KONTRAK VIR PLAAS WERKERS

SKRIFTELIKE BESONDERHEDE VAN DIENS
(PLAASWERKER)

Gegee deur:

______________________________
(hierna verwys as "die werkgewer)

Adres van werkgewer:

________________________________

__________________________________

aan

__________________________________
(hierna verwys as "die werknemer")


1. Diensaanvaarding:

Hierdie kontrak sal begin op .......................................... en sal voortgaan totdat diens beëindig is soos bepaal in klousule 7.

1. Plek van werk: 

1. Posbeskrywing:

Postitel: . 
(Bv. Huiswerker, kinderoppasser, tuinier)

Pligte: Sien aangehegte funksies.

1. Werksure:

4.1 Normale werksure sal .............. ure per week wees en sal soos volg wees:

Maandag / Dinsdag / Woensdag / Donderdag / Vrydag: .............vm tot .........nm

Etenstyd wees van: ............. tot ..................

Ander breuke: . 



Saterdae: .............. vm tot ........nm

Etenstyd sal wees van: .............vm tot .........nm

Ander breuke: . 

Sondae:

Etenstyd sal wees van: .............vm tot .........nm

Ander breuke: . 


Oortyd sal slegs gewerk word van tyd tot tyd soos ooreengekom. Oortyd sal betaal word teen 'n koers van een en 'n half keer die totale loon.

Bystanddiens sal slegs gelewer word wanneer ooreengekom en 'n toelaag van minstens R 20 per skof sal betaal word.

1. Lone (Sien Riglyn 4 en 5)

Die werknemer se lone sal in kontant betaal word op die laaste werksdag 
van elke week / maand en sal soos volg wees: R 

Die werknemer sal geregtig wees op die volgende
toelaes / kontant vergoeding / betaling in natura

5.1 Weeklikse / maandelikse vervoertoelaag van: R 

5.2 Verblyf per week / maand ter waarde van: R 

5.3 Die volgende aftrekking is ooreengekom:

. R 

. R 

. R 
_______________

Die totale waarde van bogenoemde vergoeding sal soos volg wees: R 
_______________

1. DIENSBEËINDIGING

Enige van die partye kan die diens ooreenkoms beëindig deur een week skriftelike kennis te gee gedurende die eerste ses maande van diens en vier weke kennis daarna. Mondelike kennis kan slegs in die geval van'n ongeletterde werknemer gegee word.


1. Sondag werk

Enige werk op 'n Sondag sal van tyd tot tyd per ooreenkoms geskied en sal betaal word in terme van klousule 7 van die riglyne.


I. Openbare vakansiedae

Werk op 'n openbare vakansiedag sal slegs per ooreenkoms geskied en sal vergoed word in terme van klousule 8 van die riglyne.

I. Jaarlikse verlof

Die werknemer is geregtig op .......... dae betaalde verlof elke 12 maande van aaneenlopende diens. Verlof moet geneem word op tye wat gerieflik is vir die werkgewer. Die werkgewer mag van die werknemer verwag om haar/sy verlof te neem op tye wat met die werkgewer se verloof ooreenstem.

I. Siekverlof

10.1 Gedurende elke siekteverlof siklus van 36 maande is 'n werknemer geregtig op 'n hoeveelheid Siekverlof met betaling wat gelyk is aan 'n aantal dae wat die werknemer gewoonlik sou gewerk het gedurende 'n tydperk van ses weke.

10..2 Gedurende die eerste ses maande diens is 'n werknemer geregtig op een dag siekteverlof met betaling vir elke 26 dae wat hy/ sy gewerk het.

10.3 Die werknemer moet die werkgewer so gou moontlik in kennis stel van haar/sy afwesigheid van die werk as gevolg van siekte of besering.

10.4 'n Mediese sertifikaat kan verwag word indien die werknemer afwesig was vir meer as twee opeenvolgende dae.

I. Kraamverlof:
(Merk waar nodig)

11.1 Die werknemer is geregtig op ...........maande onbetaalde kraamverlof of

11.2 Die werknemer is geregtig op ............ maande kraamverlof teen ................. betaling.

I. Verlof vir gesinsverantwoordelikheid:

Die werknemer is geregtig op vyf dae verlof vir gesinsverantwoordelikheid teen volle betaling gedurende elke verlof siklus indien hy/sy minstens vier dae per week vir die werkgewer werk.

I. Akkommodasie:
(Merk waar nodig).

13.1 Die werknemer sal voorsien word van akkommodasie vir so lank as wat die werknemer in diens van die werkgewer staan en dit sal deel uitmaak van sy/haar vergoedings pakket.

13.2 Die akkommodasie mag sleg deur die werknemer beset word tensy vooraf reëling met die werkgewer getref word.

13.3 Vooraf toestemming moet verkry word vir besoekers wat wil oornag.

I. Beskermingsklere: (Verwyder hierdie klousule wanneer nie van toepassing)
.......................... stelle uniforms sal aan die werknemer voorsien word teen volle betaling deur die werkgewer en dit sal die eiendom van die werkgewer bly. By diensvertaling moet die uniforms aan die werkgewer terug besorg word.

I. Ander diensvoorwaardes of voordele:

 

16 Algemeen:

Enige wysigings aan hierdie ooreenkoms sal slegs geldig wees indien die wysigings skriftelik is, ooreengekom en geteken deur albei partye.


.
WERKGEWER

Erkenning van ontvangs deur werknemer:


.

Datum: .