein fyn maaskaas (NIE die korrelrige nie)
1 bakkie aarbeie (VARS) ( dis die klein houertjies)
25 ml gelatien opgelos in 1 koppie water, sodra dit helder word mikrogolf op hoog vir 30 sekondes. Koel af.
1 pakkie aarbei- OF rooi jellie aangemaak met 200ml kookwater en dan nog 200 ml koue water bygevoeg. Laat afkoel.
(NB. Maak die jellie eerste aan sodat dit kan afkoel. Die gelatien moet ook afkoel.)
Sny sowat driekwart van die aarbeie in stukkies. Ek sny dit gewoonlik in so agt tot tien stukkies per aarbei. Die res sny ek in WAAIERTJIES vir versiering.

1. Meng die maaskaas, kondensmelk, room, afgekoelde gelatien-vloeistof. Voeg die suurlemoensap laaste by. Roer die stukkies aarbei liggies in.
2. Gooi die kaasmengsel nou oor die afgekoelde kors.
3. Versier bo-op met die res van die aarbeie.
4. Gooi nou liggies die rooi jellie bo-oor. Laat set in die yskas.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

KLAPPERYS

Vinnig en maklik.
390 g blik Kondensmelk
500 g pak versiersuiker
400 g (5 x 250 ml) klapper
5 ml vanilla geursel
Pienk voedsel kleursel

1. Meng eerste 4 bestanddele goed saam (Mengsel sal baie styf wees).
2. Deel mengsel in twee en meng in een mengsel die voedselkleursel. Skep eers die wit mengsel in 'n gesmeerde bakplaat en maak mooi gelyk - druk effens vas. Skep dan die pienk mengsel bo-op die wit mengsel en maak ook gelyk - druk ook effens vas.
3. Plaas in yskas om te stol. Sny in klein blokkies en bêre in lugdigte houer.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

WORSIE EN KAAS ROL

Kors:
500 ml koekmeelblom
20 ml bakpoeier
2 ml sout
125 g botter of margarien
150 ml melk

Vulsel:
250 g Weense worsies grof gerasper
500 ml gerasperde kaas
50 ml botter of margarien
1 uitjie fyn gekap
7 ml worcestersous
7 ml aangemaakte mosterd
1 eiergeel en 25 ml melk saam geklits
vars gekapte pietersielie en ander kruie

1. Verhit die oond tot 200c. Smeer 'n bakplaat.
2. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter liggies met die vingertoppe in die meelmengsel in tot goed gemeng.
3. Sny die melk met 'n slaplemmes in die meelmengsel in terwyl dit geleidelik in 'n straaltjie bygevoeg word; 'n taamlike stywe deeg moet ontstaan. Rol die deeg op 'n meelbestrooide deegplank uit in 'n reghoek van 35x27 cm.
4. Meng die weense worsies, kaas, botter, uitjie, worcestersous en mosterd goed saam. Smeer die mengsel ewe dik oor die deeg.
5. Rol dit soos 'n rolkoek van een kort sy af met die vulsel tussenin.
6. Plaas die rol op die bakplaat. Sny die rol in dunnerige skywe met 'n skerp mes, maar moenie die rol tot onder deur sny nie, die boom moet heel bly. Trek die skywe effens uitmekaar. Verf eiermelk bo-oor.
7. Bak die rol 20 minute tot ligbruin en gaar en sprinkel dan die kruie.

Terug na begin

+++++++++++++++++++++++

UIESOPBROODJIE (nie nodig om te laat rys nie)

500 gram "self raising flour"
500 ml karringmelk
1 pakkie wit uie sop
1 koppie gerasperde kaas

Meng alles saam, sit in pannetjie en bak in oond vir 1 uur by 180º.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

'n lekker resep vir die vakansie:

KNARSBESKUIT (Louise)

5 Kop. Nutty Wheat
5 Kop. Bruismeel
½ Kop. Suiker
3 eetlepels Bakpoeier
500 gm. Margarine (gesmelt)
2 tot 3 Kop. Karringmelk
sout

1. Meng alles saam, laaste karringmelk
2. Sit in groot oondpan, bak ongeveer 3/4 uur teen 140 grade C.
3. Sny in vingers, droog in koel oond .

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

NEUTE LEKKERS

150 g sjokolade blok
100 g neute - gekap (pekaneute)
ekstra: 50 g wit sjokolade
Smelt sjokolade en meng neute by.
Skep teelepels vol op 'n gesmeerde bakplaat en laat stol.
Smelt wit sjokolade en drup oor neute/sjokolade vir versiering.
Bêre in lugdigte houer.
WENK: Amandelneute, grondbone en sultanas asook Cashewneute kan gebruik word. Kap die neute in 'n voedsel verwerker maar pas op vir te fyn.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

SOETPATATRESEP

3 groot patats (geskil en in dik skywe gesny)
3 x eetlepels botter
½ koppie suiker
½ koppie melk
½ koppie water
½ teelepel sout
½ teelepel koeksoda
2 teelepels suurlemoensap

1. Roerbraai botter en suiker tot karamel. Voeg melk, water, sout, kremetart en suurlemoensap by (roer deur en oppas dat die mengsel nie oorkook nie).
2. Sit skywe patats in die sous en sit die deksel van die kastrol op. Draai plaat laag en laat patats kook tot sag, maar steeds souserig. Bedien saam met kerrievleis of hoender en natuurlik saam met snoek is dit heerlik!

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

KNOFFEL-KAASBROODJIE    (Marelize)

500 g Bruismeel
500 ml Karringmelk (1 boksie)
1.5 koppies Gerasperde kaas (Cheddar werk die beste)
1 teelepel Marjolein
1 teelepel Knoffelvlokkies (2e teelepel opsioneel vir 'n sterker knoffel)
2 eiers

1. Meng al die bestanddele goed saam.
2. Gooi in 'n gesmeerde broodpan, strooi 'n bietjie van die gerasperde kaas oor en bak in voorverhitte oond teen 180°C vir 1 uur.
Variasie: Vervang Kaas, knoffel, marjolein en karringmelk met 500 ml Muesli-gegeurde jogurt.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

KITS TUNA-TERT

Smeer 'n oondvaste tertbord met botter/olie.
Pluis 'n blikkie Tuna-vis (225g)
1. Meng ongeveer 'n halwe koppie gerasperde kaas en een gekapte, gesoteerde ui daarby. (Wenk: Jong uie/ "Spring onions" gekap met lowwe en al, is lekker.)
2. Klits saam: 2 eiers, 25 ml koekmeel, 'n halwe teelepel bakpoeier, 'n knippie sout en 200 ml melk.
3. Giet hierdie mengsel bo-oor en strooi 'n bietjie gekapte pietersielie daaroor.
4. Bak in oond tot gaar ( teen 180 grade Celsius vir 30 minute)
5. Bedien warm met vars brood en 'n mengelslaai van blaarslaai, komkommer, pynappel, ens.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

PYNAPPELBIER

Een van ons lesers het verlede week vir my gevra hoe 'n ou pynappelbier maak. Vroutjie is nogal lief om dit te maak - en ons om dit te drink - en hier is haar resep:

Ek neem gewoonlik sommer die skil van een pynappel en gooi so 3 liter warm water daaroor. Dan versoet ek dit na smaak. Ek maak dit gewoonlik taamlik soet, want dit is soos ons daarvan hou. Jy proe maar tot dit soet genoeg is. So kan jy dan bepaal wat die hoeveelheid suiker gaan wees wat jy gaan byvoeg. Dan laat 'n mens dit gewoonlik vir sowat 3 dae staan sodat dit nou kan gis. Ek versnel die proses gewoonlik deur so 'n halfteelepel kitsgis oor te strooi. Dan is dit sommer binne 'n dag gereed om te drink. Gooi dit dan af van die skille, plaas in yskas om koud te word, en drink dit en geniet dit!!!

