RATE VIR KOORSBLARE:

 

v            VANILLA ESSENS

 

Ø             Gebruik 'n gewone vanilla essens en plaas dit met 'n oorstokkie op die koorsblaar. (Herhaal so elke halfuur indien nodig) Die vanilla essens droog die koorsblaar op.

 

Ø             Ek gebruik vanilla essens - brand 'n bietjie, maar die volgende dag is daar geen teken van 'n koorsblaar. Elsie Benadie

 

Ø             Jy moet net vanilla essence op die koorsblare sit. Dit werk!!!! As jy voel dit begin uitkom, plaas dan al van die vanilla essence op. Groetnis Jacques Arendt.

 

Ø             Vroeër jare het mense wat baie mondsere en koorsblare gekry het gegaan vir 'n pokke inspuiting en dan het dit verdwyn. Jy kan dalk by die klinieke daaromtrent vra.

 

Ø             Zink pilletjies (te koop by apteke) help ook. Dan het ek iewers gehoor mens moet "vanilla essens" aansmeer die oomblik dat jy hom voel kom. Anoniem

 

Ø             Ek het n vriendin wat ook baie koorsblare kry en al wat sy gebruik is vanilla essens. Dan hoor ek (weet nie of dit werk nie ) as jy n eier gebruik het is daar mos so velletjie binne in die dop, wel een vrou se man sweer dit is die beste. Anet Erskine

 

Ø             Smeer vanielje essens aan die koorsblare tot dit gesond is Es

 

Ø             Ek het die regte raad vir jou...en jy gaan dalk vir my lag, maar glo my die raad werk, ek het net so gesukkel met koorsblare en al die duurste salf op die mark gebruik, maar niks het vir my gewerk nie. Toe kry ek die raad by 'n ou Tannie en tot vandag toe. As ek net voel my mond begin gevoelig raak, dat daar 'n koorsblaar wil uitkom dan dokter ek hom. En raai met wat Koop vir jou as jy nie in die kombuis het nie. Botteltjie Vanilla Essens die waarmee jy koek bak en smeer net kort-kort op die koorsblaar. Lynette.

 

Ø             'n Goeie raat vir koorsblare/sere is om vanilla essence te gebruik om aan te smeer net sodra die seertjie uitkom, en soveel moontlik daarna. Dit is goedkoop en maklik beskikbaar. Tina Strydom.

 

 

 

v            POLIODRUPPELS:

 

Ø             Poliodruppels is jou antwoord. Gaan na jou naaste kliniek en vra die suster om vir jou elke maand 'n druppel poliodruppel te gee. Dit werk soos 'n bom. Elsa van der Westhuizen.

 

Ø             Gaan na jou naaste kliniek en vra dat hulle vir jou poliodruppels in jou mond drup. Een druppel behoort genoeg te wees. As kind het ek gereeld ook koorsblare gekry, dan het ek sommer na die dokter se spreek kamer gegaan vir poliodruppels en dit het gehelp.  Anita Ferreira

 

Ø             Ek het baie probleme met koorsblare gehad, totdat 'n plattelandse klinieksuster my die raad gegee het van "Polio slukstof" op die tong gooi! Net daar en dan het ek gevra sy moet vir my van die goed gee! Sy het 10 druppels op my tong gegooi en vir 4 jaar nie koorsblare gekry nie. Ongelukkig kon ek nie 3 jaarlikse herhaling slukstof in die hande kry nie, en het weer koorsblare begin kry na 4 jaar, maar dit was nie so erg soos voor heen nie Ek het met 'n gesukkel weer slukstof in Pretoria gekry en sedertdien nie weer koorsblare gekry nie, ongelukkig het ek tans nie 'n kontak hier in die VSA waar ek slukstof kan kry nie! Ek belowe die goed werk. Jy sal by klinieke slukstof kan bekom, Gewone GP's hou dit nie aan in hulle spreekkamers nie. As jy dit kan kry, dit kan geberg word in die yskas. Probeer elke 3 jaar te herhaal. Wees net geduldig, want jou liggaam moet hierdie slukstof verwerk en daaraan gewoond raak Lukie

 

Ø             Polio druppels werk. ek weet net nie waar jy gaan kry nie aangesien die klinieke nie wil gee nie. As jy kan kry - dit werk. EM Scheepers (Daleen).

