DIENSKONTRAK
(Of skriftelike besonderhede van diens vir huiswerker)
Aangegaan tussen:
..
Hiena verwys as "die werkgewer"
Adres van werkgewer:
.
..
..
en
..
Hierna verwys as "die werknemer"
1. Diensaanvaarding:
Hierdie kontrak sal begin op
.. en sal voortgaan totdat diens beλindig is soos bepaal in klousule 7.
2. Plek van werk: (aard van werk, byvoorbeeld woonhuis, en adres)
.
.
3. Posbeskrywing:
Postitel:
.
(Byvoorbeeld huiswerker, kinderoppasser, tuinier)
4. Pligte:
(Dui funksies aan wat verrig moet word deur 'n regmerkie in die blokkie langsaan)
Pas baba/kinders op
...
..
Sien om na ou/siek werkgewer of familielid van werkgewer
.
.....
Maak huis aan kant
..
.
Maak beddens op
..
Stofsuig matte
.
Stofsuig stoffeerwerk
.
Stof af
..
Vee alle toestelle af (TV ensovoorts)
.
Maak mure, skakelaars en deure skoon
Maak ornamente skoon
Maak tiolette, wasbakke, baddens, storte, krane, ensovoorts skoon
Reinig teλl-/vinielvloere
.
Maak kaste binne skoon
.
..
Maak die stoof en oond skoon
.
Berei ontbyt
.
Berei middagete
.
Berei aandete
.
Dek die tafel
Ruim op nα 'n maaltyd
..
Poleer vloere en stoepe
Vryf silwer en geelkoper op
..
Was mure
Ander:
.
Wasgoed: was in masjien
..
.
Wasgoed: was met die hand
..
Hang wasgoed op
.
Was gordyne
..
Stryk
.
Doen herstelwerkies (vervang knope, naai some, ensovoorts)
.
Ontvries en reinig yskas
...
Maak vensters en glasdeure binne en buite skoon
..
Maak alle toestelle, byvoorbeeld stofsuier, skoon
Pak kruideniersware weg
.
Sit vullis uit vir verwydering
.
Vee stoepe en trappe buite
.
Maak buiteligte skoon
..
Hou buitekamer en toiletgeriewe skoon
Bestuur voertuig en doen stuurwerk
..
Was voertuie
..
Hou tuin skoon en netjies
.
Versorg swembad
.
Sny grasperk
..
Trek onkruid uit
..
Snoei struike en bome
..
Was en borsel honde
Verf mure
Ander:
...
.
5. Werkure:
5.1 Normale werkure op Maandae tot Vrydae:
van
.. tot
..
Met etenstyd van
.. tot
.
.
Normale werkure op Saterdae:
van
.. tot
..
Met etenstyd van
.. tot
.
.
Normale werkure op Sondae:
van
.. tot
..
Met etenstyd van
.. tot
.
.
5.2 Oortyd sal slegs gewerk word wanneer daaroor van tyd tot tyd ooreengekom is. Die werknemer sal oortyd betaal word teen die koers van een en 'n half keer sy/haar totale loon.
5.3 Bystanddiens sal slegs gelewer word wanneer daaroor ooreengekom is. 'n Toelaag van minstens R20 per skof sal daarvoor betaal word.
6. Lone: (Sien riglyne) 3.
6.1 Die werknemer se lone sal in kontant op die laaste werkdag van elke week/maand betaal word en sal soos volg wees: R
.
6.2 Die werknemer sal geregtig wees op die toelaes/ander kontantvergoeding/ betaling in natura:
6.2.1 'n Weeklikse/maandelikse vervoertoelaag van R
...
6.2.2 Maaltye per week/maand ter waarde van R
6.2.3 Verblyf per week/maand ter waarde van R
.
6.3 Die volgende aftrekkings is ooreengekom:
Byvoorbeeld huur van kamer (maksimum van 10% aftrekking)
Min R
..
...
Min R
.
Min R
.
Die werkgewer mag geen aftrekkings van 'n werknemer se besoldiging doen tensy die werknemer skriftelik ingestem het tot die aftrekking nie.
6.4 Die totale waarde van die bogenoemde vergoeding sal soos volg wees: Die totaal van klousule 6.1 tot 6.2.3. (Voeg by as ander voordele voorsien word, of haal deur wat nie van toepassing is nie) minus die aftrekkings.
R
..
