Op die blad kan jy loop en kyk wat alles hier is 
Indien enige van die bladsye op hierdie webtuiste te groot is vir jou rekenaar se monitor,
gebruik dan gerus ons ou blad - http://www.egafrikaans.co.za/oublad.htm![]()
Hier by Egafrikaans, praat ons net Afrikaans.
Chris Chameleon sing mos: As ek droom dan droom ek in my taal, en as
ek saans voor ek gaan slaap met my God praat, dan praat ek in my taal.
(Indien jy 'n kostelike staaltjie op jou rekenaar het, wat jy dink ek
op hierdie blad kan gebruik, pos dit asseblief vir my na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .)
Smaak Verskil
In die fliek Octopussy sit James Bond aan die tafel. Voor hom word sy hoofmaal gesit, naamlik ‘n gebakte skaapkop. James Bond kyk geskok hoe sy gasheer die skaap se oog uithaal en eet. Net daar het die sterke James Bond sy eetlus verloor. So tussen hakkies hier by ons word ‘n skaapkop ‘n "smiley" genoem en ‘n halwe skaapkop ‘n "half smiley". En die mense met ondernemingsgees verkoop smiley’s op Johannesburg se straathoeke.
Die studie van wat mense eet is ‘n baie interessante veld. Mense eet wat hulle voorvaders geëet het, biltong in ons geval, of hulle eet wat smaaklik vir hulle is of wat aantreklik lyk. Geur speel ook natuurlik ‘n rol in die keuse van voedsel. Ons eet kos ook as gevolg van ervarings wat ons gehad het. Baie kere sit sekere kombinasies ons ook af. ‘n Vriend van my is baie lief vir eiers en steak. Eendag het sy vrou vir hom ‘n Portugese steak gemaak, waar sy die eier op die steak gesit het, en die man het net sy neus daarvoor opgetrek.
Baie mense wat byvoorbeeld lief is vir aartappels, maar hulle is nie lief vir aartappel slaai omdat daar bv. uie in is nie. Maar hulle sal uie rou eet. Maar wee jou as jy die ui in hulle aartappelslaai sit. ‘n Sjef van ‘n groot restaurant in New Jersey maak gereeld Kalfs Niertjies gaar vir sy klante maar hyself sit nie sy mond daaraan nie. Iemand anders het aan my vertel dat hy eendag die Franse se spog dis Paddaboudjies geëet het. Sy mond het aan hom gesê dat dit heerlik is en net soos hoender proe maar sy brein het vir hom gesê dat dit ‘n padda se boudjies is. En net daar het hy opgehou om dit te eet.
In ons land kan mens ook duidelik sien dat daar mense is wat as gevolg van geloofsoortuigings nie sekere voedsel eet nie. Soos bv die Jode wat net sekere dele van die bees of skaap mag eet. Natuurlik moet die skaap of bees ook op ‘n seker manier geslag word. Net so maak die Moslems ook. So tussen hakkies, dit is my persoonlike opinie dat die Jode en Moslems meer in gemeen het as wat hulle dink. Ander mense eet weer nie sekere voedsels nie omdat hulle nie die ware toedrag van sake ken nie.
Mense sal nie swart peper eet nie omdat dit kwansuis in jou blindederm sal vassit. Nog ‘n mis konsepsie is dat as jy grondboontjies na sonsondergang eet jy maagkrampe sal kry. Daar is mense wat glo dat jy nie enige vloeistowwe moet inneem as jy eet nie. Baie keer affekteer die tipe van mis konsepsies ‘n mens in so ‘n mate dat jy neuroties daaroor raak.
Dit is my persoonlike gevoel dat ‘n mens nie moet stagneer in wat jy eet nie. Probeer nuwe dinge en nuwe smake. Gaan eenkeer na ‘n Japanese restaurant en probeer net een stukkie sushi. Probeer net een keer om lewer te eet, as jy nog nooit dit geëet het nie. Wanner jy dalk weer eendag garnale gaarmaak, gooi sommer ‘n bietjie sjokolade sous oor. Probeer iets nuuts. Vergeet van al die voorskrifte van wat jy mag saam met wat eet. Vergeet dat die kenners sê dat jy nie rooiwyn saam met witvleis mag drink nie. Keer die reëls om en bewys die kenners verkeerd.
As ons na die Suid Afrikaanse bydraes kyk tot die wêreld se kos kas is dit vreemd vir ander mense. Biltong wat gedroogde rou vleis is, en ‘n sous wat ons, ons steaks in verdrink, naamlik monkey gland sous, en dan kom ons en ons trek ons neuse op vir sushi en slakke.
Neem daardie eerste stap en verander net iets, en maak dit net eenkeer anders gaar as gewoonlik, en kyk wat is die reaksie van die mense om jou.
(Geskryf en ingestuur deur Frik.)
++++++++++++++++
(Indien jy hierdie staaltjie aan vriende wil stuur, gee asseblief erkenning aan www.egafrikaans.co.za.
Geniet die nuwe blad en vertel sommer aan ander persone ook daarvan.
+++++++++
Indien jy aan my skryf by
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
en jou e-pos word aan jou teruggestuur
met die nota dat dit as "Spam" gereken word, gebruik dan die volgende adres:
om 'n nota aan Danie te stuur - www.egafrikaans.co.za/danie
+++++++++
Om in of uit te teken vir ons
Gebedsaksie,
Geselsbrief,
Hulpnavrae,
besoek - www.egafrikaans.co.za/adres.asp