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

GEBAKTE STOKVIS SICILIAANS

Kooktyd: 25 - 30 minute
Temperatuur: 190°C of 375°
4 porsies 600 - 700g stokvisfilette
2 eetl olyfolie
1 groot ui (fyn gekap)
1 stingel seldery (fyn gekap)
4 ryp tamaties, geskil en in vier verdeel
6 eetl medium-droë witwyn
2 eetl water
12 groen olywe (ontpit en fyn gekap)
1 eetl kappertjiesaad
1 eetl gekapte, vars pietersielie
sout, peper en suiker

1. Vee die vis af, sny in porsies en rangskik in 'n vlak, gebotterde vuurvaste bak.
2. Verhit olie en braai ui en seldery oor lae hitte tot sag, maar ongekleur (ongeveer 5 minute).
3. Ontpit tamaties en kap fyn. Voeg dit in die bak by die wyn en water. Geur met sout, peper en suiker.
4. Roer totdat dit kook en laat prut vir 5 minute. Voeg olywe en kappertjiesaad by en gooi dit oor die vis.
5. Bak in die middel van `n voorafverhitte oond en bedruip af en toe. Sprinkel pietersielie daaroor en dien dit warm op in dieselfde bak.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

'n Baie lekker resep saam met braaivleis.

BRAAIVLEIS MIELIETERT

2 blikke room suikermielies
60 ml koekmeelblom
15 ml bakpoeier
60 ml suiker
4 eiers
30 ml gesmelte botter/margarien
1. Meng droë bestanddele saam. Voeg die res by en meng.
2. Gooi mengsel in gesmeerde bak. Bak 1 uur of tot goudbruin in oond (180C)

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

SOUSKLUITJIES    (Antoinette)

Kluitjies
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2 ml sout
50 ml margarien/botter
1 eier
100 ml melk

Sous
500 ml kookwater
25 ml margarien/botter
kaneelsuiker

1. Sif droë bestanddele saam.
2. Vryf 50 ml margarien in tot mengsel soos broodkrummels lyk.
3. Klits eier en melk saam, roer by meelmengsel in en meng tot 'n sagte deeg. Voeg nog melk by indien nodig.
4. Verhit water en 25 ml margarien tot kookpunt. Skep lepelsvol deeg in kokende water. Sit deksel op en laat kook 15 minute. Moenie deksel oplig terwyl kluitjies kook nie.
5. Skep kluitjies met 'n gleuflepel uit in 'n diep opskepskottel. Strooi kaneelsuiker oor.
6. Kook water waarin kluitjies gaar gemaak is weer. Voeg kaneelsuiker by en giet oor kluitjies. Jy kan nog water byvoeg indien nodig.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

APPELKOOS KAASKOEKIES - (maak 2 dosyn)

125 ml kaaspoeier
500 ml koekmeel
3 ml bakpoeier
250 g sagte botter
fyn appelkooskonfyt

1. Sif droë bestanddele en vryf die botter in. Rol balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat.
2. Druk diep holtes in elke balletjie (+- 1 cm)
3. Vul koekies met appelkooskonfyt en laat in die koelkas vir 15 min. om te rus.
4. Bak vir 15 min. by 200 grade C.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

KARRINGMELK POEDING (Elize)

1 koppie suiker
4 eetlepels botter
3 eiers goed geklop
1 koppie bruismeel
3 koppies karringmelk (500ml karton)
1 koppie melk
1 teelepel bakpoeier
knippie sout

1. Room botter en suiker goed tot lig en donsig. Klop eiers deeglik en voeg by.
2. Sif meel, sout en bakpoeier saam en roer in mengsel. Roer karringmelk en melk geleidelik by.
3. Gooi slap mengsel in gesmeerde bakskottel / bak. Bak 1 uur in 'n mattige oond, vooraf verhit tot 180°C.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

HEERLIKE PANNEKOEK (sonder floppies - gekry op 29 Oktober 1999 by Annatjie Boltman)

1 koppie meel
1 eier
¼ koppie olie
1 teelepel bakpoeier
2 koppies water
½ eetlepel asyn
Sout na smaak

1. Klits eiers en water saam. Sif meel, sout en bakpoeier saam, en voeg by. Voeg olie by.
2. Meng en bak. Dit is nie nodig om nog olie in die pan te gebruik nie - die olie is reeds in die beslag.
Geniet dit!!!

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

PATATS (Louise)

Hier in Nieu Seeland is kumera (soet patats) baie gewild. 'n Gunsteling is gewis om patat skyfies te maak. (Presies soos aartappelskyfies by die viswinkel) Skil patats en sny in skywe of wiggies. Braai in diep olie tot gaar. Heerlik.

Terug na die begin.

++++++++++++++++++++++++

SJOKOLADE / MELLOW CRISPIES (maak 40 blokke)

125 g Margarien of botter
350 g houer Rice Crispies
500 g Marshmallows
2 x 200 g blok sjokolade

1. Plaas margarien in kastrol en smelt. Voeg by marshmallows en roer tot amper opgelos/gesmelt.
2. Voeg by rice crispies en meng goed deur tot alle crispies bedek is. Giet uit in 'n gesmeerde rolkoekpan en druk goed vas.
3. Smelt sjokolade en smeer oor crispies mengsel. Laat stol. Laat die hele mengsel stol vir ±1 uur en sny dan in blokke
WENK: Moenie te lank los om te stol nie anders is dit te hard. Om deur te sny.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

LEKKER KAASSMEER

1 kg prosseseerkaas
1 lt langlewe melk (Bv. Everfresh)
1. Rasper die kaas. Verhit die melk op die stoof (nie tot kookpunt nie, net lekker warm).
2. Gooi die kaas by die melk, en roer totdat die kaas heeltemal gesmelt het. Dit vat nogal 'n rukkie.
3. Gooi dan in houers en laat afkoel. Jy kan ook, terwyl die kaas smelt in die melk, enige geursel bygooi wat jy verkies (bv. fyn biltong, spek, peperkorrels, ens).

Die smeer spaar jou omtrent R10 per botteltjie en is HEERLIK!

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

PRETORIAHOENDER (Mynie)

Marinade:
250 ml - Pepersous {let wel, nie rissiesous nie}
1 - huisie knoffel, gekap
125 ml - kookolie
1 pakkie - wituie-soppoeier
1 blikkie - knopiesampioene
375ml - tamatiesous
375ml - blatjang
375ml - wit wyn of sprite
2 - hoenders (sowat 1,5kg elk) in porsies gesny sout, vars gemaalde swartpeper, hoenderspeserye, gemengde kruie en Aromat na smaak
4 x 250ml rou rys
25ml - botter
4 - uie, in ringe gesny
2 - blikkies ingelegde appelkose

1. Meng al die marinadebestanddele in `n groot bak
2. Geur die hoenderporsies en plaas dit in die marinade
3. Bedek en hou oornag in yskas
4. Skep hoender en marinade in groot swaarboom-kastrol
5. Bring tot kookpunt
6. Verlaag die hitte en laat sowat 2 tot 3 uur prut tot gaar - roer kort-kort liggies
7. Hou die gereg voortdurend dop, want dit is geneig om aan te brand
8. Kook die rys tot gaar; stoom dit agterna in `n vergiettes sodat die korrels mooi los is
9. Verhit die botter in `n groot pan en soteer die uie tot goudbruin
10. Dreineer die appelkose en sny in kleiner stukkies
11. Meng die appelkose en uie met die rys
12. Sit die rys saam met die hoender voor.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

VINNIGE TUNA TERT

2 medium uie gekap
2 blikkies tuna
150g Kaas-en-Uie skyfies (fyngemaak)
100ml mayonnaise
100ml blatjang
200ml melk
6 eiers
1 klein blikkie gesnyde sampioene
2 koppies gerasperde cheddar kaas

1. Braai die uie. Meng die uie en al die ander bestanddele behalwe die kaas
saam.
2. Bak dit sowat 30 min by 180 grade C. Verwyder uit die oond en strooi
die kaas bo-oor.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

JOGHURT-TERT/POEDING

500ml Joghurt
1 Pakkie jellie
1 blikkie kondensmelk
1 houer vars room [250 ml]
Vars of ingemaakte vrugte.
Grenadillamoes saam met Grenadilla
Joghurt [opsioneel]

Gebruik enige geur joghurt van jou keuse en gebruik dieselfde geur jellie. Suurlemoenjellie is veilig om saam met alle joghurts te gebruik aangesien daar nie alle geure jellies beskikbaar is nie.
Meng jellie met 1 koppie kookwater en laat afkoel. Klits alle bestanddele goed saam tot romerig.

