HUWELIK

 
“My Vriende en ek het ons afgevraag,: wanneer spreek die Bybel nou oor huwelijk. In Genesis 35:22 kan ons lees oor Ruben die by de slavinvrou van sy Pa slaap. Maar sy Pa Jakob het ook ander vroue. Wanneer is daar 'n huwelik soos dat gesê word in Hebreeërs 13:4.  Miskien kan jy my antwoord verskaf? “

+++++++++++++++

Van Hennie het hierdie brief gekom:

Daar is 'n paar sakies rondom die huwelik wat ons in gedagte moet hou:

God se eerste bevel in die Ou Testament rondom die huwelik is "wees vrugbaar, vermeerder en vul die aarde". Daarom het God in die Ou Testament toegelaat dat 'n man meer as een vrou kon hê. (Die probleem kon natuurlik die skoonma's wees - Salomo het 1000 gehad!)

Ruben se sonde (dit het teen hom getel - Gen. 49:4) was dat hy bu 'n vrou (nie die vrou) van sy pa geslaap het.

Daar was 'n ooreenkoms tussen die vrou, die man, en hulle ouers. Hierdie ooreenkoms kom ooreen met die huweliksluiting van vandat. Toe was dit nie 'n staatkundige ooreenkom ook nie, net 'n godsdienstige en familie aangeleentheid.

Eers in die Nuwe Testament kom nie bevel van die monogame huwelik. Binne die konteks is dit ook duidelik dat die mens wat uit die verlossing in Christus leef, baie meer aandag moes gee aan sy diens aan God, en dat dit 'n tiende van sy tyd in beslag moet neem. (Meer vrouens kan meer aandag en tyd vereis!)

Die huwelik in God se oë eindig met die dood (of egskeiding in uiterste gevalle). 'n Wewenaar / weduwee kan dus weer trou, sonder dat die die lewe in die hiernamaals enigsins gaan beinvloed, daar ons daar nie meer die huwelik sal hê nie (Sekere gelowe dink dat die huwelik vir ewig aanhou - maar dit is nie Bybels verantwoordbaar nie.

+++++++++++++++

En Dawie het geskryf:

Waar praat die Bybel oor die huwelik?

Antwoord: God het die eerste mens in n huweliksverhouding geskep volgens Gen 1:27. In Gen 2:24 voeg God by: Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word.

Wanneer die Here Jesus oor die toelaatbaarheid van egskeiding praat, grond hy die een-heid in die huwelik op hierdie vers (Mat 19: 5,6). Die apostel Paulus beroep hom ook op dieselfde vers as hy oor die huwelik skryf. (Ef 5:31)

Die Bybel se beginsel vir die huwelik is dus in kort:

1. Verlaat jou ouers - d.w.s die wilsbesluit dat die huweliksmaats nou hulle eie huis moet inrig en beheer, en nie hulle ouers nie. Baie huweliksprobleme duik op juis omdat een party (of albei) nie emosioneel kan wegkom van Pa en Ma se manier van dink en doen nie, en ook dikwels omdat ouer nie kinders toelaat om die ouerhuis ook emosioneel te verkaat nie.  

2. Leef saam met jou vrou/man - d.w.s konsentreer op jou lewensmaat, en leer hoe hy/sy dink, wat hom/haar bly maak en hartseer maak, ens. Dis ook n voortdurende proses - as julle dink julle ken mekaar nou goed genoeg en jy hou op werk aan jou verhoudig, gaan daar versker probleme opduik.

3. Word een. Die fisieke een-word tussen man en vrou is vir die huwelik bedoel - net vir die huwelik. En dit VOLG op verlaat en saamleef, dit gaan dit nie vooraf nie.   Dis God se beginsels en orde vir die huwelik  - volg dit en jou huwelik is hemels.

Na 25 jaar van gelukkig getroud wees kan ek hierdie beproefde resep vir
'n gelukkige huwelik van harte aanbeveel.   

+++++++++++++++

Marinus antwoord as volg:

Wanneer onstaan 'n huwelik? Daarvoor moet ons gaan lig opsteek in Gen. 3. Natuurlik gaan dit daar, oppervlakkig gesien,  oor die seksuele verkeer tussen 'n man en 'n vrou. Dit is egter nie wat daar alleen maar bedoel word nie. Die fisiese en geestelike eenwording is uiteindelik aan die orde. Mense is nie diere nie.

Nou gee die Bybel geen aanduiding van hoe 'n huwelik formeel gesluit moet wees om regtens 'n huwelik te wees nie. Dit doen die samelewing op verskillende maniere op verskillende tye. In die tyd van die Ou Testament was daar geen 'registrasie owerheid' nie. Huwelike is wel behoorlik en voor die oe van die publiek gesluit deur die weggee van die dogter deur haar pa, die gee van die bruidskat, die hou van die fees ens. Almal het geweet: daardie vrou hoort by daardie man en omgekeerd en so en so is nog nie getroud nie. Saam slapery het nie 'n huwelik gemaak nie maar wel aanleiding gegee dat die saamslapers die gevolge van hulle dade moes dra. Hulle moes trou deurdat die man 'n skadevergoeding aan die meisie se Pa moes betaal en hy die meisie nooit mog skei nie ens. In die Mosaise wette is daar talle reels oor die saak. Ronslapery het nie huwelike gemaak nie, is streng veroordeel en het meesal swaar strawwe tot gevolg gehad. Verder het 'n huwelik wel deeglik verpligtinge jeens mekaar (man en vrou) ingehou.)