 

 

 

v            VITAMIEN B12 EN VITAMIEN B KOMPLEKS INSPUITINGS

 

Ø             Koorsblare word veroorsaak deur 'n virus. Die feit dat jy dit so dikwels kry, kan wys dan jou immuunstelsel af is. Kry Vit B kompleks en Vit B12 by die apteker (die goedkoper een) en kry iemand om vir jou 'n kursus te spuit soos op die aangehegte lys van my dokter. As jy baie gestres is, werk daaraan en sorg ook dat jy genoeg vars groente en vrugte eet, sodat jy genoeg vitamines inkry. Dit is die enigste manier om die probleem by sy kern aan te spreek. Sterkte! Eldene Goosen

 

INSPUITINGS

 

Dosis : 2ml B co en 1ml B12

 

Week 1 en 2                   3 x pw (M, W & V)

 

Week 3 tot 5                   2 x pw (M & Don)

 

Indien dramaties beter:

Indien nie beter:

 

Week 6 en 7      1 x pw (M)

 

Week 6 tot  8  2 x pw (M & Don)

 

Daarna

 

Dosis : 2½ml B co en 1½ B12

 

1 x per maand deurlopend

 

Ø             Koorsblare ontstaan as gevolg van 'n B-vitamine tekort, spesiaal B12. Jy kan B12 by 'n apteek koop asook spuite met naalde en iemand kan jou inspuit vir die aanvulling. As jy koorsblare het kan jy Hotnotsvy se sap aansit sodra jy voel dat daar 'n koorsblaar gaan uitkom. Wanneer jy sere in die mond het of mondinfeksie of seerkeel of slegte spysvertering, kou Hotnotsvy en sluk die sap in vir vinnige genesing. Hotnotsvy groei in baie tuine. Tienie Steyn

 

 

 

v            IETS ANDERS AS KOORSBLARE

 

Ø             Maak seker dit is koorsblare. Daar is ander siekte toestande wat sere in die mond kan veroorsaak. My dogter het Bechet sindroom en kry baie seer sere in haar mond. Ina

 

 

 

v            TISSUE SALTS NO 12

 

Ø             Iemand het my eenkeer vertel van tissue salt no 12 wat help vir absesse. Jy koop dit by die apteek en is nie duur nie. Miskien help dit vir koorsblare ook. Het dit nog nooit self gebruik nie, so kan dit nie waarborg nie. Hoop dit help. Madelein.

 

 

 

v            SKOON BRANDEWYN

 

Ø             Het self nog nie binne my mond koorsblare gehad, maar het in Landbouweekblad gelees by "rate" dat jy jou mond met skoon brandewyn moet spoel. Probeer – dalk help dit!! Carin Pienaar

 

 

 

v            VITAMIEN C

 

Ø             Ek weet presies waardeur jy gaan, het self ook daarmee gesukkel. Wanneer jou gestel 'n bietjie "af" is of jou immuniteitstelstel laag is, val dié tipe virusse gewoonlik eerste aan. "Boost" jou liggaam met Vitamiene C - sommer die koubare tipe wat jy by 'n apteek kan koop. Probeer baie vrugte en groente eet en 'n gesonde leefstyl handhaaf.

 

Ø             Hoop jy voel gou beter. Mandie

 

 

 

v            VITAMIEN B EN SINK

 

Ø             My raad is nie om die koorsblare te genees nie, maar om dit te probeer voorkom. Ek het dieselfde probleem gehad en het toe iewers gelees dat indien jy 'n sink tekort het, jy baie vatbaar is vir die virus. Terloops, my man het ook 'n probleem gehad met koorsblare, net buite sy mond. Ons het begin om 'n vitamine pil waarvan die belangrikste aanvullings Vit B en Sink is, te gebruik. Ek kan nie onthou wanneer laas enige van ons twee 'n probleem gehad het nie. Ek dink die pil is van Vitaforce (die "label" is pers en wit). Ons gebruik dit seker al vir 2 - 3 jaar. Petro van der Merwe.

 

Ø             Koorsblare in 'n mens se mond dui gewoonlik op 'n tekort aan Vit B. Kry vir jou Vital se Maxi B tablette by enige afdelingswinkel en begin sommer deur twee op die eerste dag te drink (met genoeg water!). Hou vol daarmee vir minstens drie maande. 'n Ander aanvulling wat jy gerus ook kan probeer is Evening Primrose Oil tablette. Laat my gerus weet hoe dit gaan! Martie Botha.