Vir poeding:
Gooi in bak en laat stol in yskas
Vir tert:
Pak beskuitjies of konfytrol ("jamroll") in tertbak en gooi mengsel bo-oor en laat stol in yskas.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

ANCHOR KITSGIS BESKUIT

2 kg koekmeel
2 pakkies kitskorrels
2 koppies suiker
1e sout
driekwart k botter
3 k melk gekook & afgekoel
1½ k water

1. Gooi korrels gis en sout by meel
2. Meng melk en water
3. Smelt botter en suiker daarin. Laat afkoel
4. Maak meel daarmee aan en knie goed vir ± 15min
5. Maak toe en rys ± 1uur of tot dubbel die grootte
6. Knie af en maak bolletjies
7. Laat rys en bak

Terug na begin

+++++++++++++++++++

KLEI VIR KINDERS

Klei vir kinders:

2 koppies meel
1 koppie growwe sout
1 eetlepel kookolie
1 koppie water en kleursel - voedselkleursel
2 teelepels kremetart (dit laat jou klei langer hou)

1. Roer die meel, sout en kremetart deurmekaar
2. Gooi die kleursel en die olie by die koppie water, gooi dit by die
meelmengsel en roer en roer tot dit glad is
3. Nou knie en bewerk jy dit met jou hande
As jy die klei in `n plastieksak toedraai, kan dit `n hele ruk in die yskas
gebêre word en kan jy dit oor en oor gebruik.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

SKAAPAFVAL

Baie min mense hou van afval, hoewel dit eeue reeds vir ingewydes 'n lekkerny is. 'n Dis soortgelyk aan die Skotse 'haggis' . Hieronder volg 'n tradisionele resep vir die gaarmaak van afval, wat tydens die ABO die gebruik kon wees:

1 skaapafval, skoon gemaak
1l water (4k)
12,5ml sout
50 ml asyn
10 klein uitjies, geskil
10 jong aartappeltjies, skoon gekra mielieblom, aangemaak met 'n bietjie water

1. Plaas die afval in 'n kastrol, voeg die water by, en die deksel op.
2. Laat die vleis opkook en skep dan die skuim wat bo-op vorm, af.
3. Kook die afval ongeveer 4 tot 6 uur oor lae hitte. Vul die water aan, indien nodig.
4. Voeg die sout en asyn, asook die uie en aartappels by, en laat dit met die deksel op prut totdat die aartappels gaar is.
5. Skep die oortollige vet af. Verdik die sous met aangemaakte mielieblom (indien nodig).

Terug na begin

+++++++++++++++++++

VINNIGE GEMMERBIER (Elsie)

1 Groot emmer met deksel wat lugdig sluit
7 x 750ml louwarm water (5¼ Liter)
4½ koppies suiker
10ml Jamaika Gemmer (Lennons se produk)
10ml kitsgis (korrelsuurdeeg)
28 rosyne

1. Meng 10ml suiker en die 10ml kitsgis in 125ml louwarm water. Laat staan vir 10 - 20 minute (todat dit begin gis).
2. Voeg die suiker by die louwarm water in die emmer en roer ongeveer 3 minute (totdat suiker gesmelt het).
3. Voeg die Jamaika Gemmer en die water-, suiker- en kitsgismengsel (nadat dit begin gis het) by die suikerwater en roer baie goed. Voeg die rosyne by en roer weer deur.
4. Plaas deksel op emmer en laat staan in die son om te gis. Persoonlik laat staan ek dit in die son van so ongeveer 10 uur in die oggend tot 2 uur in die middag. Dit is dan gereed, maar smaak verskil en dit kan langer in die son gelaat word om verder te gis. Onthou net om elke nou en dan die lug uit te laat, anders skiet die deksel af en jou gemmerbier is daarmee heen"
5. Gooi die bier in houers en plaas in yskas om verdere gisting te voorkom.

Nota: Dit is 'n heel eenvoudig resep en baie lekker. Ek moet egter erken toe ek die resep die eerste keer onder oë kry, was ek baie skepties. Hoe gebruik mens dan nou medisyne om gemmerbier mee te maak? Ek het dit egter probeer, en die resultate was verstommend. Selfs mense wat nie graag gemmerbier drink nie, het gesê dit is lekker. Behalwe vir die suiker, is dit ook nie so duur om te maak nie. So, probeer dit gerus.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

SJOKOLADEBLOKKIES

Smelt 250 g botter of margarien in 'n groterige kastrol. Sodra dit gesmelt is gooi 2 Eetlepels kakao daarby en roer dit en daarna gooi jy 500g versiersuiker ook by en roer. Klits 2 eiers (sommer met 'n vurk) en gooi 'n knippie sout daarby en meng dit nou met die botter/kakao/versiersuiker mengsel. Hierdie moet vinnig geroer word totdat dit 'n gladde mengsel is. Gou 5ml vanielje-geursel by.

Breek 1 en 'n half pak Mariebeskuitjies in klein stukkies en roer dit nou by die sjokolademengsel, skep dit in 'n plat langwerpige glasbak en druk dit vas in die bak en bêre dit in die yskas sodat dit kan koud en hard word. Wanneer dit hard is, sny jy dit in blokkies en GENIET DIT!!

Terug na begin

+++++++++++++++++++

KAMMA KREEF VOORGEREG

Sous
1½ kg Stokvis
250 ml Mayonnaise
1 liter Water
125 ml Tamatiesous
25 ml Asyn
5 ml Worcestersous
5 ml Sout
5 ml Brandewyn
Knippie peper
1 Gerasperde Ui
4 Druppels Tabascosous
Knippie peper

1. Ontvel en kook vis in water, asyn, sout en peper net tot gaar.
2. Dreineer water en vlok vis. Laat afkoel.
3. Meng alle bestanddele vir sous en voeg vis laaste by.
4. Bedien op slaaiblaar met 'n skyfie suurlemoen en stukkie pietersielie.
Genoeg as voorgereg vir 6 - 8 persone.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

SOET KONDENSMELK

twee pinte melk (een pint = 2 koppies = 570 ml)
kwart teelepel koeksoda
een pond suiker (een pond = 2 koppies)
half teelepel sout

1. Los alles in melk op en kook vinnig tot die dikte van dik room. Moenie laat oorkook nie en roer aanhoudend.
2. Laat koud word en gooi in flesse.
(Hierdie resep is vir diegene wat in lande bly waar kondensmelk nie beskikbaar is. Nou kan hulle ook ons lekker resepte met kondensmelk in berei.)

Terug na begin

+++++++++++++++++++

PAMPOENKOEKIES (1923)

2 koppies fyn pampoen
1 eetlepel botter
half teelepel sout
kwart teelepel peper
geel van een eier
2 eetlepels meel

1. Bak, kook of stoom die pampoen tot gaar. Druk deur 'n sif. Gooi botter, sout, peper en geel van 'n eier by.
2. Vorm klein frikkedelletjies, steek in eier en broodkrummels en braai in vet.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

MUESLI

60 ml heuning
60 ml kookolie
250 ml hawermout
250 ml semels
50 ml sesamsaad
100 ml koringkiem (opsioneel)
100 ml klapper
100 g sonneblompitte
50 g rosyne
50 g droë vrugte, in klein stukkies gesny
50 g neute (hoe meer natuurlik, hoe lekkerder!) Ek gebruik heel neute en voeg sommer
'n handvol amandelvlokkies ook by

1. Meng heuning en olie in 'n groot glasmengbak.
2. Mikrogolf op 100% vir een minuut. Roer.
3. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die laaste vier. Roer.
4. Mikrogolf op 50% vir ongeveer 15 minute. Roer elke twee minute.
5. Die mengsel is reg as dit bruin begin verkleur.
6. Koel af en voeg dan die vrugte en neute by.
7. Bêre lugdig.

Terug na begin

++++++++++++++++++

EKSOTIESE GEBAKTE PIESANGS
Kooktyd: 20 minute
Temperatuur: 375°F of 190°C
4 - 5 porsies

8 klein piesangs
40g botter
1 suurlemoen (sap)
3 eetl gekerfde klapper
3 eetl sagte bruinsuiker
3 eetl rum of van der Hum

1. Skil piesangs en, indien groot, halveer. Plaas langs mekaar in gebotterde vuurvaste bak sodat hulle styf teen mekaar lê. Sprinkel eweredig met suurlemoensap, dan klapper, daarna suiker en uiteindelik rum. Sit klontjies van oorblywende botter bo-op en bak in die middel van voorafverhitte oond.
2. Bak totdat piesangs sag is en die gereg bo-op `n diep goue kleur het.
3. Dien op met dun room.
4. Gooi ekstra eetlepel rum in 'n verhitte lepel, flambeer en dien piesangs brandend op.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

NUWE SLAAI

Ek het sopas 'n slaai aanmekaar geslaan wat skrik vir niks en moet dit eers met julle deel.

