MIERTJIES:

 Ons het almal al seker las gehad van die miertjies in die kombuis. Hier is 'n klompie rate om van die ou haatlike goedjies ontslae te raak:

 Terloops, indien jy van nog rate weet, stuur dit assblief aan my by D@nie.co.za en maak die onderwerp van die E-pos - MIERTJIES.

 MIERTJIES:

Ons kry soveel ouens wat vra vir raat vir miertjies. Amanda het hierdie ingestuur:

Om die miere uit koskaste te hou, plaas 'n blikkie met sand waarin 'n bietjie paraffien gegooi is, onder pote.

Wanneer swart miere in rakke en kaste pla, gooi heel kruienaeltjies daarin, en die miere sal verdwyn.

Strooi lyf - of babapoeier op mierpaadjies as die gediertes lastig raak. Jy kan die poeier ook in 'n bakkie strooi en 'n suurlemoenskyfie in die middel sit om hulle te lok.

Week watte in pepermentolie of terpentyn en verseël miere se gate daarmee, of sprinkel cayenne-peper daarin. Sit die pote van 'n piekniektafel in bakkies water - miere is nie kranige swemmers nie.

Een voordeel van miere is hulle help termiete uitroei - moet hulle dus nie met soveel ywer uit die tuin as uit die huis verdryf nie.

Maak 'n stroop aan van 50 - 50 (bv. een koppie van elk) suiker en water. As jy koeksisters bak, kan jy sommer 'n koppie van daardie stroop neem. Meng daarby 'n eetlepel Boraks. Sit van hierdie mengsel oral waar jy die miertjies se paadjies sien. Hulle sal gou om dit vergader en dra dit dan nes toe. As dit klaar is sit weer uit. Hou so aan en na so twee weke sal jy sien die miere kom nie meer nie. Hulle het dan die hele nes vergiftig, die koningin inkluis en sterf die nes uit.

Max skryf: My suster het hier gekuier en toe sy die miertjies sien, strooi sy Cayenne peper al om die rand van die wasbak. Dit het nogal gewerk. Ek wil dit nie hardop sê nie, maar ek was seker die skuldige, want ek het hulle seker met die honde se kosbakke in die huis ingedra. 

Maak 'n oplossing van Jeyes Fluid aan in 'n gieter en gooi dit orals waar jy miere sien, veral om die huis want hulle sal daarheen vlug.Herhaal so elke week vir 'n maand en daarna eenkeer 'n maand. Dit ruik nou wel nie so lekker nie, maar die miere trek. Die oplossing is ook nie giftig vir troeteldiere en voëls nie. 

Probeer borakspoeier gemeng met versiersuiker. Hulle eet dit, drink water en versteen. Rooi poeier is ook 'n oplossing.

My Pa het ou kookolie op die plekke gegooi waar die miere uitkom, en hulle het nou verdwyn.

Jy kan Fendona (Efekto produk) in jou huis spuit vir die miere. Dit hou ook enige ander goggas weg en werk soos 'n bom. Jy spuit dit op die mure en gordyne en dit maak glad nie merke as dit droog geword het nie. Dit is ook baie effektief vir muskiete.

Mens kry op straat by die smouse (in Pretoria) die 'chalk' vir kakkerlakke en ander (die witte) vir miere. Smeer dit net in hoeke en op lyste. Ek het dit voorheen gebruik en dalk is dit hoekom ek toe nie so gesukkel het.

Iets wat ook goed werk is 'n gifmiddel Chloridopforis (hoop die spelling is reg) (Chlorpirifos) jy sal maar in die dak moet klim en orals spuit en goed spuit want om een of ander rede is daar gunstige omstandighede in die dak vir hulle om te bly. Miere is net soos alge in 'n swembad: as jou ph nie reg is nie, groei die goed. Wat ek probeer sê is dat daar miskien lekker blyplekke in die dak is wat jy sal moet vernietig op een of ander manier en onthou hulle moet van die grond af kom met die mure op om in die dak te kom. 

Die miere kan nogal 'n pyn wees. Ek hoop jy hou van braaivleis. Ons het dit persoonlik nog nie gedoen nie, maar skoonpa het so 'n ruk gelede probleem met al die miere gehad. Dit was selfs so erg dat al sy blomme begin doodgaan het soos hulle ook in die blompotte ingetrek het. Hy lees toe iewers dat as jy AS strooi in die tuin kan die goed blykbaar nie asem haal nie en trek dan weg. Elke keer as hy braai, die volgende dag strooi hy die as op die gras en in die beddings en potte. Niks het gevrek nie. Weet ongelukkig nie hoeveel op 'n stuk nie. Hulle is regtig weg (ons spot altyd - ons wonder waar is hulle heen). Hy sê ook as jy 'n probleem in die huis of kombuis het (nie die braaivleisvuur se as nie), moet ons babapoeier strooi.

Kry vir jou 'n klein hoender of twee hulle sal jou gooi help om hulle uit roei of te beheer.

<><><>

Terug na die hoofblad. Klik HIER