 

Ø             Ek het gelees van jou probleem met die koorssere. Jy kan gerus vir jou die Vital-produk se Zinc koop. Jy begin met 2 pille 3 x per dag vir so 2 dae en dan 1 3 x per dag vir nog 2 dae en daarna net een elke oggend drink tot die blikkie klaar is Net een goeie advies ........... eet net eers iets voordat jy dit drink, dit maak my so effe narerig, maar ten minste help dit. Ek het ook so vreeslik koorssere gekry, maar kry nog regtig net as ek regtig siek was. Dan voel ek as daar 'n koorsseertjie byt om uit te kom, drink gou 2 pilletjies 3 x per dag en verhoed so dat die virus weer pos vat. Juleen Jonker.

 

Ø             Ek het op 'n stadium vreeslik gesukkel met koorsblare - nooit op my lippe nie, maar BAIE en GROOT op my tong. Die dokter het gesê dit is 'n tekort aan Vit B kompleks en ek het 'n bottel van so 100 by die apteek gekoop. Vra die apteker vir die beste gehalte. Ek het dit gedrink soos aanbeveel op die bottel en binne so 4 dae was alle koorsblare weg - tot nou toe - ongeveer 8 maande lank al. Hoop dit werk vir jou ook. Derick en Celia Bus, derich@dfx.co.za

 

Ø              

 

 

 

v            PROCYDIN

 

Ø             Weet jy, ek en my seun het werklik ALTYD koorsblare gekry. Dit wou voorkom asof die een die ander aansteek en 'n bose kringloop het ontstaan. Ek het Procydin begin gebruik en na 'n paar maande, toe Seun weer kla oor 'n koorsblaar en dat ek dit ook nou sal kry, toe kom ek agter dat ek al maande lank dit nie meer kry nie! Dit is al wat nog ooit vir my gewerk het, hoor. Groete Maryna

 

 

 

v            FOLIENSUURPILLE

 

Ø             My vriend het ook baie probleme met koorsblare gehad. Ek het die raad by my ma gekry en van toe af geen meer koorsblare nie. Gaan na jou apteker en koop vir jou foliensuur pilletjies. Dit is sulke klein geel pilletjies. Moenie bekommer nie ek dink die prys is ±R10.00 vir 100 pille. Drink een pil per dag en jou probleme is op 'n end. Debbie Fourie.

 

Ø             Ek dink nie daar is enigiets wat dié goed heeltemal verwyder nie, maar dit help my om daagliks foliensuur-pille te drink. (Baie goedkoop by apteek). Dit kom minder voor. Verder drink ek baie vars lemoensap wanneer ek die sere het, en dit lyk asof dit help om dit vinniger gesond te maak. Sterkte. Cari.

 

 

 

v            PYRALVEX

 

Ø             My seun het altyd sulke wit seertjies in sy mond gekry, moontlik dieselfde soort as dit wat jy kry. Hy het "Pyralvex" gebruik - 'n vloeistof wat jy met 'n kwassie aanverf, by apteke te koop en ek dink ek het dit al in Clicks gesien. Dit brand, maar bring verligting. Thea Smit.

 

 

 

v            IETS ANDERS

 

Ø             Gaan na jou naaste Gesondheidswinkel met Homeopatiese middels; ek's nie 'n dr. nie maar ons het deur baie navorsing tot die slotsom gekom dat omtrent elke 2 e mens op aarde 'n Kalsium tekort het met BAIE newe-effekte. Gaan praat gerus met daai mense en kry homeopatiese middels wat natuurlik is en meestal baie goedkoper as baie medikasie - sonder newe-effekte en mens kan dit self reguleer. Ek gebruik self van dié middels. Frans Van Aartsen.

 

Ø             Ek kry ook gereeld koorsblare. Het agter gekom sodra my gestel bietjie af is, of te lank in die son, dan sit die koorsblaar die volgende dag op my lip. Ek maak 'n punt daarvan om Beta carodeine A (beskikbaar by apteke of supermarkte) te drink, daagliks en so af en toe veral in die winter om genoeg Vitamiene C te drink. Sodra die koorsblare daar sit, drink ek meer van die beta carodeine A pille, sommer so 3 op 'n slag 2 keer 'n dag.