Ek het twee appels geskil, ontpit en in blokkies gesny. Daarby het ek 'n halwe komkommer in dieselfde grootte blokkies gesny. 'n Blikkie ertjies bygevoeg en seker so drie eetlepels mayonnaise - die tipe wat nie te suur is nie. Dit lyk vir my na genoeg slaai vir so vier of vyf mense

Dit lyk na vreeslik baie moeite maar is vreeslik lekker. Ek het dit ook nog nie voorheen iewers raakgeloop nie.

Terug na begin

++++++++++++++++++

VIS-EN-GROENBONEGEREG (4 - 5 porsies)

5 ml botter of laevet margarien
2 uie, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
50 ml tamatiepasta
300 ml hoenderaftreksel
5 ml suiker
12,5 ml Worcestersous
Sout en varsgemaalde swart peper na smaak
12,5 ml mielieblom
300 g groenbone, gekerf of heel
500 g vismootjies, vel verwyder

1. Verhit die botter of margarien en soteer die uie en knoffel daarin totdat dit sag is.
2. Voeg die tamatiepasta, aftreksel, versoeter en Worcestersous by en verhit dit tot kookpunt. Laat prut dit 'n paar minute lank en geur met sout en swart peper na smaak.
3. Maak die mielieblom met 'n bietjie koue water aan en voeg dit by. Roer dit voortdurend totdat dit verdik.
4. Skep die groenbone in 'n oondbak, plaas die vismootjies bo-op en giet die sous oor. Bedek die oondbak met 'n deksel en bak die gereg 30-45 minute in 'n voorverhitte oond by 180oC. Haal die deksel af en bak dit nog sowat 15 minute.
5. Sit voor met volgraanbrood.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

VISVOORGEREG

Hier is 'n staatmakerresep vir die somer. Dis heerlik as 'n heel deftige voorgereg of as 'n ligte ete saam met broodrolletjies en slaai.

800g bevrore stokvis
1/2 koppie tamatiesous
2 eetlepels worcestersous
sap van 1 suurlemoen
1/2 teelepel tobascosous
1 medium fyngekapte ui
1 koppie mayonnaise

1. Trek die grys velle van die gevriesde stukke vis af. Kook die vis 10 minute in gesoute water.
2. Dreineer, vlok en verwyder enige grate. Laat afkoel.
3. Meng die ander bestanddele deeglik.
4. Meng met die vis en laat oornag in die yskas.
5. Bedien op slaaiblare, versier met takkies pietersielie.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

SOETSUUR-DOOPSOUS

1 blikkie kondensmelk
Mayonaisse (dieselfde hoeveelheid as die kondensmelk)
gerasperde kaas
gesnipperde suuruitjies (groen of rooi lyk mooi saam met kaas)

1. Meng alles saam en laat staan 'n rukkie sodat die smake kan meng.
2. Bedien saam met Simba/Willard skyfies.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

GROENTESKOTTEL

Hier is seker die maklikste en heerlikste groenteskottel. Met een van ons vakansies in Mosselbaai (SANTOS) het ons gou 'n naweek Stellenbosch toe gery om ons KAAPSE WYN by my nefie en dié se vrou te gaan kry. Sy slaan toe uit met die ongelooflike lekker groente saam met braaivleis. Hoop almal geniet dit ook!!!!

500 g murgpampoentjies met skil gerasper
1 ui gekap
4 of meer repe "bacon"
1 koppie Cheddarkaas gerasper
3 eetl olie
2 eiers
1 blik pitmielies gedreineer
sout en peper
½ koppie melk

1. Meng alles saam
2. Skep in gesmeerde bak
3. Bak 45 min op 180°C
Lekker eet!

Terug na begin

+++++++++++++++++++

VINNIGE HOENDERLEWERPATEE     (Kooktyd: ± 7 minute, 4 porsies)

225g hoenderlewers
65g botter
1 knoffelhuisie (fyngekap)
1,5 eetl sjerrie
1,5 eetl. brandewyn
sout en swartpeper
knippie gemengde speserye

1. Spoel die lewers in koue water af en verwyder enige vliese of gekleurde dele
2. Smelt 30g botter in kastrolletjie oor lae hitte en panbraai lewers totdat dit ferm maar binne steeds pienk is (omtrent 3-4 minute)
3. Dreineer en plaas dit in `n bak wat vooraf met knoffel gesmeer is
4. Voeg sjerrie en brandewyn by die sap wat in die pan oorgebly het, bring tot kookpunt en verwyder van hitte.
5. Maak lewers fyn en druk tot smeer
6. Voeg genoeg sout en peper, gemengde speserye en oorblywende botter by
7. Meng deeglik en plaas in klein potjies of `n bak
8. Bedek en laat dit afkoel
9. Garneer met pietersielie en dien op met warm roosterbrood

Terug na begin

+++++++++++++++++++

Hierdie resep vir HOLLANDSE VETKOEKE kom van Gerrit en ek plaas dit net soos ek dit ontvang het:

Beste Danie. Hier is weer een resep (in Hollands)
Dis vir vetkoeke soos die Hollanders dit eet met die jaarwisseling. Daar was een fout in die hoeveelheid gist. Nie 150 maar 15 gram gist. Dis een bietjie laat vir die lag een slag maar ek kom dit nou agter toe my vrouw hulle begin maak. Ek is jammer maar ek hoop dat enigiemand wat een bietjie weet van bak dit wel sal gesien het.
Dit hou aan rys en rys en rys.
Recept voor oliebollen ( bij de jaarwisseling), die drie dagen tot een week goed blijven.
23-1-99
Ingredienten:
Neem 1 kilogram zelfrijzendbakmeel.
500 gram (1/2 kilogram) rozijnen. Laten weken in water.
5 groot appels.In kleine stukjes snijden.
10 gram zout.
5 eieren.
1 theelepel vanille essence.
15 gram gist
750 mliter (3/4 liter) melk
500 mliter (1/2 liter) water.

Laat het mengsel staan voor plus-minus een uur.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

SJOKOLADEKOEK

1 K Koekmeel
1 K Strooisuiker (½ K vir die meelmengsel en ½ K vir die sous)
¼ K Kakao
4 T Bakpoeier (2 T vir die meelmengsel en 2 T vir die eiermengsel)
¼ T Sout
4 Eiers (eierwitte en eiergele geskei)
½ K Olie
½ K Kookwater
1 T Vanielje
1 Blik Idealmelk (vir sous)
1 Blok gewone sjokolade (vir sous)

Metode - Meelmengsel:
1. Gooi die koekmeel, kakao, ½ K strooisuiker, 2 T bakpoeier en sout bymekaar.
2. Meng apart die olie en kookwater saam. Meng dit dan by die droë bestanddele.
3. Klits die 4 eierwitte en 2 T bakpoeier apart.
4. Meng apart die 4 eiergele en vanielje saam.
5. Meng nou die eiergeelmengsel en die eierwitmengsel saam.
6. Meng nou alles saam.
7. Bak in 'n gesmeerde oondvaste bak teen 180 grade vir ongeveer 25 - 30 minute.

Sousmengsel:
Doen solank die volgende terwyl die koek bak:

1. Smelt ½ van die blik Idealmelk saam met die ander ½ K strooisuiker in 'n kastrol.
2. Gooi hierdie mengsel egalig oor die warm koek sodra dit uit die oond kom.
3. Laat koek nou afkoel.
4. Smelt dan die blok sjokolade en die res van die blik Idealmelk saam en gooi egalig oor die afgekoelde koek. (Heerlik ook as 'n nagereg opgedien saam met room / roomys.)

Terug na begin

+++++++++++++++++++

KAASKOEK TIPE -TERT

KORS:
1 Pakkie Tennisbeskuitjies
2 groot lepels margarien / botter
(Smelt botter in mikogolf of op plaat. Sit beskuitjies in plastieksak, slaan en trap daarop totdat dit baie fyn is. Meng in tertbord met beskuitjies en druk vas as kors.)

