ADVERTENSIES
in
EGAFRIKAANS
Jy kan op twee maniere by ons adverteer:
Ek
het twee
maniere waarop jy by my kan adverteer. Die eerste een wat ek noem is bo alle
twyfel die gewildste en mees suksesvolste:
ADVERTENSIES BY EGAFRIKAANS:
Ek het twee moontlikhede vir advertensies by Egafrikaans:
Eerstens: Ek stuur elke Dinsdag en Vrydag 'n geselsbrief aan net oor die 7600
lesers en Woensdae stuur ek die vorige week se hulpnavrae aan dieselfde groep
Internetters. Teen 'n koste van R150 kan jy advertensieruimte vir 'n week koop.
Die bewoording van 'n advertensies mag nie meer as 400 karakters wees nie.
Indien jy in hierdie soort advertensies belangstel, dan plaas jy net die geld in
ons bankrekening oor en faks of E-pos die bankstrokie. O! amper vergeet ek - ek
plaas nie advertensies oor piramideskemas nie. Elke keer as ek dit doen, dan is
daar van die lesers wat ongelukkig is daaroor. Laastens, elke Donderdag dan
stuur ek die “Vakante poste” na dieselfde groep mense en elke week, dan kies ek
sommer een advertensies van die week en plaas dit gratis in die “Vakante poste”
e-pos.
Tweedens: Ek stuur elke werksdag (Maandag tot Vrydag) ‘n e-pos met
gebedsversoeke aan net oor die 4000 mede Christene. Jy kan ook in hierdie e-pos
adverteer. Ons laat net EEN advertensie per dag toe, maar iemand wat belangstel
in hierdie advertensies, moet dit koop vir ‘n hele week. Die koste van hierdie
advertensies beloop R150 per week. Ek maak nie geld uit laasgenoemde nie, ek
gebruik dit bloot om die koste te dek van die uitstuur van die gebedsversoeke.
Vir meer inligting en bankbesonderhede vir die oorbank van geld, skryf aan my by: D@nie.co.za
Terug na egafrikaans