 

Ø             Ek het ook die nuwe produk "Anti Fever Blisters" gedrink, +/- R12 vir 12 pille, en moet se dit werk baie goed, as dit baie ernstig is drink mens al die pille op een dag, maar die koorsblare verminder onmiddellik en ek het gevind dan kry ek vir lank (5 maande) nie meer koorsblare nie.

 

Ø             Help ook om witdulsie op die koorsblare te sit, die koorsblare word vinniger kleiner. Sunette

 

Ø             Koorsblare kan kom a.g.v baie dinge. Ek het gevind ek kan glad nie Colgate tandepasta gebruik of Super C suiglekkers eet nie. Dan vrek ek van koorsblare. So kyk of joune ook kos gekoppel is. Dan verder het ek altyd sommer gou 'n Disprins gesuig. Dit het gehelp. Dit was 'n dokter se raad. Hy het gereken ek het 'n kroniese tekort aan Vitamine E. Maar ek het eerder die 2 sondebokke - Colgate en suiglekker – uitgesny en whalla . End van probleem.

 

Ø             Indien ek dit nog kry wat far and few inbetween is, het ek Dynexan salf wat ek opsit en die ding is tjop-tjop weg. Maar die hoofoorsaak is in iets wat jy eet. Rita Smith

 

Ø             Ek het dalk raad vir jou koorsblaar probleem. Ek het ook baie koorsblare gekry en kry van tyd to tyd nog, maar wat ek agter gekom het is dat tandepasta die groot oorsaak van my koorsblare probleem is. Dit wil my voorkom dat die "wit" in tandepasta die oorsaak is. Ek gebruik tans AQUAFRESH en dit is baie beter as COLGATE(wat net wit het). Die beste tandepasta is SENSODINE maar is duurder as ander. Wanneer ek koorsblare kry maak ek so om dit op te los: Gooi n proppie TCP in n halwe glas water en spoel in mond(moet nie insluk nie). Spoel so veel keer per dag as moontlik, 3 to 4 byvoorbeeld. Piet van Vuuren

 

Ø             Skakel vir Dr. Ford in Pretoria by 012 3424396/98. Ek kry altyd by hom druppels vir die koorsblare. Ek het dit altyd gereeld gekry en nou net so 1 - 2 per jaar. Dit is 'n kursus wat jy moet klaar drink. Linda Klok Tel: +27 82 3933549 linda@klox.co.za

 

Ø             My naam is Gerda - ek kry al sere in my mond vandat ek kan onthou (dus ± 20 jaar) ek was al by baie dokters - vreeslik baie toetse gedoen (spesiaal diëte gevolg en aanvullings gedrink dat dit nie eers snaaks is nie) en daar is niks wat dit kan verhoed nie en ek sal daarmee graf toe gaan - dit hoe dit is. Alhoewel daar is produkte wat ek gebruik wat die pynlike storie soveel meer verdraagsaam maak - tenminste kan ek eet, smile en met ander praat (soos jy weet is die bg. takies vreeslik pynlik met die sere). As ek voel dat 'n seer aan die kom is (begin stadium) dan smoel ek my mond so veel as moontlik met Betadine Oral Antiseptic uit en glo my dit maak dat die seer begin genees en dan gevolglik nie tot daai onverdraagbare stadium raak nie.

 

Ø             As die sere al op daai vreeslike pynlike stadium is dan m te eet ens. verdoof ek hulle met Andolex mond spoel wat dan die sere verdoof vir ± 2 ure.

 

Ø             Jy kry ook 'n salfie met die naam Kenalog in oral base wat jy kan opsit wat die genesing aan help asook Dynastat (dink dis die naam) wat ook help. Kenalog is 'n kortisoon salfie en help nogal baie.

 

Ø             Hoop dit help, maar doen jou 'n guns kry asb vir jou van die Betading Oral Antiseptic - dit stop die sere nogal aansienlik. Bel my gerus as jy meer wil weet. Gerda 082 867 7708

 

Ø             Gebruik gewone vanilla essens en plaas dit met 'n oorstokkie op die koorsblaar. (Herhaal so elke halfuur indien nodig) Die vanilla essens droog die koorsblaar op. Sodra jy voel daar is 'n koorsblaar op pad, moet jy baie rosyntjies eet. Gooi een teelepel borrie in 'n glas water en drink wanneer koorsblare pla. Corne Walkinshaw

 

Ø             Neem ekstra vitamine vir die koorsblare. Dit is 'n tekort wat jy het. Kry sommer vitamine aanvulling tablette by die apteek. Dit sal so oor twee weke begin weggaan. Johan en Maggie Coertze.