VULSEL:
1 blikkie (410g) gunstelingvrugte (appeliefie/ aarbei/ koejawel)
1 koppie volgeprop met malvalekkers (marshmallows)
1 houertjie (koppie) vars room

1. Smelt die Malvalekkers (marshmallows) op die plaat - haal dan af,
voeg 'n bietjie van die vrugtestroop in die blik by, gooi die res weg.
2. Sny die vrugte (as dit groot is - los appeliefies net so)
in klein stukkies, en voeg by.
3. Klop room styf en vou dit daarby in, skep in die kors en sit in die yskas
vir net 15 minute - en dien op.
4. Ideaal vir onverwagte gaste !!! Dit kan sommer 'n nagereg ook word in nood….dien op met roomys

Terug na begin

+++++++++++++++++++

Hier is 'n resep om MAYONNAISE 'n bietjie te rek en dit smaak nogal baie
lekker. Veral die kinders is baie lief daarvoor, want dit het nie daardie
byt in nie. Ek gebruik ook altyd die mayonnaise wat nie so ryk is nie.

1 bottel mayonnaise
1 blik kondensmelk
1 blik Ideal melk.

Meng alles goed saam en gooi terug in bottel. Maak 2 bottels vol.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

VINNIGE SUURLEMOENTERT

1 blik kondensmelk
3/4 koppie suurlemoensap (of minder na smaak)
500 ml ultramel room
1 pak tennisbeskuitjies

1. Klits room en kondensmelk saam. Voeg suurlemoensap by en klop tot styf.
2. Voer bak uit met beskuitjies en gooi mengsel in. Sit in yskas en laat styf
word en sprinkel dan 100/1000's oor of krummel 'n beskuitjie bo-oor net
voor opdien.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

KERSPONS (Suzette)

1 liter grenadellasap
1 liter pynappelsap
2 liter mangosap
2 liter lemoensap
½ bottel Malibu likeur
½ bottel wodka

Terug na begin

GRIEKSE PONS

1 bottel vonkelwyn (750 ml)
2 bottels wit wyn (2 X 750 ml)
250 ml brandewyn (1 k)
4 liter sodawater
1 suurlemoen in dun skyfies
2 piesangs (fyn gekerf)
1 blikkie pynappelstukke (410 g) fyn gekerf met stroop
1 blikkie grenadellamoes (100 g)

Meng en verkoel. Voeg koue sodawater by net voor bediening.

Terug na begin

VRUGTEDRANK

2 k suiker
1 k aarbeie, stukkend gedruk
1 k piesang in skyfies gesny
Sap van 6 lemoene
2 k water
2 k grenadellamoes
1 gerasperde pynappel
2,5 liter sodawater

Maak 'n stroop deur die suiker en water vir 10 minute saam te kook. Syg dit dan deur en meng met al die ander bestanddele behalwe die sodawater. Verkoel en voeg die sodawater by net voordat dit bedien word.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

TORTILLA

4 - 5 middelgrootte aartappels
1 groot ui in skywe gesny
4 - 5 eiers
Sout

1. Sny aartappels in skywe
2. Kook in olie - nie pap nie
3. Braai uie - nie bruin nie
4. Klits eiers liggies met vurk net deurmekaar
5. Skep aartappels en uie (warm) in geklitste eier
6. Meng baie liggies en gooi in pan - skud pan heeltyd
7. Sit plat bord op pan en keer versigtig uit - skuif terug in pan
Laat effens afkoel

Terug na begin

+++++++++++++++++++

NUTTY WONDERS

¼ pd botter
2 eetlepels suiker
1 teelepel vanilla
1 koppie meel
1 koppie neute

1. Meng alles saam
2. Rol bolletjies
3. Bak by 160°C vir 20 minute
4. Laat afkoel en rol in versiersuiker

Terug na begin

+++++++++++++++++++

SJOKOLADEKOEK (Lorraine)

Ek stuur graag vir jou my gunsteling resep. My familie, vriende en al die mense in ons omgewing is dol oor die resep. Hy kos 'n bietjie duur om te maak, maar is sowaar die moeite werd vir spesiale geleenthede.

Stroop:
250ml water
250ml suiker

Stap 1:Kook stroop en laat eenkant staan om af te koel. Spuit 'n tuitpan met kleefweermiddel, voorverhit oond tot 180 C en meng dan die koekdeeg.

Koekdeeg:
250 ml koekmeelblom
30 ml bakpoeier (Dit klink baie, maar die hoeveelhede is korrek)
knypie sout
250 g botter of margarien
125 ml suiker
200 g donker sjokolade (1 plak)
5 eiers
30 ml brandewyn of sjerrie

Stap 2:
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Smelt die botter, suiker en sjokolade saam oor kookwater.
Klits eiers en brandewyn of sjerrie saam.
Voeg geklitste eier geleidelik by sjokolademengsel en klits goed.
Vou die meelmengsel by die eiermengsel in; die deeg is slap.
Gooi deeg in pan en bak in voorafverhitte oond vir 45 minute tot gaar.
Haal die koek uit die oond en gooi dadelik die koue stroop oor.
Laat afkoel in pan.

Versiersel:
1 plak (200 g) heelneutsjokolade
30 ml melk

Stap 3:
Keer koek uit op afkoelrak en laat verder afkoel.
Breek sjokolade in blokkies en smelt saam met melk in mikrogolfoond of in kokende water. Indien jy die mikrogolfoond gebruik , roer mengsel elke 10 sekondes. Indien dit te warm word, maak die sjokolade korreltjies.
Sodra die versiersel lekker glad is, giet dit oor die koek.
Wenk: Dit is raadsaam om die koek geblinddoek te eet, sodat jy nie moet sien hoe spring die kilojoules nie. Nogtans, lekker bly darem maar lekker!

Terug na begin

+++++++++++++++++++

KINDERKULSLAAI (Adri)

Ek het hierdie slaairesep van iemand gekry en alhoewel ek dit nog nie self gemaak het, klink dit goed, gesond en lekker. Dit smaak glo kompleet soos mango en een manier om vir klein kinders hul pampoen te laat eet!

Rasper gewone boerpampoen grof
Voeg 'n blik pynappelstukke met sap by asook lemoensap (van die 100% soort).
Laat staan oornag

Terug na begin

+++++++++++++++++++

SAVOY VARKKOTELETTE

Kooktyd: 30 minute
4 porsies

1 eetl groente-olie
4 varkkotelette
2 groot kookappels
50g pitlose rosyne
250ml droë appelwyn
fyngemaalde skil van 1 lemoen
sout en peper
gebraaide appelringe

1. Verhit olie in groot vlak pan en braai kotelette geleidelik tot goudbruin aan albei kante (5 minute).
2. Verlaag die hitte en voeg geskilde, ontkernde, gesnyde appels, rosyne, lemoenskil en wyn, met sout en peper na smaak, by. Maak dig toe en laat stadig vir 25 -30 minute prut; draai kotelette eenmaal om.
3. Haal kotelette uit, roer appels sodat hulle `n appelsous met die wyn en rosyne vorm. Skep kotelette bo-op appelsous en garneer met gebraaide appelringe

Terug na begin

+++++++++++++++++++

JOGURTTERT

500 ml Jogurt (enige geur waarvan julle hou)
1 blik kondensmelk
1 pak Tennis beskuitjies
Botter

1. Maak beskuitjies fyn vir kors en meng met gesmelte botter.
2. Meng Jogurt en kondensmelk goed.
3. Gooi oor kors en sit in mikrogolfoond vir 4 min. op hoog.
4. Sit in yskas vir ± 1½ uur.