Jacob se byvrou was Jacob se vrou. Dat Ruben by haar in die bed gekruip het, was 'n groot sonde en niks anders as owerspel nie. Hy moes sy straf dra.

Deesdae is daar die opvatting dat as 'n man en 'n vrou saam seks gehad het, hulle in die oe van die Bybel getroud is. Nee, dit is 'n growwe oorvereenvoudiging en gewoon nie waar nie. Die Bybelse huwelik het in sy suiwerste vorm te doen met die aan mekaar gee van 'n man en 'n vrou met die doel die skep van onder andere 'n gesin ens. Die huwelik was ook vir die hele lewe bedoel. Aan die anderkant sien die Bybel die huwelik ook nie LOS van seksuele verkeer nie. Seks en huwelik hoort bymekaar, die een maak nie die ander nie.

Hierdie dinge staan nie in een of twee reels of wette saamgevat in een of twee versies in die Bybel nie. Dit word duidelik as mens die hele Skrif bestudeer en die openbaring daar agter verstaan.

Dat van die spesifieke reels met die tyd verander het, is ook duidelik. Mans het byvoorbeeld onder bepaalde omstandighede 'n vrou gevat. Dan was hy met haar getroud en basta. Veelwywery was ook 'n gebruik wat toegestaan is. Dit was sleg en verkeerd.

Die moderne huweliksluiting is iets wat sy oorsprong in die kerk gehad het. Om veelwywery te keer en goeie sedes te bevorder, het die RK vasgestel dat 'n huwelik in die kerk gesluit moet word. (met 'n klomp leerstellings daarby waarmee ons dit nie noodwendig eens hoef te wees. ) Mens kan se dat die kerk ingespring het in die tye toe die owerhede maar sleg georganiseer was. Burgerregtelike registrasie van huwelike (verplig) is maar iets van die laaste 200 jaar of so. In die RSA is die twee funksies ineen gevoeg deurdat by 'n 'kerklike' huwelik die predikant kerklik EN as 'n amptenaar van die owerheid optree. Die kern van die sake bly behoue: die gemeenskap neem kennis en weet, ouers gee toestemming by minderjariges en is tewens ook getuies ens. Die huwelik bring ook duidelike verpligtinge wedersyds mee.

Ek hoop die vraag is hiermee redelik beantwoord.

+++++++++++++++

Donald het ook geantwoord, en hy doen dit as volg:

Na aanleiding van ene Danie se vraag insake bedverkeer buite die huwelik.

Dis dalk nodig om hier daarop bedag te maak dat die mense van daai ou tyd nie soos ons gedink het nie, nie naastenby nie, nie dieselfe waardes gehandhaaf het nie, nie juis kon lees en skryf nie, ensovoorts. Ons lees dan vanaf Abraham dat hierdie tipe van ding, bedverkeer buite die huwelik, nogal algemeen was: vgl. O.a. Ismaïl se verwekking. So was Salomo ‘n buite-egtelik verwekte kind. Die Hosea-verhaal dui ons in die rigting van tempelhoere wat deel van die Israeliese godsdienskultuur van destyds gevorm het. Ook in die na-Jesus-era was dit die gebruik dat die hoof van die gemeente ‘n meisie van sy keuse kon kies om sy bed met hom te deel. En, o, ja, ek sien nou hakskene word innie grond geskop, maar ook Paulus regverdig dit toe hy hieromtrent gekapittel was: sien sy woordryke antwoord in o.a.:

1 Kor. 7:1: “….dit is goed vir ‘n man om ‘n vrou nie aan te raak nie nie, maar vir die ongetroudes en die weduwees sê ek, dit is vir hulle goed as hulle bly soos ek.”

Maar, dan in 9: 5 skryf hy: “Het ons dan geen reg om ‘n suster as vrou met ons rond te neem net soos die ander apostels en die broers van die Here en Cefas nie? Of het net ek en Barnabas geen reg om die hande-arbeid na te laat nie? Wie dien ooit as soldaat op eie koste? Wie plant ‘n wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of wie pas ‘n kudde op en geniet nie die melk van sy kudde nie?

Terloops, daar is besprekingsforums op Eboeke se werf waar daar indringend na hierdie tipe van teenstrydighede gekyk word, en enigeen kan daaraan deelneem. Tans is daar interessante bydraes insake die heersende polemiek nl. IS JESUS DIE ENIGSTE WEG TOT SALIGHEID? 

[Ek wil net daarop wys dat ek [Danie] van Donald verskil in verband daarmee dat hy beweer dat Salomo 'n buitegtelike kind was. In lees 2 Samuel 12:24 staan baie duidelik dat hy 'n egte kind was.]

<><><>

Terug na die hoofblad. Klik HIER