Watter Wyn saam met Watter Kos?

Die algemene opvatting van watter wyn saam met watter kos gaan, is soos volg: Rooiwyn saam met rooivleis en witwyn saam met wit vleis. Die rede hiervoor is dat rooiwyn byvoorbeeld die delikate smaak van die vis sal oorheers. Daar is uitsonderings op elke reël en hier is dit ook natuurlik so.

Saam met gebraaide hoender, tuna en salmon kan jy gerus ‘n vrugtige rooiwyn bedien. As jy ‘n gunsteling wyn het waarvan jy hou om te drink, doen dit. Niks keer jou om jou gunsteling Chardonnay saam met jou steak te geniet nie. Tradisionaliste sal my seker ophang oor hierdie stelling. Vir my gaan dit daaroor dat jy behoort te eet en drink wat jy geniet. Dit help nie jy drink Chardonnay saam met jou vis maar jy geniet nie die wyn nie.

Soos ek voorheen gesê het: kos en wyn saam maak goeie en mooi herinneringe. Die afgelope vakansie het ek en my vrou een aand ‘n strand-piekniek gehou. In ons kos mandjie was daar vis en skyfies, kaas, Fairview 2001 Shiraz en vrugte. By die strand aangekom het ek wyn vir ons geskink en ons het dit saam met die vis en skyfies geniet. Daardie aand het ek goeie geselskap gehad saam met goeie wyn. En ek kan julle belowe ons het ook wonderlike herinneringe aan daardie aand.

Indien ek by die tradisionele reëls gehou het sou ek nie Shiraz kon drink nie, maar dan sou ek chardonnay moes drink wat ek definitief nie sou geniet het nie. Hier volg nog so ‘n paar reëls. Indien jou slaai ‘n asyn basis slaaisous het, probeer maar om die wyn weg te hou want die asynsmaak in jou mond kan dalk vir jou met ‘n onaangename smaak in die mond laat.

Onthou net die reels is nie in klip uitgekap nie en hoef nie slaafs nagevolg te word nie. Saam met steaks, geroosterde bees en lam gaan Cabernet Sauvignon, Pinot Noir en Shiraz goed. Saam met vis is die beste wyn om te bedien ‘n Sauvignon Blanc. Saam met mossels kan jy gerus probeer om ‘n rooiwyn te bedien. Maar saam met kreef kan dit ‘n ramp wees so bly maar saam met die wit daar.

Saam met hoender, vark en kalfsvleis is dit ook partykeer goed om bv. ‘n Chardonnay  te bedien. Maar as die geregte gebraai word dan kan jy kyk daarna om ‘n Merlot te bedien want dit gaan goed saam met gebraaide hoender. Daar is ietwat van ‘n probleem wanneer Kerrie bedien word. Die wyn veroorsaak dat die brand net so effens erger is as normal. Hier sal ek voorstel dat indien jy wel alkohol wil gebruik moet jy dan eerder ‘n vonkelwyn voorsit.

Met vegetariese disse is dit heelwat moeiliker om wyn by disse te plaas maar hier stel ek voor dat met die swaarder disse soos boontjies ‘n rooiwyn voorgesit word en met die ligter groener groente, ‘n witwyn.

By Kaas en Wyn is daar ook maar reëls wat gevolg moet word. Maar ek het al baie gesien dat op ‘n Kaas en Wyn daar net gesorg moet word dat daar ‘n goeie verskeidenheid kase en wyne is. Want die mense drink en eek volgens hulle voorkeure op so ‘n partytjie.

Geniet u wyn en kos en eksperimenteer maar met verskillende disse en verskillende soorte kos. Dit doen nie skade nie.Die algemene opvatting van watter wyn saam met watter kos gaan, is soos volg: Rooiwyn saam met rooivleis en witwyn saam met wit vleis. Die rede hiervoor is dat rooiwyn byvoorbeeld die delikate smaak van die vis sal oorheers. Daar is uitsonderings op elke reël en hier is dit ook natuurlik so.

Saam met gebraaide hoender, tuna en salmon kan jy gerus ‘n vrugtige rooiwyn bedien. As jy ‘n gunsteling wyn het waarvan jy hou om te drink, doen dit. Niks keer jou om jou gunsteling Chardonnay saam met jou steak te geniet nie. Tradisionaliste sal my seker ophang oor hierdie stelling. Vir my gaan dit daaroor dat jy behoort te eet en drink wat jy geniet. Dit help nie jy drink Chardonnay saam met jou vis maar jy geniet nie die wyn nie.

Soos ek voorheen gesê het: kos en wyn saam maak goeie en mooi herinneringe. Die afgelope vakansie het ek en my vrou een aand ‘n strand-piekniek gehou. In ons kos mandjie was daar vis en skyfies, kaas, Fairview 2001 Shiraz en vrugte. By die strand aangekom het ek wyn vir ons geskink en ons het dit saam met die vis en skyfies geniet. Daardie aand het ek goeie geselskap gehad saam met goeie wyn. En ek kan julle belowe ons het ook wonderlike herinneringe aan daardie aand.

Indien ek by die tradisionele reëls gehou het sou ek nie Shiraz kon drink nie, maar dan sou ek chardonnay moes drink wat ek definitief nie sou geniet het nie. Hier volg nog so ‘n paar reëls. Indien jou slaai ‘n asyn basis slaaisous het, probeer maar om die wyn weg te hou want die asynsmaak in jou mond kan dalk vir jou met ‘n onaangename smaak in die mond laat.

Onthou net die reels is nie in klip uitgekap nie en hoef nie slaafs nagevolg te word nie. Saam met steaks, geroosterde bees en lam gaan Cabernet Sauvignon, Pinot Noir en Shiraz goed. Saam met vis is die beste wyn om te bedien ‘n Sauvignon Blanc. Saam met mossels kan jy gerus probeer om ‘n rooiwyn te bedien. Maar saam met kreef kan dit ‘n ramp wees so bly maar saam met die wit daar.

Saam met hoender, vark en kalfsvleis is dit ook partykeer goed om bv. ‘n Chardonnay  te bedien. Maar as die geregte gebraai word dan kan jy kyk daarna om ‘n Merlot te bedien want dit gaan goed saam met gebraaide hoender. Daar is ietwat van ‘n probleem wanneer Kerrie bedien word. Die wyn veroorsaak dat die brand net so effens erger is as normal. Hier sal ek voorstel dat indien jy wel alkohol wil gebruik moet jy dan eerder ‘n vonkelwyn voorsit.

Met vegetariese disse is dit heelwat moeiliker om wyn by disse te plaas maar hier stel ek voor dat met die swaarder disse soos boontjies ‘n rooiwyn voorgesit word en met die ligter groener groente, ‘n witwyn.

By Kaas en Wyn is daar ook maar reëls wat gevolg moet word. Maar ek het al baie gesien dat op ‘n Kaas en Wyn daar net gesorg moet word dat daar ‘n goeie verskeidenheid kase en wyne is. Want die mense drink en eek volgens hulle voorkeure op so ‘n partytjie.

Geniet u wyn en kos en eksperimenteer maar met verskillende disse en verskillende soorte kos. Dit doen nie skade nie.

<><><>

Terug na die hoofblad. Klik HIER