Terug na begin

++++++++++++++++++

SLAAI/NAGEREG    (Daleen)

Hier is die heerlikste resep vir 'n slaai of nagereg [jy moet maar self besluit wat vir 'n ding dit is na jy dit klaar geëet het]

Bestanddele:
2 x 150g Malvalekkers.
1 Blikkie fyn pynappel ["crushed pineapple"]
175 ml grenadella joghurt.
Sny malvalekkers in kwarte. Meng al die bestanddele saam.
Laat staan oornag en geniet dit die volgende dag.
[Dit is net so bietjie lekkerder as heerlik]

Terug na begin

+++++++++++++++++++

SMULSTAFIES (12 stafies)

125 ml volkoringmeel 250 ml hawermout
1 ml koeksoda 125 ml klapper
125 ml bruin suiker 250 ml pitlose rosyne
150 g margarien, gesmelt 15 ml heuning

1. Voorverhit oond tot 180oC. Smeer die bakplaat.
2. Meng die volkoringmeel, hawermout, koeksoda, klapper, bruin suiker en
pitlose rosyne saam in 'n groot mengbak.
3. Meng die gesmelte margarien en heuning saam in 'n aparte bak. Roer goed.
Voeg margarien-heuningmengsel by die droë bestanddele en meng deeglik met 'n houtlepel.
4. Druk die mengsel eweredig vas op die bakplaat. Bak 20 minute lank tot goudbruin.
5. Sny in stafies terwyl nog warm.
6. Laat heeltemal afkoel.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

KOEJAWELPOEDING

1 groot blik koejawels, fyn gesny, sonder stroop
1 blik kondensmelk
1 pakkie rooi jellie
1e vla poeier
1k kookwater
2k melk
1 eierwit

1. Kook melk, maak vla
2. Maak jellie, voeg by vla
3. Klits vinnig. Voeg kondensmelk by koejawels
4. Voeg jelliemengsel by koejawelmengsel
5. Klits eierwit styf
6. Vou in, laat stol oornag

Terug na begin

+++++++++++++++++++

WARM AARTAPPELSLAAI

1kg (6 groot) aartappels
1 pakkie gekapte spek
125ml kookolie
2 uie in blokkies gesny
125ml blatjang
125ml asyn
250ml melk
15ml mielieblom

1. Kook aartappels in skil, in soutwater tot gaar
2. Trek skille af, sny in blokkies en hou warm
3. Braai spek in 25ml olie tot gaar, skep uit en hou warm saam met aartappels
4. Braai uie in dieselfde pan tot gaar
5. Voeg res van olie, blatjang en asyn by, en kook ongeveer 2 min. sonder deksel
6. Meng mielieblom en melk, gooi stadig by uiemengsel terwyl jy dit vinnig inroer, roerkook vir verdere 2 min
7. Meng aartappels en spek, gooi uiesous oor en meng liggies
8. Hou in lou-oond tot benodig. Lewer 6 porsies

Terug na begin

+++++++++++++++++++

BILTONG POTJIE (Chrissie) - Genoeg vir 10 mense

6 Uie
1 Pak sampioene
R60,00 se biltong
1 Blik pitmielies
1 Pak noodels (gedraai of skulp) (Gaargemaak)
½ "Green Pepper"
2 Houertjies vars room
Redelike stuk gerasperde kaas (Hoe meer kaas, hoe lekkerder)

1. Braai uie en sampioene tot gaar. Voeg biltong by. Voeg gaargemaakte noedels by. Plaas "green pepper" en pitmielies bo op. Rond af met 2 houertjies room en baie gerasperde kaas.
2. Byskrif: Hierdie resep is ryk, maar so lekker. Dit gaan baie vinnig om te maak. Bedien dit saam met 'n lekker mengelslaai of enige ander slaai en jy rek dit nog verder.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

HOENDER MARENGO
Kooktyd: 1 uur
4 porsies

1kg braaihoender of 4 hoenderkwarte
3 eetl olie
1 klein ui (fyngekap)
1 klein knoffelhuisie (fyngemaal)
2 eetl meelblom
170ml medium-droë wyn
315ml hoenderaftreksel
1 eetl tamatiepuree
sout en peper
100g knopie sampioene
varsgekapte pietersielie

1. Verhit olie in 'n vuurvaste pan en braai hoenderstukke stadig tot dit heeltemal goudbruin is. Voeg uie en knoffel by en braai dit saam met die hoender.
2. Roer meelblom in en laat kook vir 'n minuut.
3. Roer dan wyn, hoenderaftreksel en tamatiepuree in.
4. Voeg knopiesampioene by, maak pan dig toe en smoor stadig vir 40 minute.
5. Haal hoender uit, verminder die sous - indien nodig - deur dit te laat kook en giet dit oor die hoender.
6. Garneer met varsgekapte pietersielie en dien op met rys.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

ERTJIESLAAI

Breek blaarslaai in fyn stukkies en plaas in 'n bak. Voeg nou grasuie en seldery (fyn gekap) in 'n dun lagie oor die blaarslaai. Die smaak is prominent moet dus nie te veel gebruik nie! Gooi nou 'n pakkie gevriesde Young & Tender ertjies oor. (Sommer 'n dik laag) Skep 'n dik laag Miracle Whip bo-oor. Maak versigtig met Glad Wrap toe en plaas in yskas totdat die ertjies ontdooi het. Sit voor en geniet.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

PYNAPPEL/SUURLEMOEN TERT

1 - 2 pakkies Tennisbeskuitjies
1 blik karamel kondensmelk
2 koevertjies Orley Whip
1 Peppermint Crisp
1 pakkie pynappel/suurlemoen jellie opgelos in 1 koppie kookwater

1. Klits room styf. Voeg die kondensmelk en afgekoelde jellie by en klits
2. Pak laag beskuitjies, laag vulsel en gerasperde "pepermint crisp". Herhaal die lae
3. Sit in yskas vir ten minste 2 dae voor gebruik

Terug na begin

+++++++++++++++++++

PEPPERMINTTERT

1 - 2 pakkies Tennisbeskuitjies
1 pak Orley Whip
1½ koppie melk
3 teelepels versiersuiker
1 pakkie kits Karamelpoeding
Soet wyn of sjerrie
Peppermint Crisp

1. Klits versiersuiker en orley whip goed saam
2. Klits die poeding en melk ook
3. Voeg die twee mengsels bymekaar
4. Doop beskuitjies in wyn en pak 'n laag in bak
5. Skep 'n laag van die vulsel bo-oor en rasper sjokolade oor
6. Herhaal die lae
7. Laat in yskas om goed styf te word

Terug na begin

+++++++++++++++++++

KRAKERIGE KAASSLAAI

½ Blaarslaaikop grof gebreek
½ Brood se kroutons
6 Agurkies in ringetjies gesny
Cheddar kaas ook in blokkies gesny (hoeveelheid volgens jou smaak)
Klein blikkie pynappelstukkies (gedreineer)

1. Meng alle bestanddele en gooi in 'n mooi glasslaaibak.

Bestanddele vir sous:
Blikkie kondensmelk
2 el Asyn
1 el Kookolie
Sout en swartpeper na smaak
(Meng alles saam net voor bediening en gooi oor slaai.)

Terug na begin

+++++++++++++++++++

ASPERSIE QUICHE (souttert) (Emily)

KAASKORS:
120 g (250 ml) koekmeelblom
125 ml (50 g) gerasperde cheddar-kaas
125 ml botter, gerasper

1. Meng al die bestanddele tot 'n stywe deeg. Druk vas op bodem en kante van quichebak met 'n deursnee van 220 mm.
2. Vul met vulsel.

VULSEL
100 g biltong, in dun repies gesny
4 eiers
300 ml ongegeurde jogurt
250 ml gerasperde cheddar kaas
30 ml gerasperde parmesaan kaas
80 ml melk
1 x 340 g blik aspersielote, gedreineer
paprika 30 ml parmesaan kaas vir garnering

1. Strooi biltong op tertkors. Klits eiers, jogurt, kaas, parmesaan-kaas en melk goed en gooi oor biltong. Pak aspersies bo-op eiermengsel en strooi res van parmesaankaas bo-oor.
2. Bak 45 min by 180?C tot gestol.
Alternatief: Vervang biltong met gesnipperde spek, gekerfde ui, groenrissie en sampioene wat saam gebraai is.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

HOENDERLEWER PERI-PERI (Juanita)

2 x 250g Hoenderlewers, gewas en skoongemaak
3 middelslag uie, in ringe gesny
Vars gemaalde seesout
Vars gemaalde swart peper
Gedroogde knoffel vlokkies
Knorr Peri-Peri
± ½ koppie Sonneblomolie
2 Eetlepels Bisto
300-350 ml Water
½ koppie Perskeblatjang

1. Gooi die olie en so ½ koppie peri-peri in 'n braaipan en soteer die uie daarin.
2. Geur intussen die hoenderlewers met sout, peper en knoffel.
3. Sodra die uie deurskynend begin raak voeg jy die hoenderlewers by en roerbraai tot gaar.
4. Maak die Bisto aan met die water en voeg blatjang by. Giet oor die hoenderlewermengsel, roer goed deur en laat prut oor lae hitte vir ongeveer 7 minute of totdat die sous lekker dik is.
Bedien onmiddellik saam met vars broodrolletjies - as 'n voorgereg, of saam met rys en 'n mengelslaai as hoofgereg.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

MAKLIKE SOUTTERT

4 snye wit brood - korsies afgesny
1 koppie melk
2 eetlepels margarien

Plaas in mikrogolf totdat melk gekook het en druk fyn met vurk

Voeg dan die volgende by:
1 koppie kaas (ek gebruik effens meer)
2 teelepels bakpoeier
Sout & peper na smaak
3 eiers
1 gekapte ui
1 blikkie (Denny) verroomde sampioene
Meng goed en gooi in gesmeerde bak
Gooi paprika bo-oor vir kleur
Bak teen 180 grade (350 F) vir ongeveer 30 min

Ek sny soms weense worsies in en voeg weer ander kere stukkies broccoli by wat dit ook ekstra kleur gee)

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

VISRESEPPIE - Bedien met 'n groenslaai en lekker volkoringbrood.