6.5 Die werkgewer sal die werknemer se salaris/loon op of voor 1 November van elke jaar hersien.
7. Diensbeλindiging:
Enige van die partye kan hierdie ooreenkoms beλindig deur een week skriftelike kennis te gee gedurende die eerste ses maande van diens en vier weke kennis daarna. In die geval van 'n werknemer wat ongeletterd is, mag mondelings kennis gegee word.
8. Sondagwerk:
Enige werk op Sondae sal per ooreenkoms van tyd tot tyd tussen die partye wees. As die werknemer per geleentheid op 'n Sondag werk, sal hy/sy dubbel die loon betaal word vir elke uur gewerk, maar as hy/sy gewoonlik op 'n Sondag werk, moet die werknemer teen een en 'n half maal die uurtarief betaal word.
9. Openbare vakansiedae:
Werk op 'n openbare vakansiedag geskied slegs per ooreenkoms, met ander woorde dit is vrywillig. Indien 'n openbare vakansiedag op 'n dag wal waarop die werknemer gewoonlik vir die werkgewer werk, sal hy/sy normale vergoeding vir die dag ontvang. As die werknemer op 'n openbare vakansiedag werk, sal hy/sy dubbel betaal word.
10. Jaarlikse verlof:
Die werknemer is geregtig op 3 weke betaalde verlof nα elke 12 maande van aaneenlopende diens of 1 dag verlof vir elke 17 dae gewerk vir werknemers wat nie 'n volle week by dieselfde werkgewer werk nie. Sulke verlof moet geneem word op tye wat gerieflik is vir die werkgewer. Die werkgewer mag van die werknemer verway om sy/haar verlof te neem op tye wat met die werkgewer se verlof ooreenstem.
11. Siekteverlof:
11.1 Gedurende elke siekteverlofsiklus van 36 dae is 'n werknemer geregtig op 'n hoeveelheid siekteverlof met betaling wat gelyk is aan 'n aantal dae wat die werknemer gewoonlik sou gewerk het gedurende 'n tydperk van ses weke.
11.2 Gedurende die eerste ses maande diens is 'n werknemer geregtig op een dag siekteverlof met betaling vir elke 26 dae wat hy/sy gewerk het.
11.3 Daar word van die werknemer verwag om die werkgewer so gou moontlik in kennis te stel van sy/haar afwesigheid van die werk as gevolg van siekte of besering.
12. Kraamverlof:
Die werknemer is geregtig op minstens vier opeenvolgende maande kraamverlof. (Merk af 12.1 of 12.2 in die blokkie voorsien)
12.1 Die werknemer is geregtig op
dae kraamverlof sonder betaling
..
OF
12.2 Die werknemer is geregtig op
dae kraamverlof teen
.. betaling. (Byvoorbeeld halfbetaling of kwartbetaling)
..
13. Verlof vir gesinsverantwoordelikheid:
Die werknemer is geregtig op vyf dae verlof vir gesinsverantwoordelikheid teen volle betaling gedurende elke verlofsiklus indien hy/sy minstens vier dae per week vir die werkgewer werk.
14. Akkommodasie:
(Merk die toepaslike gedeelte af)
14.1 Die werknemer sal voorsien word van akkommodasie vir so lank as wat die werknemer in diens van die werkgewer staan en dit sal deel uitmaak van sy/haar vergoedingspakket.
14.2 Die akkommodasie mag slegs deur die werknemer beset word, tensy vooraf reλling met die werkgewer getref word.
14.3 Vooraf toestemming moet verkry word vir besoekers wat wil oornag. Toestemming hoef egter nie verkry te word nie vir direkte familielede van die werknemer wat op besoek is.
15. Beskermingsklere:
(Verwyder hierdie klousule wanneer nie van toepassing nie)
stelle uniforms sal voorsien word aan die werknemer deur die werkgewer en sal die eiendom van die werkgewer bly. By diensverlating moet die uniforms aan die werkgewer terugbesorg word.
16. Ander diensvoorwaardes of voordele:
.
17. Algemeen:
Enige wysigings aan hierdie ooreenkoms sal slegs geldig wees indien die wysigings skriftelik is en ooreengekom en onderteken is deur albei partye.
Ooreengekom en onderteken te
. Op hierdie
Dag van
20
..
.
Werkgewer Werknemer
Indien hierdie dokument slegs skriftelike besonderhede van die diens voorsien, hoef die werknemer slegs te teken dat hy/sy die dokument ontvang het.