 

 

 

v            HOTNOTSVY OF GHOENAS

 

Ø             Ek wil jou net sê van Hotnotsvy of Ghoenas soos party mense dit noem. Dit is daardie dik amper driehoekige (die blom lyk soos 'n groot vygie) blaar. Breek een van die blare en smeer die sap aan - kan binne die mond ook gebruik word. My dogtertjie het sproei opgedoen 'n klompie jaar gelede - my skoonsus in George het haar behandel met die hotnotsvysap. Sy was binne 'n paar dae reg - daarna gebruik ons dit vir alle sere binne en  buite die mond. Hoop dit help - dit kos darem niks om te probeer nie. Petro Botha.

 

Ø             Ek het met groot sukses van my skoon dogter se koors sere ontslae geraak met die sap van die "Hotnotsvy". Dit is 'n soort vygie met dik sappige driehoek blare. Druk die sap van blare uit en smeer dikwels aan die koors sere. (Pas net op, die sap vlek klere en die vlekke kom nie maklik uit nie.) Laat weet my asseblief of dit ook vir jou gewerk het. As jy sukkel om die plante in die hande te kry skakel my 082 8751833 dan kan ons 'n plan maak om vir jou te stuur indien jy aan die Rand bly. (johannesburg, Springs of Wesrand area).

 

Ø             Luitha J. van Vuuren

 

 

 

v            ALOE

 

Ø             Ek sukkel met mondsere. Vantevore het ek Cepacaine gebruik om te spoel, maar die goed maak my naar. Deesdae het ek ontdek dat 'n spesifieke Aloe produk binne twee keer se gebruik, help. En die beste van alles is dat jy dit sommer insluk. "It heals where it touches" Ek kan dit vir jou met oornag pos stuur as jy belangstel. Ek weet hoe seer is dit om te eet en drink. Kontak my gerus. Marion de Wet

 

 

 

v            BULBINE

 

Ø             Bulbine is 'n tipe vetplant en help vir alle sere, muskietbyte, brand­wonde, velkankers ens. Dit het 'n jellieagtige vloeistof in die blaartjies. ek breek 'n blaartjie oop en hou dit in my mond vir 'n ruk, dit vat die seer weg en die koorsblaar genees vinniger. Koorsblare word veroorsaak as daar 'n sekere tekort in jou gestel is. Die beste is om homeopatiese medisyne daarvoor te kry en jy sal nooit weer sukkel nie. Elsabé

 

 

 

v            FYN SOUT

 

Ø             Raad wat regtig help vir koorsblare is fyn sout. Spoel jou mond daagliks met 'n mengsel van sout en water uit. Dit brand verskriklik sou jy 'n koorsblaar in jou mond het, maar dit werk regtig. Net so 'n halwe glasie water met 'n kwart teelepel sout. Spoel jou mond en spoeg uit. Ek is 27 jaar oud en het nog nooit in my lewe 'n koorsblaar gehad nie (binne of buite). Anneke.

 

 

 

v            GEWEEROLIE

 

Ø             Baie mense glo aan geweerolie aansmeer. Miskien kan jy dit probeer, mens kry dit in kapsule vorm by apteke. Self dit al gedrink vir maagseer, so dis nie giftig nie glo ek, maar vra maar jou apteker. Dawie Fourie (Wynboer).

 

 

 

v            LEWENSESSENS

 

Ø             Ek sit altyd lewensessens aan as ek n seer in my mond het, maar dit klink my joue is een of ander virus. spoel jy jou mond met sterk sout water... sjoe ek voel baie jammer vir jou.. Houston groete. Rachel.

 

 

 

v            L-LYSINE TABLETTE

 

Ø             Ek het die beste raad wat ek kan gee... Gebruik L-Lysine tablette (1000mg). 2 dadelik en dan 1, 2 maal per dag. Hou aan om te gebruik vir 10 dae en dan alleenlik wanneer jy voel die volgende is op pad vir 3 dae. Dit sal later minder en minder word. Ek het gereeld gekry en vir die laaste 1 en 'n halwe jaar niks. Dit werk ..... Dit is beskikbaar by homopatiese winkels.... Theo.