1 pak wit vis (sonder grate)
2 tamaties
1 ui
3 eetl. tamatiesous
1 eetlepel Worcestersous
1 koppie mayonaisse
Tobascosous na smaak
6 gekookte fyngemaakte
aartappels ( kapokaartappels)
sout en peper na smaak
knippie suiker
1 klein pakkie kaas en uie aartappelskyfies
1 koppie gerasperde kaas

1.   Sny vis in stukke en kook in 'n bietjie soutwater tot gaar. Dreineer en vlok die vis.
2.   Braai tamatie en uie saam en voeg speserye by na smaak.
3.   Meng die vis, tamatie en uie mengsel, fyn aartappels, en die res van die Bestanddele behalwe die pakkie aartappelskyfies en kaas saam.
4.   Skep in oondbak.
5.   Druk aartappelskyfies fyn en strooi bo-oor mengsel.
6.   Strooi kaas bo-oor en bak in voorverhitte oond van ongeveer 180°C tot kaas gesmelt het.

Opmerking: genoeg porsies vir 'n gesin van vier.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

BRUINPOEDING

Bottermengsel:
1 eetlepel Botter
1 eetlepel Appelkooskonfyt (fyn)
1 eetlepel Heuning

Smelt in bak in die mikrogolfoond.

Sif die volgende bestanddele saam.

1 koppie Koekmeel (gesif - hoog vir baie lug)
1 teelepel Koeksoda
1 teelepel Gemmer

Meng met die bottermengsel.
Voeg 1 koppie melk by tot 'n deeg (nie te slap nie)
Skep in liggies gesmeerde bak, die bak moet 'n deksel hê wat pas.
Kook 1 koppie suiker en 1 koppie water, gooi oor die mengsel.
Bak in voorverhitte oond van 180º C tot bruin, bedien met lekker oudtydse selfgekookte vla.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

BRUINRYSSLAAI

4 kop gekookte bruinrys
6 gekapte salotte
l klein gekapte rooi soetrissie
1/3 kop sultanas
60 g geroosterde neute (eie keuse)
2 eetlepels sonneblomsaad
Gekapte pietersielie (opsioneel)

1.   Meng alle bestanddele
2.   Giet volgende mengsel oor bogenoemde en roer deur:

1/4 kop olyfolie
3 eetlepels sojasous
2 eetlepels suurlemoensap
1 fyngekapte knoffelhuisie

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

OUTYDSE KONFYTKOEKIES met die konfyt in (Fop Koekies)

5 K Meel
2 t koeksoda
2 k suiker
2 t kremetart
¾ k melk
2 eiers
125 g margarien
sout
910 g Appelkoos of Perske Konfyt

1.   Klop botter en suiker tot room
2.   Roer eiers in
3.   Voeg melk wat in koeksoda opgelos is by
4.   Voeg res van bestanddele by
5.   Rol dun uit
6.   Druk met wynglas sirkels uit
7.   Meng die konfyt met 'n bietjie MAZIENA dit help dat die konfyt nie uitkook as dit gebak word)
8.   Plaas konfyt op deeg. Sit nog 'n deegsirkel bo-op, druk vas met vingers in die rondte
9.   Bak 10 min op 180º C of tot mooi bruin

Met hierdie resep kry 'n mens nogal heelwat koekies uit.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

BUTTERNUTSOP

30 ml olie
2 uie gekap
5 ml gemmer
15 ml kerriepoeier
1.2 kg "butternut" gekap
1 liter hoenderaftreksel
1 appel geskil en gerasper
sout en peper
250 ml room

1.   Meng gemmer en kerriepoeier en gooi oor uie. Braai in olie.
2.   Voeg butternut by en kook vir 5 minute.
3.   Giet hoenderaftreksel oor, roer appel in en geur.
4.   Kook tot die groente sag is Laat effens afkoel, versap en herverhit weer vir 5 minute.
5.   Bedien met room en croutons.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

CREMORA TERT (Mishka)

3 koppies Cremorapoeier.
1½ koppies kookwater.
1 blikkie kondensmelk.
halwe koppie suurlemoensap.
1 pakkie Tennisbeskuitjies.

1.   Meng 3 koppies Cremorapoeier op 1½ koppie kookwater saam. Laat afkoel (sit in vrieskas verkieslik)
2.   Klop met klitser tot styf.
3.   Voeg die kondensmelk by en direk daarna suurlemoensap.
4.   Skep in twee tertborde wat met tennisbeskuitjies uitgepak is.
5.   Krummel van die beskuit wat oor is, oor die tert.
5.   Dit is beter as u 'n vierkantige bak gebruik. Verskillende lekkernye kan bo-oor gesit word.
Ek het hierdie gebruik as 'n nagereg vir 'n braai. Saam met die tert het ek spanspek gegee.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

HOENDER A LA MAROELA

10 Groot hoenderdye
Sout
Peper
Koekmeelblom
Olie

1.   Meng peper, sout en koekmeel saam en doop hoenderdye daarin. Skud af.
2.   Bak hoenderdye in vlak olie tot goudbruin.
3.   Pak in oondpan.

Sous:
1 koppie tamatiesous
1 koppie blatjang
½ koppie suiker
½ koppie maroelajellie
½ koppie kookolie
½ koppie asyn, opsioneel
1 Bottel groentepiekels

1.   Meng alles saam
2.   Giet sous oor hoender en bak vir 1½ uur in oond. Plaas deksel op
3.   Bedien saam met rys

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

BLIKKIESSOP - heerlik uit die blik

1 blikkie gladde ertjiesop
1 blikkie gladde tamatiesop
1 blikkie tuna in soutwater(gedreineer en gevlok)
1 blikkie water afgemeet van die tamatiesop blikkie (ekstra indien die sop te dik is vir jou smaak)

Opsioneel: - doen nie veel vir die smaak nie maar lyk pragtig in die sop en so jok die oog vir die maag.
1 blikkie mossels gedreineer en/of gaar vars mossels (20-30) met of sonder skulp

Verhit al die bestanddele saam en bedien met 'n lekker broodjie. Kooktyd is die tydperk wat dit neem om alles te verhit.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

GEBAKTE KOOL - (Emily)

Ongeveer ½ koolkop, grof gekerf
1 groterige ui
2 groterige aartappels
ham / viennas / kaasworsies / spek na keuse
1 pakkie "Potato Bake" (Bacon and Cheese)
Gerasperde Kaas

1.   Kook kool op in bietjie soutwater tot net bros. Dreineer goed en skep in gesmeerde oondbak.
2.   Kerf ui en soteer in botter. Skep oor kool.
3.   Skil aartappels en sny in klein blokkies. Kook in mikrogolf tot net-net gaar. Dreineer en braai in botter tot ligbruin. Skep oor kool en uie.
4.   Braai ham, viennas, kaasworsies of spek in botterpan. Skep oor kool-mengsel.
5.   Meng alles liggies met 'n groot vurk.
6.   Meng "Potato Bake" volgens aanwysings en gooi bo-oor koolmengsel.
7.   Rasper kaas bo-oor en bak in oond (180°C) vir ongeveer 20 minute tot gestol.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

SOET-SUUR GEMENGDE GROENTESLAAI

1 kg pak "Country Mix" gemengde groente gekook in bietjie soutwater tot net bros.

1.   Dreineer baie goed.
2.   Gooi in plastiekbak met styfpassende deksel.
3.   Laat goed afkoel.

Sous:
1 koppie witasyn
1 koppie bruinsuiker
½ teelepel sout
10 ml mostertpoeier
swartpeper na smaak.

1.   Meng alles tesame en mikrogolf tot suiker gesmelt het. Laat heeltemal afkoel.
2.   Gooi oor groente en marineer vir ongeveer 4 uur. Draai bak kort-kort om sodat al die groente gemarineer word.
3.   Voor opdiening, dreineer goed.
4.   Kerf  ½ ui en ½ komkommer en meng by slaai.
5.   Dien op in glasbak met slaaiblare uitgelê.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

GROENTEGEREG

1 Botterskorsie (butternut)
8 Murgpampoentjies (baby marrows)
250 g Knopie sampioene
Pakkie wit uiesoppoeier
1 glasie vars room

1.   Sny botterskorsie in blokkies en mikrogolf met 'n klein bietjie water vir ongeveer 10 minute.
2.   Sny murgpampoentjies in ringetjies en mikrogolf met 'n klein bietjie water vir ongeveer 8 minute.
3.   Sny sampioene in stukkies (soos jy self verkies) - moet NIE mikrogolf nie.
4.   Gooi al drie groentes in 'n bak en strooi soppoeier en room bo-oor. Bak vir ongeveer 20 minute by 180°C.

Al eet jy nie hierdie groentes apart nie, sal ek jou waarborg jy sal hierdie gereg eet totdat jy skuins lê.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

MIELIEGEREG  

Hierdie is 'n maklike gereg wat heerlik saam met enige iets afgaan.

90 ml Koekmeelblom
5 ml Bakpoeier
90 ml Suiker
2 Geklitste eiers
3 Blikkies suikermielies
90 ml Botter

Meng alles saam. Bak tot gaar by 180 grade C.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

MOSTERDSOUS

250 ml wit suiker
25 ml mosterdpoeier
12,5 ml koekmeelblom
1 ml sout
125 ml asyn
125 ml water
2 groot eiers

1.   Meng suiker, mosterdpoeier, koekmeelblom en sout in diep bak.
2.   Voeg asyn en water by en meng - mikrogolf vir 4 min by 100% krag. Roer na 2 min.
3.   Klits die eiers, klits nou bietjie van kokende sous by eiers, voeg res van die eiermengsel by kokende sous en roer goed. Mikrogolf 3 min by 50% krag en roer elke minuut.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

SAMPIOEN EN FETA SOP

1-2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 koppie ongesoute botter
1 ui gekap
2 eetlepels sprietuie
3 x 50g vars sampioene in skyfies gesny
1/2 koppie koekmeelblom
1 blikkie bier
2 koppies hoenderaftreksel
1 koppie melk
1 blik "evaporated milk"
Fetakaas gekrummel
1/2 koppie gerasperde Parmesaankaas
5 ml tiemie
5 ml basielie [ook vir garnering]
15 ml Worcestersous
Sout en varsgemaalde peper
Rooi peper

1.   Soteer knoffel in botter en voeg dan uie en sampioene by. Kook tot sag. Hou eenkant.
2.   Smelt botter in groot kastrol en braai dan botter en meel tot goudbruin. Klop bier daarin tot mengsel lekker dik word.
3.   Meng hoenderaftreksel en en melk en giet stadig in biermengsel in. Voeg res van bestanddele by behalwe die feta en parmesaankaas.
4.   Geur die sop en laat kook vir 10 tot 15 minute.
5.   Garneer met Feta en Parmesaankaas.
6.   Bedien 8 - 10 mense.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

TAMATIE EN WORTELSOP

15 g botter
10 ml olie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
2 wortels, gekap
500 g tamaties, verwyder skil en kap grof
bouquet garni
1 liter groente of hoenderaftreksel
sout en varsgemaalde swart peper

1.   Verhit botter en olie.
2.   Soteer uie en knoffel vir 10 minute.
3.   Voeg wortels by en roer tot vloeistof geabsobeer is.
4.   Voeg dan tamaties, appel, bouquet garni en aftreksel by.
5.   Geur met sout en peper.
6.   Sit deksel op en laat prut vir 45 minute.
7.   Verwyder bouquet garni en versap in Braun versapper.
8.   Sit sop in skoon kastrol terug en verhit weer. Pas geursel aan indien nodig.
9.   Bedien in verhitte sopbakkies en geur met lepelvol room en 'croutons'.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

WARM KNOFFELSOP

4-6 knoffelhuisies, gekap
2 preie [kap die wit gedeeltes]
30 ml olyfolie
1 liter groente aftreksel
4 aartappels in blokkies gekap
150 ml room
grasuie
100 ml wit wyn
sout en peper

1.   Roerbraai knoffel en uie in olie en voeg dan die aftreksel en aartappels by. Kook tot sag. 'n Lourierblaar kan daarby ingegooi word en verwyder word na die kookproses.
2.   Versap die sop, geur en voeg die room by. Herverhit die sop, maar moet dit nie laat kook nie.
3.   Strooi gekapte sprietuie oor en bedien met 'croutons'.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

KNOFFELBOTTER

Skil sowat 10 knoffelhuisies.
250 g margarien.
1 doppie brandewyn / port / whiskey (na smaak)
bossie vars gekapte pietersielie (vir die lekker - nie vir die reuk nie).
1 teelepel gemengde droë kruie / of oreganum ens.

1.   Ont"pit" die knoffelhuisies en kneus.(As jy nie 'n knoffeldrukker-"kneuser" besit nie druk die huisie plat met die platkant van 'n breëlem mes. Strooi 'n knippie sout oor en kap dan fyn.)
2.   Klits die margarien tot wit-romerig.
3.   Meng die knoffel en brandewyn by.
4.   Hou maklik 2-3 maande in die yskas.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

MIN MOEITE PASTA (Emily)

Kook 1 pak pasta van eie keuse tot sag op gewone manier.

1.   Braai in 1 eetl. olie 1 pakkie gesnipperde spek
2.   Skep uit en sit eenkant tot later
3.   Kerf 1 groot uit, ½ groenrissie en ½ pakkie sampioene
4.   Braai in pan waarin spek gebraai was.
5.   Gooi spek nou terug in die pan.
6.   Voeg by 1 blik ingelegde gesnipperde tamaties en prut die mengsel vir 10 min.
7.   Voeg afgespoelde, gedreineerde pasta by en meng versigtig by die tamatiemengsel.
8.   Meng 1 pakkie Knorr Tomato, Bacon and Basil pastasous met 1 koppie water
9.   Gooi oor pasta en voeg bietjie sout en peper na smaak by
10.  Meng versigtig deur en prut baie stadig vir ongeveer 15 min.

Dien op met gerasperde kaas.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

KAAS-PATEE

Meng saam:
1 bakkie krummel-maaskaas
1 koppie gerasper kaas
1 koppie gerasperde botter
gerasperde ui na smaak
knippie sout

Voeg enige van die volgende by:
Knoffel, Aromat, Gerasperde biltong, Marmite, Vissmeer, Fyngedrukte gekookte eier, Gekapte agurkies, Tuna, ens.

1.   Bespuit 'n bakkie met Spray & Cook, besprinkel poppy- of sesamesaad en skep vulsel in die bakkie.
2.   Bedien met soutbeskuitjies.
3.   Kan lank in die yskas gebêre word en vries ook baie goed.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

MURGPAMPOENTJIES

Hierdie resep is eenvoudig heerlik om voor te berei, veral by braaivleis as jy nie lus vir sukkel is nie.

2 pakkies murgpampoentjies (lang groenetjies) in lengte gehalveer
1 pakkie tamatieroomsop
1 houer (250 ml) room

1.   Pak gehalveerde murgpampoentjies in `n glasbak, enkellaag
2.   Strooi droë tamatieroomsop bo-oor - dit kan maar lekker dik lê
3.   Gooi houertjie room bo-oor alles
4.   Bedek met deksel / foelie
5.   Bak in oond vir 90 minute teen 140°C.
6.   Die pampoentjies moet sag wees as gaar en die room sal dik wees. Dit lyk vreeslik mooi met die groen, rooi en wit kombinasie op die bord.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Terug na Egafrikaans

 

hits counter