 

Ø             Lysine 1000mg - koop dit by enige "Herbal Pharmacy". Carla Nel.

 

 

 

v            INTEFLORA

 

Ø             As jy INTEFLORA kapsule (sonder voorskrif by apteek te kry) oopmaak en die poeier op die koorsblare aanwend word dit redelik gou gesond. Gebruik tot driekeert per dag. Vroeër het polio slukstof ook baie goeie resultate op n permanente basis gelewer maar om een of ander rede wou die Dept van gesondheid dit nie meer toelaat nie. Miskien kan jou dokter dit kry en toedien. Jan.

 

 

 

v            RESCUE REMEDY

 

Ø             Ja, jy is reg, dit is 'n virus - maar mens kan darem seker ook die goed doodmaak! My man kry ook soms koorsblare en dan smeer ek vir hom Vit.E olie aan (Justine het glo ook 'n goeie produk in Vit E.) Ek smeer ook vir hom Rescue Remedy aan - dit is sekerlik die HEEL BESTE druppels wat mens in jou huis en in jou handsak op pan kan hê! Marie van Kleinmond

 

 

 

v            KENALOG IN ORABASE

 

Ø             Jong, ek weet nie of dit jou sal help nie, maar dit help vir my: Kenalog in Orabase. Vra by die apteek, dit kos so R35 per buisie. Dis medisyne in 'n basis wat die seertjie toeplak sodat dit nie in aanraking kom met die bakterieë in jou mond nie, sodat dit kan genees - soort van 'n pleister. DM van Vuuren, Kaap Agulhas/Cape Agulhas

 

 

 

v            TCP MONDSPOELMIDDEL

 

Ø             Probeer TCP. Gert Kriel.

 

 

 

v            VIROBIS PILLE

 

Ø             Ek het net soos jy gesukkel, maar met koorsblare in my neus en soms op my lippe. En dit vat verewig om weg te gaan! ’n Apteker het eendag Virobis-pille (nie die room nie) voorgestel. Dit werk soos ’n bom!! Maak nie saak in watter stadium van die koorsblaar jy die pille drink nie, dit word gesond. En dis glad nie so duur soos die goed wat die dokters voorskryf nie – so om en by R65 ’n houer van, ek skat, 50 pilletjies. Probeer dit, jy sal nie terugkyk nie. Karien van Vuuren

 

 

 

v            ADCO-ACYCLOVIR

 

Ø             Kyk, as daar nou een is wat weet van koorsblare, dan is dit nou ek. Vir lank sal ek niks kry nie, maar dan, ewe skielik, uit die niet, dan maak hulle skelm hulle verskyning, en dan kan ek maar maak wat ek wil, hulle van maar hulle week om weer plek te maak vir die volgende een, en so gaan dit aan totdat hulle weer net so skielik verdwyn. My seun het dit by my oorge-erf, en sukkel nog meer as ek. Vir die buitenste koorsblare kan ek sê dat die "ADCO-ACYCLOVIR" room regtig help as 'n mens ONMIDDELLIK dit begin aansmeer as jy die tinteling gevoel gewaar. Maar as jy te laat begin aansmeer, sal dit ook maar nie help nie. Dit keer dat dit 'n vreeslike seer ding word. (die son en wind aktiveer my buite-koorsblare)

 

Ø             Vir koorsblare binne-in die mond het ek nie raad nie, ek skryf eintlik om by jou raad te kry, want ek glo dat jy vele raadgewers sal kry met die rubriek. Wat ek wel kan sê is dat die room "DYNEXAN" (wit en rooi buisie) so 'n 'plastiek'-lagie oor die seerplekkie maak, sodat 'n mens darem geëet kan kry. Maak die seerplekkie binne droog, en smeer dit aan. Wat die oorsaak is, is seker te wyte aan een of ander tekort. As jy uitvind wat, laat my ASSEBLIEF weet. Ek was so 2 maande gelede by 'n Naturopaat, en ek het ook nie daar 'n noemenswaardige antwoord gekry nie. Irma Van Niekerk

 

 

 

v            SOUT WATER

 

Ø             Spoel jou mond met sterk soutwater 2/3 maal 'n dag. Dit is bietjie seer, maar hou aan dit werk. Linolec.

 

+++++++++++++++++++

 

As jy na al hierdie rate nog koorsblare het, dan weet ek nie so mooi nie.

<><><>

Terug na die hoofblad. Klik HIER